Die wereld het meer mense soos Ronel nodig

Julle weet seker teen die tyd dat ek nie ‘n love affair met mense het nie. En, waarskynlik, as ek eerlik moet wees, het hulle seker ook nie ‘n love affair met my nie.

So noem my maar sinies. Ek verwag nie die beste van mense nie. Ek verwag dat mense altyd eerste aan hulself sal dink en ervaar keer op keer hoe min mense hoegenaamd “considerate” is. Iets wat van kleintyd af by my ingedril is. Moenie laat wees nie, jy minag die ander person. Moenie jok nie, jy minag die ander person. Waardes is nie net aan my geleer “for the sake of it” nie, dis altyd gedoen met die agtergrond van hoe jou gedrag ander mense gaan raak.

En, ten spyte van my grotbewoner geneigdheid, probeer ek ander mense in ag neem. Verder te dink as my eie bottom line. Maar dis moeilik.

Gister staan my ma in ‘n antieke winkel en praat met my oor Whatsapp oor ‘n Japanese Kokeshi poppie wat te koop is en of ek wil he sy moet dit vir my kry. ‘n WILDVREEMDE vrou hoor ek versamel die poppe en dat ek baie van Japan hou en daar was vir my wittebrood, en net daar bied sy aan om haar Kokeshi wat sy jare terug in Japan gekoop het vir my te gee. Sy vlieg toe gisteraand terug Pretoria toe en vanoggend laat sy my weet sy is vandag in Johannesburg as ek die poppie wil kom oplaai. Wat ‘n vraag!

Die poppie is pragtig.Ek het hier reeds oor my liefde vir “folk art” geblog en my 3 poppies gewys.japan dolls.crop Saammet die een wat my ma gister gekoop het, gaan ek nou vyf he.

Die nuwe geskenk maak my versameling regtig besonders.

InstagramCapture_a22e3dd7-14ff-41cb-981c-c5b4ab61c270

So vandag staan ek hoed in die hand. Want ek verdien nie hierdie Random Act of Kindness wat oor my pad gekom het nie. Maar met die dat my lewe met al die goed wat aangaan vir my begin swaar voel het, is ek so bly oor hierdie klein poppie.

Want sy kom soos ‘n engel.

Dankie Ronel van Pretoria. Die mooi blonde vrou sonder van of agtergrond – jy’t ook soos ‘n engel gekom.

Advertisements

7 thoughts on “Die wereld het meer mense soos Ronel nodig

  1. Net Ek Oktober 29, 2015 / 2:01 nm

    Dis so wonderlik as sulke random acts of kindness met ‘n mens gebeur, ek is sommer bly vir jou!

  2. scrapydo2.wordpress.com Oktober 29, 2015 / 7:56 nm

    Pragtig hoor, die pop en die aksie van vreemde vrou en jou reaksie! Dit wys jou net hoe daar sekere dinge gebeur!

  3. Ronell Neofytou Oktober 29, 2015 / 8:46 nm

    My liewe Vriendin/kind jy verdien hierdie gebaar. Ek ken jou. En my naamgenoot met die Groot omgee hart is gestuur om jou gelukkig te maak
    Miskien is daar n Jeanne junior oppad wat die poppies kan geniet
    Grotbewoning is n “skill”
    Geniet jou gawes

  4. Tannie Frannie Oktober 30, 2015 / 7:11 vm

    Het dit al keer op keer beleef dat daar genade oor ‘n mens se pad kom wanneer jy dit werklik nodig het.

  5. Toortsie Januarie 3, 2016 / 7:22 vm

    Kan jy dink watter lied het Ronel vandag in haar hart? Ek hoop jy kan hierdie skakel vir haar asnstuur. Dis so mooi.

  6. seegogga Januarie 3, 2016 / 9:55 vm

    N Mooi storie. Nog goeie mense in d wereld

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s