Wees net lekker

Eendag lank, lank gelede (of dis hoe dit voel) toe ek nog ‘n jong, mooierige en onervare kandidaat prokureur was, het ek saammet ‘n sekretaresse gewerk. Amper net so oud soos ek, maar waar ek na skool begin swot het, het sy op 19 begin werk. So sy was ligjare voor my in menslike ervaring.

Sexy. Blonde. ‘n Voorliefde vir katpakke gehad. Net as ek gedink het nou kan daar wragtag nie meer ‘n styl of kleur katpak in Gauteng (of die wye wereld) beskikbaar wees nie, is ek verbaas.

Sy kon tik soos ‘n masjien. High energy. Kwaai.

Sy gooi  haar hare so en vat ‘n diep trek aan ‘n sigaret en vertel my van haar dag. En dan, een van die beste lewenswaarhede ooit: “Weet jy Jane, mense. Ek is okay met baie goed. Maar mense moet net nie fucked-up wees nie.”

En soos wat die tyd verby gaan besef ek dit ook. Ek is okay met baie goed. Waarskynlik met meer as die deursnee mens. Maar mense moenie fucked up wees nie.

Daar’s baie mense in die wereld. Nie net jy nie. Kom oor jouself.

Stop. Dink. Praat. Nie praat, stop, ofok, dink, damage control nie.

Of die ander weergawe wat ek onlangs raakgelees het: Moenie kak wees nie, wees lekker.

 

 

 

 

 

Advertisements

2 thoughts on “Wees net lekker

  1. ekmyselff September 6, 2017 / 10:22 vm

    Wees net n lekker mens!
    Om “vatlap” te wees is erg deur die k@k – party mense is so vatlap hulle kom nie eers agter hulle is vatlap nie.
    Ooh ek like n katpak, maar ek dra dit nie baie nie, ek is effens te kort vir dit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s