R10 het baie gekoop

Jeans aantrek. Maak nie saak hoe styf en laag nie. Want jy’s 19 en jou lyf nog meer as okay. Toppie. Swart. Styf. Waarskynlik te kort. Maar dit raak warm daar binne. Docs toeryg. Dis nie ‘n club vir hoë hakke en glitter oë en pienk lipstick nie. Niemand gaan vir die meat market nie. Dit gaan oor die musiek.

Laataand die stad oorkruis. Wes na Oos. Mense gaan al slaap, maar die dansvloer gaan nou eers begin opwarm.

The Doors.

My ma sê dit asof mens daar aanklop en dan gaan die poorte van hel ook oop. R10 maak die deure oop. Dis donker. Instant anonymity.

En die rock musiek wat deur jou bene bewe.

Instant oblivion.

****

Na ‘n paar aande van musical beds and kotsende kinders en self siek wees en borsvoed wens ek vanoggend vir daai klein thrill net as mens by die kar uitgeklim het en die winterlug gebyt het aan jou oop naeltjie, voor die R10 die deure oopgemaak het.

Na anonimiteit.

En die luukse van ontsnap van die oomblik.

Advertisements

4 thoughts on “R10 het baie gekoop

  1. seegogga Junie 15, 2016 / 3:22 nm

    Maar darie R10 koop ook leegheid. Eendag as jou jongste kind eers die wonder ouderdom van 3 jr bereik het- en die tyd kom al voel dit na virewig ver, kan jy skielik wee laat le met koffie in d bed, n betekenisvolle gesprek voer, selfs een aand weer uitgaan….. en agterkom dis lekkerder met bloedjies as sonder hulle…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s