Dis nie ek nie, dis jy

Laasweek hoor ek dat ek geen empatie het as dit by geskilbeslegting en algemene argumente en debatte kom nie. My ma sekondeer my suster, Liefie lyk verbaas dat ek die opinie bevraagteken en, as ‘n finale spyker in my “ek’s eintlik ‘n nice persoon” kis, beaam my beste vriend dat ek nogal hard kan wees.

Die storie begin, soos meeste stories, met een of ander familie drama. Iemand kleinsielig wat jaloers is. My ma en suster uum en aah en probeer die beste uit ‘n slegte saak maak. Buig die knie, loop in die ander mens se skoene, dink alternatiewe scenarios uit, ens. Hulle vra my toe uiteindelik, waarskynlik teësinnig vir my opinie. “Fok haar” antwoord ek. Tee stort uit koppies en daar word na asems gesnak. Nie oor die vloek nie, maar oor die houding.

Fast forward na vanaand se episode van Boer soek ‘n Vrou (wat ek sweerlik net kyk omdat my ma hier kuier). Die meisies ontmoet vriende en familie van die boer by ‘n groot braai. “Ek wonder wat sou gebeur het as ek sou inskryf en hulle my op so ‘n show sou sit?” vra ek aan my ma. Ek kan sien sy probeer nice wees. “Nee wat sussie, ek dink nie jy sou ver gekom het nie. Dalk nog met die looks en slim, maar dink jy jy kan onderhoudend gesels?”

Toe sien ek hoe baie grimering die meisies dra en hoe die GHD’s oortyd werk en besef dat ek met die looks ook uit die bus uit sou neuk!

Ek kan deesdae nie eens sê dat hoe meer mense ek ontmoet, hoe meer verkies ek diere nie, want dis glad nie die geval nie. Meer iets soos hoe meer mense ek ontmoet, hoe meer verkies ek myself! Ek’s skaam om te erken dat ek heimlik gewens het dat Arjun se gedrag by ‘n onlangse partytjie sosiaal aanvaarbaar was. Met elke tannie wat naderstap en wil groet het hy bloot weggedraai in sy karstoeltjie, dramaties sy arms oor sy gesig gegooi en gegil “go away, I’m sleeping!”

How to win friends and influence people. Epic fail.

Advertisements

2 thoughts on “Dis nie ek nie, dis jy

  1. Son Desember 4, 2013 / 1:00 nm

    “Fok haar” Ek hou daarvan. En van jou ook. En van Arjun. Ek hou soms van mense ook. Maar net soms.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s