Net om die hoek

Sondae oggende stap die 8-jarige ek en my Pa kafee toe. Maar mens moenie dit as kafee uitspreek nie. Want dis ‘n keffie. Griekse eienaars. Daai tipe wat nie meer bestaan nie.

Ons koop, soos elke Sondagoggend voor dit en elke Sondagoggend daarna, totdat die plek uiteindelik toemaak, broodrolletjies en koerante.

Stavros ken ons. Sy ander klante ook. Hy groet almal. Gul, vriendelik. Sy ma in die kantoortjie lyk maar suur, maar ek vermoed sy verstaan nie ‘n woord Engels nie.

Ons sien sy dogter en seun grootword. Soos wat hulle my sien grootword.

En dan eendag is Hellas Bakery and Supermarket toe. Spar is nog oop. En Woolworths en Pick ‘n Pay. Die mark het nie plek vir familiebesighede nie.

Nou stop ons na kerk vining by die Spar en koop broodrolletjies en koerante. Iemand spring uit en my pa roep dat hy sy kleingeld soek! By Hellas kon ek lekkergoed met die kleingeld kies. By Spar dalk ‘n chomp. Op ‘n goeie dag. En die buns is nie so lekker nie.

Dit het nie oor die nabyheid van Hellas gegaan nie. Dit het oor die roetine en ritueel en alleentyd saammet my pa gegaan. Ons kon sien wat in die buurt aangaan. Met ander mense praat. Stop en ‘n steggie plantjie “steel”. ‘n Buurt het sulke plekke nodig. Sodat mens net brood en melk kan koop. Of Coke in ‘n glasbottel. Of ‘n roomys met 20 en 50-sent stukke wat jy oral uit bakkies in die huis krap. Want die plek aanvaar nie kredietkaarte nie.

Fast forward 25 jaar later.

Ek en Arjun stap kafee toe. Maar mens moenie dit as kafee uitspreek nie. Want dis ‘n keffie. Indiese eienaars. Daai tipe wat ek gedink het nie meer bestaan nie.

Advertisements

4 thoughts on “Net om die hoek

  1. seegogga November 11, 2014 / 10:14 nm

    Ek het is Johannesburg ook so ‘n kafeetjie gehad – die Portugees op die hoek en sy pragtige seun wat ‘agter die counter” grootgeword het en sy huiswerk ook sommer smiddae daar gedoen het. Hy het later ingenieur geword.

  2. Son November 13, 2014 / 12:19 nm

    My kinderkafee het Joodse eienaars gehad. Wat vir ons lekkers in ‘n tregter bruinpapier gedraai het. Wat vir ons ‘duiwelbybeltjies’ (fotoverhaalboekies) skelm gegee het sodat my pa nie moes weet nie. Waar ons kon koop en gesels. Waar ons na skool kon wag tot my pa ons kom haal, want die keffie was langs die poskantoor, net om die draai van die skool. Jaaa, waar is die dae.

  3. Spokie sny spoor November 17, 2014 / 11:52 vm

    Ja – ‘n keffie is omtrent ‘n nostalgiese plek, as mens dink wat jy alles daar aangevang het as kind …

  4. Twilight November 18, 2014 / 4:51 nm

    Ag man, ek het nou so lekker gelees en op datum gekom – wel, soort van. Baie geluk met Gyan se geboorte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s