Abnormaal

Ek het altyd gedink dat ons gesin normaal is. Okay. Normaal-erig. Normaal genoeg om nie boring te wees nie.

Ma wat koek bak vir die tuisnywerheid, pa wat met sy duur motor werk toe gaan. Elke tweede Sondag in die kerk, want ons het net van 1 van die dominees gehou. Slim familie. Lees baie. Praat wyd. Oor goed wat saakmaak. En onbenullighede. Met baie lag. Altyd lag.

Soos mens ouer raak en meer mense ontmoet en in wyer sirkels beweeg besef mens dinge was nie altyd soos wat mens gedink het nie. Dis ‘n ontnugtering en ‘n openbaring tegelyk. Om ‘n groot deel van jare wat al verby is in heroorweging te neem.

Want met my suster wat dood is en my ouers wat geskei is en my pa en broer wat nie met mekaar praat nie en my broer wat nie baie ooghare vir my man het nie, voel niks meer vir my reg nie en besef ek dat ons net so opgefok soos die families in die Huisgenoot is.

Glad nie normaal nie.

Of dalk is dit juis wat mens normaal maak, daai klein bietjie fuckedup wees?

(Elke mens het ‘n stukkie goud. En ‘n stukkie fout)

Advertisements

Lewensles

Ek sit laasweek in Woolworths. Vir die uitverkoping gegaan, vir die kinders, julle weet mos… Haak toe vas by Trenery et al. Kry swak diens. Ek gaan drink toe koffie by W Café terwyl Iyla haar melk drink. Ek sit ver van die paar ander mense, ek’s nie een vir lappies oor die tieties gooi nie, maar wil darem nie die ander mense te erg pla nie.

Die Wifi werk nie.

‘n Ou, verslonste tannie kom nader geskuifel. Kom sit by die tafel agter myne. Hop weer op en kom praat met my. My naam. Baba se naam. Ouderdom. Geslag. Is die kind gedoop/geseën? Ek antwoord. Beswaarlik.

Ek praat nie eens met mense wat ek ken nie! Mense is nie my “ding” nie. En dis die maklikste skans om agter te skuil. Ek wend nie eens ‘n poging aan nie.

Toe ek wil betaal bring die kelner die strokie, maar sê die tannie het reeds betaal.

‘n Gawe boodskap staan daarop geskryf.

My suster het so in engele geglo. Ek moet dalk ook, want hoe anders verklaar ek die goedheid van die mensdom waarin ek so min glo?

Oor skanse. En skedes

‘n Skede is die omhulsel waarin die lem van ‘n steekwapen gesteek word. ‘n Skans is ‘n tipe versterking, meestal militer. Skedes beskerm jou teen die wapens wat jy teen jou eie lyf dra. Iets soos dat jy jouself nie in die voet skiet nie.  Intern. Skanse beskerm teen dit wat van buite kom. Ekstern. Gevare waarvan jy dalk nie eens noodwendig bewus is nie, maar mens weet nooit nie, né?

Deesdae voel ek die daaglikse verslyting van my skanse en skedes amper as ‘n fisiese pyn. Asof ek “short”. My bedrading is lewendig. Soos daai Operation speletjie wat ons as kinders gespeel het en as mens aan verkeerde deel raak met die elektriese punt gaan so ‘n alarm af. Game over. Volgende ou se beurt.

Ek lewe in ‘n klein sirkel. Min vriende. Loop nie met my emosies rond nie. Low profile. Soms apaties. Insulêr. Behalwe met die wat vir my saakmaak en vir wie ek lief is. Maar die lewe klop al hoe meer aan my deur.

Die snotneus seuntjie wat sy vinger skaam-skaam deur my mandjie in Clicks se tou steek. Die padwerkers wat vir Arjun op die digger laai en sy dag maak. Die klerk by die poskantoor wat met sy heupe sukkel. Die twee kinders wat hier in ons omgewing selfdood gepleeg het. Die absolute armoede en wanhopigheid van hoeveel mense wat elke dag verby my stap.

