Asem skep

As ‘n ouer kry mens baie raad oor hoe om jou kind(ers) groot te maak. Sommige van die raad soek mens self uit. Meeste is unsolicited. In Swede het daar bo almal se posbusse gestaan: “Ingen reklam, tack” – geen advertensies dankie. Ek wil so kennisgewing saammet my dra. Om 98% van mense wat met my wil praat (oor enige iets) te ontmoedig. But, I digress.

Wat ek egter wens almal met kinders (almal!) aan my duidelik gemaak het, is hoeveel mens met jou kinders moet deel. Hoe min daar van die eie ek oorbly. Dat niks jou eie is nie. Selfs goed waarvoor ‘n 2 jarige seuntjie nie noodwendig en ooglopend ‘n nut voor het of ‘n belang sal by hê nie. Soos ‘n bra.

Ek het reusagtige persoonlike spasie. Hanteer net ‘n beperkte hoeveelheid stimulasie en voel maklik oorweldig. Ek kry nie energie om by mense te wees nie. Ek hou van alleen wees. En dit maak my seker ‘n slegte ma, maar kinders is _heeltyd_ daar. Met geraas. En fisiese kontak. (En liefde, ja, ek weet, ek praat nou van uiterse gevalle, wanneer ek verstaan hoekom die stereotipe bestaan dat ma’s 2 uur al begin wyn drink)

Ek lewe tans in ‘n uiterse geval. Elke dag. Ander mense sal net voortgaan met hulle dag tot dag bestaan, want all in all, is dit nie so erg nie, maar vir my persoonlikheid is dit.

Ons het aan die begin van Desember in ons nuwe huis ingetrek. Wat nie klaar is nie. Wat glad nie so klaar is as wat dit moes wees nie. Wat toe ons ingetrek het nie eens ‘n kombuis gehad het nie en net plek-plek ligte en water gehad het. Met bouers en sub-kontrakteurs steeds op die perseel tot die 20ste Desember. Met dieselfde bouers en sub-kontrakteurs wat die 11de Januarie teruggekom het. En 4066m2 se stof en/of modder as erf. (Want die vorige eienaar het ‘n tipe total destruction met omtrent al die bome en struike en groen goed gedoen, hoekom? Want hy’t gedink hy kan).

In my ma se ou huis het sy ‘n kamer gehad wat totaal onnodig was. Sy het dit nie in ‘n gastekamer omskep nie. Sy het dit in ‘n tipe mini-sitkamer/boudoir omskep. Sy het dit haar breathing room genoem.

En dis wat ek tans nie het nie. ‘n Breathing room. Wat net myne is. Sonder stof. En geraas. En lego blokkies. Waar ek kan lees en blog en tee drink. Ek is ‘n laatlammetjie. Liefie ook. Ek is gewoond aan goed wat net myne is. Sommige noem dit selfsug. Ek noem dit oorlewing.

(het ek genoem dat ek 5 maande swanger is?)

 

Advertisements

6 thoughts on “Asem skep

  1. ddupl3ss1s Januarie 17, 2016 / 7:54 nm

    Aaa, jinne – dink menig siel sal empatie met jou het. Ek mis op my oudag daardie Donderdae wat net myne was..

  2. Tannie Frannie Januarie 18, 2016 / 7:46 vm

    Is daar dalk iewers ‘n ouma of ‘n tante wat sou kon help?

  3. ekmyselff Januarie 18, 2016 / 6:42 nm

    Ek kry jou jammer en ek smile ook vir jou….
    Eendag as die kids groot en weg is gaan jou huis leeg en stil en skoon wees… ek wonder of jy dan “die” gaan mis?
    Ek het simpatie. My liefde in my lewe kort ook alleen wees… juis vanaand alleen tyd, nogal daarvoor gevra.
    Ek like weer baie mense… maar hoe ouer ek word wn how meer liefie op my afvee hoe minder like ek baie mense.
    Sterkte

  4. ekmyselff Januarie 18, 2016 / 6:43 nm

    Ps. Maak tyd vir jouself of jy gaan uitbrand. Sterkte met die swangerskap… soveel bouers… ek sou weghol. Of erens anders gaan bly het. Lol

  5. Kat Januarie 28, 2016 / 10:24 vm

    Kat verstaan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s