Nog (bedorwe?) brokkies inligting

Mooie blog
Mooie blog

Ek is getag. Eintlik meer as dit. Die blog het ‘n kompliment van Son gekry – sy beskou dit as ‘n “mooie blog”. Dankie Son! Met my bloggery deesdae is dit dalk nie net toevallig dat mooie blog so naby aan dooie blog is nie…

As deel van die toekenning moet ek myself (nog selfs meer) blootstel aan die wye wêreld en 7 feite/geite oor myself deel. Ek het deur die jare van blog al deel geneem aan soortgelyke goed, hier, hier en hier (in die kommentaar). Na dese wonder ek wat nog van my onbekend is, maar ek sal juis daardie gedagte as die eerste feit gebruik:

1. Ek dink ek is baie vervelig en gewoon. (Soos in wie sal 7 goed van my wil weet en watter 7 goed sal eintlik interessant wees?)

2. Ek lees graag trash. Van Mills ‘n Boon tot liefdesverhale met vampiere in. Dis my uitclutch. Ek hou myself darem ook  besig met “regte” en “belangrike” boeke wat pryse wen.

3. Ek is verslaaf aan vintage juwele, handsakke en syserpe. Ek het oor die 60 serpies. So as iemand se ouma ouetehuis toe trek en julle is nie lus vir die “ou goed” nie – Bel my! Asseblief!

4. Ek is aansienlik vriendeliker en meer praterig na ‘n drankie.

5. Ek wil my dienste by staatsdepartemente aanbied, soos Binnelandse Sake, en al hulle kennisgewings regmaak en lamineer. Hoe moeilik kan dit wees om ‘n groot bord op te sit: Jy kort die volgende… of Staan in hierdie ry vir…. of Stap 1, dan Stap 2, dan Stap 3.

6. Ek vloek. Te veel. Soos ‘n matroos eintlik.

7. Ek wens soms ek was een van daai meisies wat so netjies afgerond is. Naels en hare gedoen. Grimering foutloos. Tikkie parfuum. Maar, helaas, ek is nie.

Ek tag niemand nie, nie omdat ek nie dink daar’s ander mooie blogs nie, maar omdat ek ‘n agteros is en die kraal se hek seker net vir my oopgebly het.

Advertisements

3 thoughts on “Nog (bedorwe?) brokkies inligting

  1. Net Ek November 6, 2014 / 7:45 vm

    Geluk met jou toekenning!

    Ja sug, ek vloek ook te veel. En drink te veel Grand-pa’s ook! 😉

    Lekker om jou weer hier rond te sien.

  2. Son November 6, 2014 / 12:46 nm

    2, 4, 6 & 7 is ek daai. Net 2 – ek kyk trash op TV

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s