Al die siele en emosies en energie van ander mense seil nie meer verby my nie. Dis soos stampkarretjies aan my.

En dit voel vir my ek kan nie begin omgee nie, want dan gaan ek nooit kan ophou nie. En ek het nie die nodige kapasiteit nie. Ook nie die nodige vaardighede nie. En, kom ek erken dit wat ek saggies dink nou maar hier, ek wil nie eintlik nie.

Rasioneel weet ek die volgende:

  • Ek het 18 maande laas behoorlik geslaap;
  • Ons bou ‘n nuwe huis, wat konstante stres veroorsaak;
  • Die nuwe huis beteken noodwendig dat ons gaan trek. Uit die huis en buurt waar ons al 10 jaar lank woon. Ek is opgewonde. En hartseer. En bang. En opgewonde;
  • My broer en suster het elkeen tans hulle eie “issues”, maar ek is noodwendig daarby betrokke

So my emosionele “short” is waarskynlik direk aan stres toe te skryf, maar wat ek nie goed kan uitpluis nie, is hoe ander mense wat deur baie erger goed gaan nogsteeds kapasiteit het om meer te gee? Sonder dat hulle operasies morsig raak. Sonder dat die groot alarm afgaan?

En dit laat my dink aan 2 digters. Een die real deal en die ander ‘n rockster, maar toe Wordsworth jare terug geskryf het :

The world is too much with us; late and soon,
Getting and spending, we lay waste our powers;—
Little we see in Nature that is ours;
We have given our hearts away, a sordid boon!

en toe Ed Kowalczyk gesing het:

I know that I should think about giving
And think about helping out
And think about, think about living
But I, I, I can’t seem to rescue myself

What about my bank account and my holy desert shield
That keep me dry under the arms?
Flags and mental jewelry’s all I know
And they keep me happy and warm inside

het beide eintlik seker net bedoel – doen minder, jaag minder, dink minder en voel meer. Want daarvoor behoort mens nie ‘n skede te dra nie.

Read more: Live – Mirror Song Lyrics | MetroLyrics

Sandcastles

I’m holidaying in the same house I spent my holidays as a teen in. Except now the house is a home to my dad and my brother and his family. Which includes a teenage girl.

Beautiful thing. Coltish legs. Cascades of hair. Come to bed eyes and a wide smile. Largely unlike me at that age, but the giggling is the same. And the denim hot pants.

And as I’m a sentimental sap by nature, being on a beach holiday is bringing back waves of memories to me. Some involving more alcohol than a teenage girl should’ve consumed. Memories of steamy kisses with a strapping Karoo lad in an old Land Rover; of pining for a certain local dairy farmer’s son; of hair tossing and bandying about surfer slang to seem less like the Vaalie in the big beach house; of first boyfriends and sneaking out to do things I probably shouldn’t have done. And at the centre of all of these memories, that certainty you held at the time that you are IT.

With capitals.

What can your parents tell you? *eyeroll* Why should you listen to your older sister? *eyeroll* Yes *eyeroll* *eyeroll* I know what I’m doing mom. But the mom is part whine, with long vowels. Mooooooom.

And I look at my niece. She seems so young and vulnerable. 15 years old. And despite the bravado and swagger and yes, eyerolls, I see straight into the heart of her and any teenager. And my almost 34 year old self wants to laugh. Because how was I different then to what she is now? Yet I can still taste the freedom of making my own choices then. So totally cocksure.

Growing up. And hindsight.

Those eternal enigmas.

Minder

Ek is ‘n versamelaar. Van stories, woorde, ervarings, en ja, goed ook. Soms te veel goed. Ek kan dit nie help nie. Dis in my bloed.

