‘n Skyfie slaap

Ek dink nie ek het in my lewe al so min geslaap as vandat Gyan gebore is nie. Alle nuwe ouers slaap min, ek weet, maar ek is ‘n slaper. Ek is ‘n beter mens as ek slaap. Meer van ‘n aanwins vir die samelewing. Ek het groot geword in ‘n huis waar slaap heilig was. My ma glo as iemand slaap, is daar ‘n rede en die persoon moenie wakker gemaak word nie. Slapende honde wat moet bly lê was nie net ‘n spreekwoord in ons huis nie.

Arjun aard na my. Slaper.

Liefie, minder van ‘n slaper en erger nog as dit, ‘n naguil.

Gyan. Geen woorde om sy gedrag te beskryf nie, maar toe lees ek dat die algemeen aanvaarde idee van ‘n blok van 8 ure se aaneenlopende slaap betreklik jonk is. Blykbaar moet ons eintlik “segmented sleep” toepas. 2 blokke van ongeveer 4 ure elk, met ‘n uur of wat se wakker tyd tussenin. Navorsing wys dat die wakker tyd vir ‘n verskeidenheid goed gebruik is. Gebed, meditasie, lees, skryf, seks. Sommige mense het selfs by ander mense gaan kuier in die tyd. Mettertyd het die gebruik heeltemal weggeval en nou raak almal angstig as hulle nie hulle koppe neerlê en eers weer die volgende oggend optel nie.

So het ek nou maar moed opgegee met Gyan en het ons segmented sleepers geraak. Hy slaap lekker van so half agt tot so half 1 of 2 uur en dan kuier en speel hy baie gelukkig vir ‘n uur of twee en van 3 tot 7 slaap hy weer. As ek probeer om hom weer aan die slaap te kry met sy wakker word gee dit ‘n gegil af. Ek glo nie in sleep training nie en die outjie is regtig nie andersinds stout of skreeuerig nie. Die probleem is egter net dat ek nie heeltemal die eerste stuk van die slaap kry nie, want ek het ‘n lewe en ‘n man en stokperdjies en ‘n nuwe huis wat gebou word, en, en,en…  Die tyd saans as die kinders slaap is vir my goud werd. Behalwe dat ek eintlik ook moet slaap… Verder raak Arjun ook hier teen 6 uur of half 7 wakker, so ek mis weer op ‘n stukkie slaap uit. As ‘n natuurlike slaper wil my lyf se interne horlosie ook nie lekker inval by hierdie stuk-stuk geslaap nie, natuurlik ook omdat ek dit nie reg toepas nie!

Ek sê nou maar vir myself dat ek van alles wat vintage en retro is hou.

Ek neem dit nou maar net ‘n stap verder – retro slaap.

**Lees hier meer oor segmented sleep**

Advertisements

3 thoughts on “‘n Skyfie slaap

  1. Net Ek Oktober 10, 2014 / 7:13 vm

    Dis nogal interessant, ek het nou die dag vir die eerste keer op die radio van “segmented Sleep” gehoor.

    Sterkte met die min slaap!

  2. Son Oktober 10, 2014 / 12:47 nm

    Nee o hel, ek is plein mislik en onmanierlik as ek nie genoeg slaap kry nie. My kinders se kleintyd jare was hel vir my. Bernard was nog hiperaktief ook! Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s