(Nie) in die gees van Kersfees (nie)

My kersboom is op en ‘n groot nuwe blink ster skitter bo-aan. Ek het tinsel by Checkers gekoop en dit vang elke stukkie lig vir ekstra glinster. Die liggies skyn. (As Arjun nou die dag besluit hulle mag). Maar ou Jane. Jane is niks lus vir Kersfees nie.

Dit voel nie vir my na die einde van die jaar nie. Ek voel nie rustig nie. Sien nie uit na stilte en vakansie en vrolike samesyn nie. Dalk is dit die hoeveelheid kere wat ek nou al van baie verskillende mense gehoor het dat 2012 vir hulle ‘n vreeslike jaar was en dat hulle net wil aanbeweeg dat ek hulle nou al begin glo, maar iets skort.

Ek kry gewoonlik so teen November se kant ‘n skielike gevoel dat dit nou somer is. ‘n Liedjie op die radio gewoonlik. Daai ene ook vanjaar nog nie gehoor nie.

My reel is verder dat dit eers Kersseisoen is as “Last Christmas” van George Michael in een of ander winkel speel – dit het gebeur, wonderbaarlik net die ander dag, as mens in ag neem dat dit deesdae al in Februarie Kersfees begin raak. Maar selfs dit het nie gehelp nie.

Ek was gister in die winkels met my broer se kind van die platteland af. Dit het my koud gelaat. Die verorbering van goed en kos en geld. Wat wil die mense regkoop? Wie het die geld om so vreeslik te koop? Kyk, ek is GLAD NIE een wat terugdeins van koop af nie, maar as jy nie vir my super belangrik is nie, koop ek nie vir jou iets nie. Ek doen nie meer “o, so en so moet ook seker iets kry” geskenke nie. En as ek vir jou iets koop, dan moet jy darem weet ek het gedink voor ek gekoop het. As ek nie iets kry waarvan jy werklik sal hou nie, dan kry jy ook eerder niks nie.

Dit voel so vir my ek wil die mense skud. Wakker word ou. Daar’s belangriker goed. Leer jou kind eerder maniere. Of soen jou vrou meer. Of so iets.

Jane die Kersfees Crusader.

(Stuur maar bietjie ho-ho-ho hierdie kant toe)

Advertisements

4 thoughts on “(Nie) in die gees van Kersfees (nie)

  1. Son Desember 13, 2012 / 2:01 nm

    Jy is nie al een wat so voel nie. Elke keer as ek besef wat die datum is, moet ek myself skud en sê “Hey, dis amper Kersfees!” En net daarna is my volgende gedagte “En die punt is?” Die wêreld is nie reg nie, Kersfees gaan dit nie reg maak nie. Die 26ste Desember gaan alles nog net so wees. Dalk het ons Krismis-blues

  2. jagternw1976 Desember 13, 2012 / 2:38 nm

    The one thing women don’t want to find in their stockings on Christmas morning is their husband. ~Joan Rivers

    Three phrases that sum up Christmas are: Peace on Earth, Goodwill to Men, and Batteries not Included. ~Author Unknown

    Ho ho ho, lol. 🙂

  3. Toortsie Desember 14, 2012 / 8:50 vm

    Ho Ho Ho vir jou!! 😉
    Hierdie tyd van die jaar is seker maar vir die meeste van ons die rofste tyd. Ons hoop om vandag see toe te gaan maar ek weet dat die 2 weke wat ek die hardste werk, voorlê, tot nuwe jaar en ek my vererg en sê: “Die hotel en die restaurant is nou toe. Nou hou ek vakansie!! ”
    Oor geskenke koop – Jy kon net so wel na my verwys, want ek koop vir elke lewende siel op die plaas ‘n geskenk en draai dit toe – seker 100 geskenke!! Omdat ek voel dis die minste wat ek vir ons werkers kan doen. En sodat ek op kersdag weet dat daar wel vir elkeen van ons mense ietsie toegedraai is.
    Kersete is vir my ‘n groot ding. Dit hoef nie grand te wees nie, maar dis ‘n familiefees waar ons saam kuier saam lag saam eet…. 🙂

  4. murphy Desember 19, 2012 / 4:46 nm

    Sjoe, en die mense off hulself in droves. Ek weet nie, vanjaar voel ek ook soos jy.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s