Dis dalk hoekom ek nou die dag heel uit die veld geslaan was toe ons argitek, heel onskuldig oor ‘n koppie tee opmerk: “you must be excited about all the new furniture and things you’ll be buying for the new house. A chance to start fresh”, terwyl hy, in my opinie, noudat ek weke gehad het om daaroor te broei, ‘n kritiese oog oor ons bestaande huis en meubels gooi. Ek wil nie nuwe goed hê nie, ek hou van my goed. Natuurlik is die nuwe huis groter met ander behoeftes en spasies, so ek mag dalk veranderinge maak en ander goed bykoop, maar my goed is my hart.

Dit neem lank om ‘n versameling bymekaar te kry. Bloed, sweet, trane. Krap, soek, bedel, teleurstelling. Versamelings is ‘n uitbreiding van my as mens. Dit wys wie ek is. (Natuurlik is dit net ‘n versamelaar wat met soveel passie oor goed, boonop ou goed, sal praat.)

Ek lees egter meer en meer oor hoe goed stres veroorsaak en dat “clutter” mense se produktiwiteit erg inperk, so ek dink al hoe meer ek moet veranderinge maak. Minder maak. Minder smag. Minder. Die nuwe buzzword. (Hoekom? Omdat ander mense so sê?)

En toe lees ek ‘n oplossing raak. Mens mag iets hou as jy dit gebruik of as dit aan jou plesier verskaf.

Met Kersfees om die draai moes ek weer krities na van my goed kyk om plek te maak vir kersbome en ander versierings. Van my gunstelinge kon egter maklik inskakel. Omdat hulle saammet kersfees goed amper kersfeeserig lyk. Ek is verlief op “folk art” en my versamelings maak my hart bly elke keer as ek daarna kyk.

Dalarna perdjies van Swede word al vir eeue  in die Dalarna streek van Swede gemaak en met van die ouer perdjies kan die tipe versiering selfs aandui in watter dorp en deur watter kunstenaar dit geverf is. Die perdjies kom in ‘n verskeidenheid van kleure en groottes voor, maar dra deesdae ‘n stewige prys! Die perdjies is ‘n bekende “kenteken” van Swede en mens kry selfs lekkergoed in die perdjie vorm.

Dalarna horses
Dalarna horses

Kokeshi poppies van Japan word ook al eeue lank gemaak en word as gelukbringers gesien. Die poppies het na die tweede wereldoorlog bietjie meer modern geraak, met bv, hare, soos myne op die foto, maar aanvanklik het hulle net ronde koppe gehad met tradisionele kimono patrone geverf op hulle lyfies, soos my poppie in die agtergrond.

japan dolls.crop

My matryoshka poppe is die ander versameling waarop ek baie heilig is. Ek het omtrent in ‘n pop koma verval toe ons in Rusland was.

russiandolls.stitched.blog

Die een Kokeshi het ek in Japan gekoop op my wittebrood, die Sweedse perde herinner my aan my lewe daar, die Russiese poppe is ‘n simbool van ‘n kinderdroom wat bewaarheid is.

Nou hoe maak ek dit net “minder”?

Nog (bedorwe?) brokkies inligting

Mooie blog
Mooie blog

Ek is getag. Eintlik meer as dit. Die blog het ‘n kompliment van Son gekry – sy beskou dit as ‘n “mooie blog”. Dankie Son! Met my bloggery deesdae is dit dalk nie net toevallig dat mooie blog so naby aan dooie blog is nie…

As deel van die toekenning moet ek myself (nog selfs meer) blootstel aan die wye wêreld en 7 feite/geite oor myself deel. Ek het deur die jare van blog al deel geneem aan soortgelyke goed, hier, hier en hier (in die kommentaar). Na dese wonder ek wat nog van my onbekend is, maar ek sal juis daardie gedagte as die eerste feit gebruik:

1. Ek dink ek is baie vervelig en gewoon. (Soos in wie sal 7 goed van my wil weet en watter 7 goed sal eintlik interessant wees?)

2. Ek lees graag trash. Van Mills ‘n Boon tot liefdesverhale met vampiere in. Dis my uitclutch. Ek hou myself darem ook  besig met “regte” en “belangrike” boeke wat pryse wen.

