Kom ons praat daaroor…

Ek is nie skrikkerig vir die lewe nie. Wel, meestal nie. Bul by die horings. Draai nie doekies om nie, she doesn’t mince her words. Dis ten minste die prentjie wat ek van myself het.

Toe ek vanoggend een of ander liedjie wat soos die een voor hom en na hom klink hoor, iets van dans en vergeet en partytjie hou en dan  – die koue emmer water (vir my) – “you look at me and say tonight we’ll go all the way” (of so iets). Watdiefok, soos my engelssprekende vriendin altyd sê.

Ek is 32, getroud (en is al vandat ek 19 is met Liefie gekys), het ‘n seuntjie, met nog een (gee my krag!) oppad, so seks en die gepaardgaande versies is nie vir my vreemd nie. In teendeel. Ek het warm bloed in my are. (My ma het my altyd op skool na ‘n date gevra “vat hy warm?”, maar sien, dis hoekom ek meer moet blog, my kop loop draaie vanoggend. Jou kop loop altyd draaie, sal die wat my goed ken opmerk).

Is seks, die verkryging van seks, die dink aan seks, aantrek vir seks, die moontlikheid van seks en die uiteindelike ek het nou seks gehad dit waarmee meeste mense hulle van dag-tot-dag besig hou? Want, donner, dan’s daar iets fout met my. Die liedjie het dit laat klink asof die ou se hele aandjie uit vir niks was as dit nie eindig met all the way nie. Wat van hou van die meisie, praat met die meisie, die meisie se hart leer ken?

My 9 jarige peetkind vertel my ewe hy speel Virtual Families op die Ipad en sy familie het pas ‘n baba gehad. O sê ek, ek het destyds Sims  prober speel, maar my mense wou nooit eens in dieselfde bed slaap nie, so van babas was daar geen sprake nie. Don’t worry, verseker hy my. They need to have sex first. My friend at school says you should try a passionate kiss. That always works for sex.

Ek self gaan nie nee sê vir ‘n passionate kiss nie, maar vir my tel dit ‘n baie geringe persentasie as jy net aan my been vat, jy moet my brein eers kielie!

Of is dit ‘n manlike vs vroulike storie? Een of ander oerinstink waarvan ek niks weet nie? Ek het eenkeer ‘n manlike kollega gehad (hy was die aand heel besope, ek sal hom darem daardie kwytskelding gee) wat my mooi laat verstaan het dat dit alles goed en wel is om ‘n goeie en flytige prokureur te wees, maar ek moet darem nooit vergeet van my most precious gift nie. Ja? (vra ek ewe naief). Jy sit daarop, antwoord hy.

My pa het my altyd vertel ek sit op my ore, maar nou ja, dalk het ek verkeerd verstaan…

Advertisements

4 thoughts on “Kom ons praat daaroor…

  1. Son September 12, 2013 / 1:55 nm

    LOL! Ek moes ook al hoor ek sit op my belangrikste bate. F-O-K! ‘n Man wat my nie kan laat lag nie, wat my kop nie kan laat dink nie, wat nie my intelligensie uitdaag nie – hy gaan nie eers verby die koffiekoppie kom nie, never mind by die “cream & sugar” 😉

  2. Adoonsie September 12, 2013 / 4:06 nm

    Sou nice gewees het as daar nog van julle dames was wat so gevoel het.

    Ek is nou al 5 jaar aleen (geskei) en ek stel nie belang in flings en one night stands nie. Maar jitte dis moeilik om n girl te ontmoet wat darem skerp genoeg is om my brein ook happy te hou.

    Dink nie ek maak lekker sin nie.

    anyway…..

    • Son September 13, 2013 / 12:01 nm

      Jy maak honderd persent sin Adoons 🙂 wens weer daar was meer mans soos jy. Dis maar moeilik vir enkel vrouens ook – ek praat tans uit ondervinding 🙂

      • Adoonsie September 13, 2013 / 12:35 nm

        Hehe – ja wel , duidelik ek ook 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s