Abnormaal

Ek het altyd gedink dat ons gesin normaal is. Okay. Normaal-erig. Normaal genoeg om nie boring te wees nie.

Ma wat koek bak vir die tuisnywerheid, pa wat met sy duur motor werk toe gaan. Elke tweede Sondag in die kerk, want ons het net van 1 van die dominees gehou. Slim familie. Lees baie. Praat wyd. Oor goed wat saakmaak. En onbenullighede. Met baie lag. Altyd lag.

Soos mens ouer raak en meer mense ontmoet en in wyer sirkels beweeg besef mens dinge was nie altyd soos wat mens gedink het nie. Dis ‘n ontnugtering en ‘n openbaring tegelyk. Om ‘n groot deel van jare wat al verby is in heroorweging te neem.

Want met my suster wat dood is en my ouers wat geskei is en my pa en broer wat nie met mekaar praat nie en my broer wat nie baie ooghare vir my man het nie, voel niks meer vir my reg nie en besef ek dat ons net so opgefok soos die families in die Huisgenoot is.

Glad nie normaal nie.

Of dalk is dit juis wat mens normaal maak, daai klein bietjie fuckedup wees?

(Elke mens het ‘n stukkie goud. En ‘n stukkie fout)

Advertisements

3 thoughts on “Abnormaal

  1. seegogga September 3, 2016 / 9:52 nm

    Ai eintlik klink dit normaal, as mens al ander normale mense se stories hoor!

  2. rondomtaliedraai September 4, 2016 / 7:05 nm

    As ek so na mense kyk klink dit regtig normaal… maar dan is normaal darem erg overrated

    Lekker om jou ter sien Jy is erg skaars

  3. poerdez September 5, 2016 / 6:39 vm

    Menz se normaal is dalk jou abnormaal en vice versa. Vat dit maar soos dit kom en wees happy.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s