3. Ek is verslaaf aan vintage juwele, handsakke en syserpe. Ek het oor die 60 serpies. So as iemand se ouma ouetehuis toe trek en julle is nie lus vir die “ou goed” nie – Bel my! Asseblief!

4. Ek is aansienlik vriendeliker en meer praterig na ‘n drankie.

5. Ek wil my dienste by staatsdepartemente aanbied, soos Binnelandse Sake, en al hulle kennisgewings regmaak en lamineer. Hoe moeilik kan dit wees om ‘n groot bord op te sit: Jy kort die volgende… of Staan in hierdie ry vir…. of Stap 1, dan Stap 2, dan Stap 3.

6. Ek vloek. Te veel. Soos ‘n matroos eintlik.

7. Ek wens soms ek was een van daai meisies wat so netjies afgerond is. Naels en hare gedoen. Grimering foutloos. Tikkie parfuum. Maar, helaas, ek is nie.

Ek tag niemand nie, nie omdat ek nie dink daar’s ander mooie blogs nie, maar omdat ek ‘n agteros is en die kraal se hek seker net vir my oopgebly het.

Kom ons praat daaroor…

Ek is nie skrikkerig vir die lewe nie. Wel, meestal nie. Bul by die horings. Draai nie doekies om nie, she doesn’t mince her words. Dis ten minste die prentjie wat ek van myself het.

Toe ek vanoggend een of ander liedjie wat soos die een voor hom en na hom klink hoor, iets van dans en vergeet en partytjie hou en dan  – die koue emmer water (vir my) – “you look at me and say tonight we’ll go all the way” (of so iets). Watdiefok, soos my engelssprekende vriendin altyd sê.

Ek is 32, getroud (en is al vandat ek 19 is met Liefie gekys), het ‘n seuntjie, met nog een (gee my krag!) oppad, so seks en die gepaardgaande versies is nie vir my vreemd nie. In teendeel. Ek het warm bloed in my are. (My ma het my altyd op skool na ‘n date gevra “vat hy warm?”, maar sien, dis hoekom ek meer moet blog, my kop loop draaie vanoggend. Jou kop loop altyd draaie, sal die wat my goed ken opmerk).

Is seks, die verkryging van seks, die dink aan seks, aantrek vir seks, die moontlikheid van seks en die uiteindelike ek het nou seks gehad dit waarmee meeste mense hulle van dag-tot-dag besig hou? Want, donner, dan’s daar iets fout met my. Die liedjie het dit laat klink asof die ou se hele aandjie uit vir niks was as dit nie eindig met all the way nie. Wat van hou van die meisie, praat met die meisie, die meisie se hart leer ken?

My 9 jarige peetkind vertel my ewe hy speel Virtual Families op die Ipad en sy familie het pas ‘n baba gehad. O sê ek, ek het destyds Sims  prober speel, maar my mense wou nooit eens in dieselfde bed slaap nie, so van babas was daar geen sprake nie. Don’t worry, verseker hy my. They need to have sex first. My friend at school says you should try a passionate kiss. That always works for sex.

Ek self gaan nie nee sê vir ‘n passionate kiss nie, maar vir my tel dit ‘n baie geringe persentasie as jy net aan my been vat, jy moet my brein eers kielie!

Of is dit ‘n manlike vs vroulike storie? Een of ander oerinstink waarvan ek niks weet nie? Ek het eenkeer ‘n manlike kollega gehad (hy was die aand heel besope, ek sal hom darem daardie kwytskelding gee) wat my mooi laat verstaan het dat dit alles goed en wel is om ‘n goeie en flytige prokureur te wees, maar ek moet darem nooit vergeet van my most precious gift nie. Ja? (vra ek ewe naief). Jy sit daarop, antwoord hy.

My pa het my altyd vertel ek sit op my ore, maar nou ja, dalk het ek verkeerd verstaan…