Lewensles

Ek sit laasweek in Woolworths. Vir die uitverkoping gegaan, vir die kinders, julle weet mos… Haak toe vas by Trenery et al. Kry swak diens. Ek gaan drink toe koffie by W Café terwyl Iyla haar melk drink. Ek sit ver van die paar ander mense, ek’s nie een vir lappies oor die tieties gooi nie, maar wil darem nie die ander mense te erg pla nie.

Die Wifi werk nie.

‘n Ou, verslonste tannie kom nader geskuifel. Kom sit by die tafel agter myne. Hop weer op en kom praat met my. My naam. Baba se naam. Ouderdom. Geslag. Is die kind gedoop/geseën? Ek antwoord. Beswaarlik.

Ek praat nie eens met mense wat ek ken nie! Mense is nie my “ding” nie. En dis die maklikste skans om agter te skuil. Ek wend nie eens ‘n poging aan nie.

Toe ek wil betaal bring die kelner die strokie, maar sê die tannie het reeds betaal.

‘n Gawe boodskap staan daarop geskryf.

My suster het so in engele geglo. Ek moet dalk ook, want hoe anders verklaar ek die goedheid van die mensdom waarin ek so min glo?

Advertisements

5 thoughts on “Lewensles

  1. ekmyselff Augustus 5, 2016 / 11:59 vm

    Dierbaar. Ja daar is wel nog engele, ek dink ons almal kan gerus meer prober om iets (al is dit klein) in ‘n ander se lewe te beteken.

  2. Korrelkop Kahuna Augustus 5, 2016 / 1:14 nm

    Meestel dink ek aan die mensdom…en aan springbokrugby…in terme van ‘n mishandelde eggenoot. Net soos jy besluit om finaal op te gee, doen hulle iets wat jou laat oorweeg om dit nog ‘n kans te gee.
    Daar is altyd die uitsondering, en wanneer so ‘n “engel” my pad kruis “I bask in the glory of what humankind could have been”. Ek weet egter dat soos daardie geweldsverhouding en springbokrugby, is oormatige kontak met die mensdom op die lang duur sleg vir my gesondheid.

  3. rondomtaliedraai Augustus 5, 2016 / 7:34 nm

    Ek glo dat ‘n mens so iets moet aangee met ‘n goeie daad aan ‘n ander vreemdeling

  4. seegogga Augustus 5, 2016 / 9:06 nm

    Ag dierbare tannie. Ek glo dit was vir haar lekker om vir jou iets te doen! En jou dag is gemaak deur die verrassing!

  5. Tannie Frannie Augustus 5, 2016 / 9:18 nm

    Watter mooi vertelling! So met die ouderdom saam raak dit al hoe moeiliker om nie verslons te lyk nie. Jy en jou babatjie het vir seker ook vreugde in die tannie se dag gebring.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s