Plekhouer

Ek weet nie eens meer hoekom ek hier plek hou nie. En waarvoor nie.

Die leë blog is soos ‘n rooi liggie wat flits. Mislukking. Ongedane sake. Nog iets waarvoor ek nie tyd maak nie. En op dae waar ek baie kwaai is met myself: Een van die goed waarmee jy goed(erig) is en dit doen jy ook nie. Sondagskool skuldgevoel. Lantern onder die maatemmer.

Ek wil nie daai ma wees wat altyd moeg is nie. Maar ek is. Want ek slaap so verskriklik min. Mense wat my sien sê sommer dadelik “Jy lyk nie lekker nie”. As hulle my goed ken sê hulle “fok, maar jy lyk kak” Ek voel oor die algemeen okay. Soms bietjie dof, asof my buitelyne hier en daar uitgevee is.

But, I’m still standing.

en my kinders (al 3, ek het nog nooit eens die nuwe een hier gewys nie!) is vrek oulik

my huis is mooi

my nuwe tuin groei

my man is lief vir my

my besigheid is winsgewend

So. 1st world problems, né.

 

 

 

 

 

Advertisements

6 thoughts on “Plekhouer

  1. seegogga Maart 30, 2017 / 10:06 nm

    Gee jouself kans. 3 is ‘n handvol. Een vd dae is hulle groot( al voel dit of dit nooi gaan gebeur nie), en het hulle eie agendas. En dan skryf jy met oorgawe. Ek is weer veronderstel om te skilder ( hoor ook gedurig vd lig onder die emmer) maar ‘n mens doen soos die gees jou lei. As dit nie pret is nie( en as mens moeg is is niks pret nie), wag tot dit beter gaan.

  2. scrapydo2.wordpress.com Maart 30, 2017 / 10:44 nm

    Gelukkig hoef jy nie alleen te voel nie. Probleem is mens druk jouself tot die uiterste en gee jou liggaam nie kans om te ontspan nie. Waar kry mens egter ontspantyd met 3 kinders sal jy vra? Speel saam met hulle bal. Vandag se kinders kan nie rerig n bal behoorlik vang en gooi nie. Daardie saamwees en beweging maak dat jou brein op iets anders fokus dan “werk” en “moeg”wees. Dit sal weer beter gaan!

  3. BB Maart 31, 2017 / 7:01 vm

    Klink my jou moeg is moeg 🙄
    My drie is nou al groot – die laatlam al 21… ek weet nie of ek noodwendig nou meer energie het as toe ek agter hulle moes aanhol of hulle moes aanry nie. Ons preek altyd roetine vir kinders en opvoeding, maar vergeet hoe goed dit ons as mens oor die algemeen doen om te weet wanneer dit eettyd, werktyd, speeltyd en slaaptyd is.
    Ek hou baie van jou dankbare slot. ☼

  4. Son April 3, 2017 / 12:41 nm

    Jy is nie alleen nie – ek kyk my blog ook so en dink EK MOET SKRYF. Maar ek lees nog hier, so jy beter nie wegloop nie 😀

  5. Son April 3, 2017 / 12:43 nm

    Ek check nou eers van die DRIE kinders! Wanneer en waar het ek dit gemis! xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s