Gedagtes oor mail art

Detail

Met die dat ek al hoe meer ‘n kluisenaars bestaan voer, het ek eintlik meer tyd vir my stokperdjies. My kluisenaars bestaan is waarskynlik omdat:

  1. ek ‘n 6 week oue baba het;
  2. My suster, en mede-gatskuurder, dood is; en
  3. Grot bewoner gedrag eintlik my natuurlike manier van wees is.

Ek het al vantevore oor my liefde vir briefskryf geblog en hoe dit eintlik vir my ‘n tipe reddingsboei is, anders sal ek waarskynlik (nog) mal(ler) raak.

So. Twee vlieë met een klap. Ek blog oor my briefskrywery en beperkte mail/letterart.

Let wel: ek is ‘n amateur. Ek kan nie enige oorspronklike kunswerke wys nie, want ek kan nie teken/verf soos meeste ander mailart mense nie. Kunsvlyt benodighede is redelik duur in Suid-Afrika en ek weier om belaglike pryse vir stickers en goed te betaal. So dis budget mailart. Tyd en geld gewys. Want ek kan geen sker of gom of stickers laat rondlê nie, want my kinders gaan mal daarmee.

Hoe begin mens? Ek volg ‘n redelike aantal mense op Instagram. Die hashtags #snailmail #sendmoremail; #mailart; #incomingmail; #penpals ens lewer duisende resultate. My skrif is nie wat dit moet wees nie, so daaraan moet ek werk, maar ek gaan nooit kalligrafie kan leer nie, so mens kan ook nie alles hê nie. Seëls is belangrik en snaaks genoeg kan mens met baie moeite soms ‘n seël by die poskantoor te koop kry – so ek bestel my seëls van die “virtual post office” en hulle lewer binne 3 dae by jou huis af.

Gekleurde penne, ‘n verskeindenheid koeverte en papier, stickers, washi tape, stempels en gebruikte seels is goed om te versamel. Ek maak ook soms my eie koeverte uit geskenk papier of tydskrif blaaie. Ek koop koeverte en deels gebruikte briefstelle by liefdadigheidswinkels en is altyd op die uitkyk vir uitverkopings. Washi tape is waarskynlik die mees veelsydige item vir mailart, maar ook die duurste. So as iemand weer by jou kom eet en vra of hulle iets kan bring, sê ja, ‘n rol washi. Dis tussen R35-R55, afhangende van grootte en motief. China Mall het honderde goedjies, natuurlik hoe platter hoe beter, want dit maak pos makliker en goedkoper.

Kyk met ander oë na “goed”. Die bruinpapier waarin jou blomme toegedraai is, die “coaster” by jou gunsteling koffiewinkel, ‘n verfkleur voorbeeld kaartjie. Ek hou dit alles. My idee met mailart is om ‘n storie te vertel. Hetsy deur kleur, motiewe of temas. Probeer lae opbou. Wissel teksture en groottes af.

Ek het ‘n wonderlike woord geleer:Ephemera: Items designed to be useful or important for only a short time, esp. pamphlets, notices, tickets, etc.

Die fotos wat volg is van ‘n brief wat ek onlangs België toe gestuur het. Die skoenlapper papier het ek bloot uit ‘n ou Idees tydskrif gesny en “sakkies” van gemaak met alkant plakband. Ek het klein “geskenkies” binne in gesit – poskaarte en geskenkkaartjies, asook gekleurde vormpies van papier wat mens kan koop of met ‘n pons kan maak. Die seëls is binne ‘n sakkie gemaak uit die venster gedeelte van ‘n ou koevert wat ‘n rekening ingehad het. Die doilie is vol van daai blink tafel confetti (skoenlapper vorm). Ek het ‘n sak rubberstempels by die liefdadigheidswinkel gekoop en die “Original Publication” stempel was een van hulle. Al sê die stempel “paid” of iets wat nie regtig by briefskryf pas nie, dit voeg ‘n laag by en is deursigtig en nie swaar nie!

Ek versier altyd die koevert ook, sodat die ontvanger ‘n “sneak peak” kry van wat in die brief is. Mens leer jou penmaats ken. Sommiges hou van lang briewe met niks by nie, ander hou van die “goed”. Ek gee regtig nie meer as R10 uit op die goed binne nie – een van die poskaarte wat ek hier ingevoeg het, het ek weer van iemand uit Japan as geskenk gekry. Iets wat ook goed werk is ou blaaie uit boeke wat gestik word, maar ek kan nie naaldwerk doen nie!

Finaal.jpg

insert.jpg

Koevert

 

 

 

 

R10 het baie gekoop

Jeans aantrek. Maak nie saak hoe styf en laag nie. Want jy’s 19 en jou lyf nog meer as okay. Toppie. Swart. Styf. Waarskynlik te kort. Maar dit raak warm daar binne. Docs toeryg. Dis nie ‘n club vir hoë hakke en glitter oë en pienk lipstick nie. Niemand gaan vir die meat market nie. Dit gaan oor die musiek.

Laataand die stad oorkruis. Wes na Oos. Mense gaan al slaap, maar die dansvloer gaan nou eers begin opwarm.

The Doors.

My ma sê dit asof mens daar aanklop en dan gaan die poorte van hel ook oop. R10 maak die deure oop. Dis donker. Instant anonymity.

En die rock musiek wat deur jou bene bewe.

Instant oblivion.

****

Na ‘n paar aande van musical beds and kotsende kinders en self siek wees en borsvoed wens ek vanoggend vir daai klein thrill net as mens by die kar uitgeklim het en die winterlug gebyt het aan jou oop naeltjie, voor die R10 die deure oopgemaak het.

Na anonimiteit.

En die luukse van ontsnap van die oomblik.