Liefde

Ek vertel myself gereeld dat ek nie ‘n sagte hart het nie. Behalwe as dit kom by die mense wat ek liefhet en van hulle is daar net ‘n handjievol, so in die algemeen kan ek myself glo.

Maar dit voel die afgelope tyd vir my asof een of ander planeet te naby aan ‘n ander verbyskuur en dit gekoppel met die Sjinese nuwe jaar (ek’s ‘n Haan, so nie my jaar nie) en Valenteinsdag om die hoek is ek ‘n marshmallow. Elke liefdesliedjie klink vir my oulik, maak nie saak hoe belaglik en corny nie en dit voel vir my ek wil vir almal wat in my lewe saakmaak mooi vertel hoe lief ek hulle het – wat waarskynlik nie ‘n slegte ding is nie, aangesien ek maar my hartskaarte naby aan my bors speel.

Om hierdie (belaglike!) gevoel af te skud het ek besluit om in die gees van die liefdesmaand ‘n kort lysie van liefdesliedjies op te stel (sommiges minder ooglopend as ander). Dit het makliker in my kop geklink as wat dit was. Ek moes baie sny (sien die stelling oor hoe alle liefdesliedjies tans vir my oulik klink, hierbo) en het op die oueinde toe met amper 10 vorendag gekom.

Terwyl ek geluister en onthou het, het dit my net weereens laat besef hoe kompleks die liefde regtig is. Daar’s ‘n hele klomp emosies saamgegooi en gemeng om daai amper magiese gevoel geskep te kry. En die verskillende tipes liefdes wat op verskillende mense van toepassing is, is nog meer kompleks. En soms is die lyne fyn. (maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag, dink ek)

Ek sit net die Youtube link van een van my absolute gunstelinge op, luister na die res as julle die liedjies nie herken nie.

Die ander (in geen spesifieke volgorde nie):

1. Giant love affair – Springbok Nude Girls
2. Wonderwall – Oasis
3. The weakness in me – Joan Armatrading
4. All I want is you – U2
5. I hate everything about you – Three days grace
6. All day and all of the night – The Kinks
7. All you need is love – The Beatles
8. Two out of three aint bad – Meatloaf

Advertisements

One thought on “Liefde

  1. demoerin Februarie 13, 2013 / 10:36 vm

    😆 As dit maar net die liefde was wat kompleks is..maar gooi nou nog daarby die komplekse persone daaragter…eish

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s