Jy’s ‘n getallelyn.

Ek sê vir my beste maat dat ek nie inspirasie het om te blog nie, dat ek nooit meer op Pinterest kuier nie, dat Facebook my verveel en dat ek net op ‘n goeie dag aan 140 karakters kan dink om ‘n Tweet vol te maak.

Dis snert.

Ek’s lui. Ou laai van my. Lê eerder laag as om my hand op te steek. Sluimerende sluiper.

Daar gaan baie goed in my kop en in my lewe aan. Baie blogbare goed. Goed waarvan ek fotos behoort te neem. Ek blameer die Winter, want ek wil myself ook nou nie heeltyd uitkak nie!

Kom ons begin by die begin. (ek het so mal wiskunde juffrou in die hoërskool gehad. Juffrou Pienaar. Sy’t meer energie as ‘n 3 jarige gehad. Rondgespring in die klas. Arms uitgestrek en vreemde goed uitgegil soos, jy’s ‘n getallelyn, jou kop is nul. Sy’t ons ook gemaan om nooit verward te raak nie. Begin by die begin.)

My nuwe huis is steeds net ‘n droom, ten spyte daarvan dat ons mooi planne en ‘n bouer en finansiering het. Ons het ook ‘n appèlhof verskyning wat vir ons voorlê. My geduld is min en my hart en siel seer oor die storie, maar nou ja…

Ek is weer swanger. Teen einde Februarie sal daar nog ‘n lyfie wees. Ek was vrek naar en moeg, maar dit hou ook nie vir altyd aan nie. Die huis is stampvol (sien punt hierbo oor uitstaande nuwe droomhuis) en ek probeer hard by ons Finse vriende kerm vir ‘n Finniese bababoks – google dit, baie cool.

Ek doen al hoe meer impromptu lesings vir my suster se kliënte en my party trick met die helm gebore storie begin al hoe meer werklikheid raak. I see dead people. Nie dat “tannie betsie sê sy hou van jou nuwe rooi kar” die oplossing tot wêreldspanning is nie, maar die mense is elke keer baie bly vir enige boodskappe.

Ek is ‘n grotbewoner. Mense is nie my ding nie. Ek moet dit nou maar eenmaal net aanvaar. Dis okay en nie iets wat na 32 jaar gaan verander nie.

Wheel en deal is in my gene en ek begin dit sterk oorweeg om ‘n tafel by ‘n maandelikse antiques mark hier in ons omgewing te huur, maar dis nog hooi op my vurk! Maar dis of dit of Liefie crack met al my “bargains”. Toe hulle gister ‘n tuinvullis “skip” hier kom aflaai toe koop ek ‘n outydse metaal locker wat iemand uitgegooi het van ‘n ander “skip” af. Net soos die diskobal storie van nou die dag. Nou kort ek net iemand wat die ding vir my wil nuut spuitverf!

Ek het onlangs ‘n ou tannie se huis vir haar geskuif, alles met bestaande meubels, goed net beter geplaas en skilderye geskuif. Ek sien maklik balans en hoe goed moet lyk en jeuk gewoonlik om mense waar ek kuier se plekke te verander! Die dag se werk het my baie gelukkig gemaak en ek het net weer besef dat ek nie my kreatiwiteit moet laat vergaan nie, of dit nou deur bargain hunting of blog of vreemde mode keuses is, dis die eintlike ding wat my kop besig en gelukkig hou.

Toe die Dowager Countess in een episode van Downton Abbey vir Edith sê “You’re a woman with a brain and reasonable ability” toe tref dit my soos ‘n emmer koue water. Ek ook.

So. A little less conversation, a little more action please. Dankie Elvis. Jy rock.

Posted from WordPress for Windows Phone

Advertisements

2 thoughts on “Jy’s ‘n getallelyn.

  1. Natasja Augustus 8, 2013 / 10:09 vm

    Ek love absoluut als wat jy hier sê. Elke paragraaf het my namens jou, happy gemaak. Go for it. Doen al die dinge wat jy wil doen en woeker met jou talente – van wheel & deal, tot interior decorating (feng shui) tot lesings. Dis miskien meer hooi op jou vurk, maar as hou van wat jy doen, dan is dit nie werk nie en niks is te veel moeite nie. Baie geluk met die tweede lyfie, en nog meer geluk daarmee dat jy weet wie jy is, nie om verskoning vra daarvoor nie, en dit embrace! Elvis rock. Maar jy rock ook.

  2. MaanKind September 13, 2013 / 12:14 nm

    Ek kan so assosieer met wat in jou kop is, al is ek anders en ouer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s