‘n Paar getalle

A Month of Letters is verby. Ek was suksesvol. Of soortvan. Ek het meer as die minimum hoeveelheid (23) stukke gestuur, maar nie elke dag iets nie.

Dit was moeiliker as wat ek gedink het dit sou wees. En, iets waaraan ek moet werk, dit was makliker om aan wildvreemdes iets te stuur as aan my eie vriende en familie. My handskrif kort werk. Na 2 of 3 bladsye het ek eerlik waar handkrampe gekry. Ek skryf deesdae amper niks langer as ‘n inkopielys nie.

Die roetine van stilword, afskakel, fokus was fantasties en iets wat ek gaan mis. Mens sit en jy sit stil as jy briefskryf. Dink. Fokus. Kyk nie gou halfpad wat op Facebook aangaan nie, want dan verloor jy jou ritme en gedagtegang.

24 – Hoeveelheid items wat ek gestuur het
1 – Hoeveelheid pakkies wat ek gestuur het
8 – Postcrossing poskaarte
10 – Lande waarheen my posstukke is, uitsluitend Suid-Afrika
5 – Kaartjies
7 – Briewe
3 – Poskaarte wat nie Postcrossing poskaarte was nie
150 – Rande. Ten minste. Wat die maand my in posgeld gekos het
3 – Hoeveelheid mense wat ontvangs van hulle posstukke erken het
0 – Bloggers wat hulle adresse gestuur het om iets te ontvang.

Nou’s dit 1 Maart. Ek doen steeds Postcrossing, maar ek weet nou al dit gaan nie genoeg wees vir my nie. Ek het weer ‘n briefskrywer geraak. Bewus geraak van papier en die geluid van ‘n pen daarop. Seëls gelek en die smaak onthou. Moeite gedoen om in langer sinne as 140 karakters te dink.

Daar’s duisende briewe clubs reg oor die wêreld, maar daar’s adresse in my foon se “contact list” ook. Van mense wat ek ken. En liefhet. Maar soms vergeet. Omdat hulle mos my blog kan lees. Of my tweets. Of status updates. Daai goed wat ek vir die wêreld gee om te lees, maar nie noodwendig net vir hulle nie.

Advertisements

8 thoughts on “‘n Paar getalle

  1. Xena Phoenix Maart 2, 2015 / 3:13 nm

    En nou dreig die poskantoor om jou voornemens te beduiwel. Hulle wil mos weer staak. 😉

    Ek hoor jou met die geskrywery. Probeer vandag ‘n vraestel van 2 ure skryf en jy kort omtrent ‘n verband daarna.

  2. Toortsie Maart 27, 2015 / 9:49 vm

    Briewe. Hoe lekker is dit nie om ‘n brief te ontvang nie! ‘n Regte brief, nie ‘n rekening nie. Sommer net ‘n lekker geselsbrief. 🙂

  3. Toortsie Maart 27, 2015 / 9:51 vm

    Ek wou nou graag hierdie een ook op ons FB blad sit, maar elke keer as ek op die titel kliek, kom die sandcastles een weer op. Dis jammer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s