Oorvloed van briewe

Ek het al vantevore geskryf oor hoe baie ek van geskrewe briewe hou. Maar soms gebeur die lewe, né?

Ek het onlangs by die Postcrossing beweging aangesluit – mens stuur poskaarte aan mense wat aan jou onbekend is van regoor die wêreld en jy ontvang dan weer van ander mense poskaarte. Dit raak later ‘n tipe obsessie. Om die perfekte poskaart te kry om by die persoon te pas, die oopmaak van die posbus om te sien of iets gekom het, die vreemde dorpe en stede se name, lande wat mens nie noodwendig op ‘n kaart kan plaas nie. Ek is weer soos ‘n kind. Skryf in gekleurde penne, plak stickers, washi tape – alles om die poskaart te versier.

My nuutste eksperiment: A month of letters. Mens pos iets elke dag van Februarie, behalwe op Sondae en publieke vakansiedae. En as iemand aan jou skryf, skryf jy terug. Ek is baie opgewonde! As daar enige bloggers/lesers is wat as deel van hierdie uitdaging ‘n brief van my wil ontvang, los asseblief julle posadres in die kommentaar of stuur ‘n epos aan my met die adres. justjaneblog (at) gmail (dot) com

Belowe ek sal julle nie spam nie! Of glitter stuur nie!

Advertisements

5 thoughts on “Oorvloed van briewe

  1. rondomtaliedraai Februarie 1, 2015 / 8:21 nm

    Klink interessant Ek gaan beslis weer kom kyk

    Dis net die Engels wat vir my moeite is!

  2. Kameel Februarie 10, 2015 / 5:06 nm

    Dit klink soos ons jare se penvriende. 🙂 Geniet dit – dit moet ‘n aardigheid wees om nog mense se handskrifte te sien.

  3. vvuureoc Maart 19, 2015 / 7:12 vm

    As ek myne kan tik? Ek het skrif gedop in sub A en hom nooit ge-her nie

    Okkie C. Jansen van Vuuren
    Hoopstraat 14 Kuilsrivier 7580

  4. Rene Boshoff April 2, 2015 / 11:43 vm

    Ek wil ek wil ek wil! Onthou jy ons het destyds met jou wereldreise poskaarte gestuur? Of jy het vir my in elk geval! 🙂 Ek het nogsteeds die poskaarte en dis baie kosbaar! Dalk moet ons nou oorgaan na briewe?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s