Red my

Ek het gister vir die tweede keer met Month of Letters begin. Dit behels, kortliks, dat mens vir elke posdag van Februarie iets met die pos uitstuur. Briewe, poskaarte, koerantuitknipsels, verjaarsdagkaartjies… Verder moet mens ook antwoord op enige pos wat jy ontvang (seker nou nie ‘n dankie aan Cell C rig vir jou telefoonrekening nie).

Ek was laasjaar heel suksesvol en het ‘n klomp lesse geleer. Het ek die tyd om dit hierdie jaar te doen? Nee. Moet ek dit hierdie jaar doen? Ja.

Want soms moet mens besef wat jou aan die lewe hou.

Modern Mrs Darcy blog oor “Things saving my life right now” en dat dit eintlik ‘n moeilike vraag is vir meeste mense om te antwoord. Want almal kan dadelik sê wat hulle lewens kak maak, maar die belangrike goed word net as terloopse goed beleef en aanvaar. Amper as onnodighede. Tussen al die ander “belangrike” goed in die lewe kan/mag (?) mens mos nie net op jouself fokus nie?

Maar dis die ding. Dink na oor dit wat jou lewe _nou_ red. Dit verander dalk daagliks. Na gelang van die seisoene. Soos jou werk- of huisomstandighede verander. Maar as dit iets soos ‘n koppie koffie in stilte is voor die huis wakker word, staan op. Maak seker jy doen dit.

My lysie is heel basies:

  1. Brief skryf. Want ek probeer twee van die goed waarvoor ek baie lief is kombineer: woorde en enige vorm van kreatiwiteit. Gaan kyk bietjie na letter art op Pinterest. Mense doen ongelooflike goed met pen en papier. Maar ek moet nog baie leer;
  2. Om iets te eet in die oggend. Binne 10 minute nadat ek wakker word. Tans is dit ‘n bakkie dubbel room jogurt met amandels. Want anders voel ek sleg, flouerig en basies moerig;
  3. Instagram. Al dien dit net as ‘n fotojoernaal vir myself. Maar ek is mal oor die feit dat daar mense amper nes ek in die wêreld bestaan;
  4. Bokse uitpak. Want anders voel ek oorweldig en lui dat ek niks doen nie en paniekerig in die algemeen;
  5. My “Get Busy” to do lysie van Typo. Dis ‘n A4 skryfblog met kolomme vir date, action en done. Super eenvoudig, maar dit werk uitstekend vir my. Die mees eenvoudige ding word opgeskryf. Want dan is dit nie meer in my brein saammet die ander 1000 gedagtes nie.

Wat red tans jou lewe?

 

 

 

Advertisements

4 thoughts on “Red my

  1. Christina B Februarie 2, 2016 / 11:30 nm

    Dis baie waar, en baie nodig dat ons vir onsself tyd maak. Daai eerste stil koppie koffie soggens en dan ‘n lekker vinnige stap terwyl meeste van die huise nog slaap, die verkeer min is en die voëls sing: dis wat my tans red.

  2. Korrelkop Kahuna Februarie 5, 2016 / 4:19 vm

    Enige foto van die een wat gehoorsaam moet word. Wanneer ek na haar foto kyk wéét ek ek sal dit maak, want as daai van Helsdingen my nie kon doodkry in 25 jaar nie, sal niks dit regkry nie.

  3. Toortsie Februarie 20, 2016 / 9:25 vm

    Wat red tans my lewe? Vriendinne by wie ek amper nooit kom nie, maar wat kontak met my hou, my deursleep deur moeilike situasies. Ek doen dit ook vir hulle.
    My verhouding met God. My tyd wat ek met Hom spandeer.

  4. Monika-Maria Ehliah Maart 26, 2016 / 3:07 nm

    Hallo du Liebe!
    Danke für deine Postkarte!
    Alles Gute dir und all deinen Lieben!
    Frohe Tage wünsche ich dir!
    Grüße aus Sankt Florian bei Linz
    aus Ober Oesterreich

    ********Greatings from Monika-Maria to Postcrossing.
    Thanks für the Card *Hello Sinshine!*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s