Onvanpas

Ek weet eintlik niks.

‘n Duisend keer se wen in Trivial Pursuit beteken niks langs ‘n braaivleisvuur nie. 2 Grade help ‘n bietjie oor ‘n koppie koffie, maar kort voor lank wil meeste mense oor koeitjies en kalfies gesels. Dan moet mens onthou dat hulle seuntjie laasmaand waterpokkies gehad het en dat die ouma opsoek is na blyplek in die ouetehuis.

Ek sukkel met mense. My lewe lank al. En ek weet nie hoekom nie. Groepe onbekendes maak my angstig, teen die tyd dat ek ‘n byeenkoms bywoon het ek al ‘n verskeidenheid scenarios in my kop uitgespeel, die een vreemder as die ander. En ten spyte van my beste voornemens, stap ek altyd weg en voel so bietjie soos ‘n poephol. Die een wat te min gepraat het. Die een wat te veel gepraat het, die een wie se humor vir niemand anders snaaks was nie, die een wat verveeld was.

Ek het geen tekort aan selfvertroue nie, het ‘n opinie oor omtrent als en is nie ‘n muurblom nie, maar iets in my short circuit as ek moet mingle. Social. Meet and greet. Ek kots omtrent.

Dis hoekom dit vir my so fantasties is as ek dit die dag regkry om iemand wat my “vang” te ontmoet. En dit regkry om daai persoon as vriend te kan tel.

(So.)

Advertisements

8 thoughts on “Onvanpas

  1. Son November 5, 2012 / 11:44 vm

    Ek dink definitief nie jy is alleen wat dit betref nie. Ek praat gewoonlik te veel en dink na die tyd ek het ‘n aap van myself gemaak. Of anders praat ek glad nie – maar dit worry my minder as die te veel pratery. Oor verveeld wees bly ek eerder stil, want dan klink ek weer soos ‘n beterweter. It’s a tough world out there 😈

    • netjane November 5, 2012 / 11:47 vm

      Lyk my ons klomp bloggers hier moet maar saammet mekaar party hou, maar ek’s meer binnegoed as bek! Ek sien nou op BBC ek kan my bloedgroep blameer – AB’s is volgens die Japanese vreemde mense.

      • Son November 5, 2012 / 11:50 vm

        Wel, ek is O+. Dalk moet ek dan eerder my sterreteken blameer – Skerpioen LOL! Ek wil nog vreeslik graag saam met jou kuier!

  2. jagternw1976 November 5, 2012 / 1:45 nm

    As ‘n man kan ek glad nie kommentaar gee oor hoe ‘n vrou moet optree in ‘n geselskap nie. Netjane, jy klink vir my baie intiligent. Son, jy kan vir my bloed skenk 🙂

    • Son November 7, 2012 / 2:55 nm

      Ek kan blykbaar vir eniiemand bloed skenk 🙂

  3. Twilight November 6, 2012 / 11:09 nm

    Dis nie noodwendig ‘n slegte ding om nie saam met die trop te blêr nie 😉 Eintlik is daar hopeloos te min sulke mense. Maar ja, my doodsvrees – in die tye wat ek nog saam met Dirk sosiale geleenthede moes bywoon – was skemerkelkies. Ek het altyd agter Dirk ingekoes en staatgemaak op sy geheue vir mense. Self stel ek eenvoudig nie genoeg belang daarin om ‘n vreemdeling wat ek hoogstens eenmaal per jaar gaan raakloop, se naam te onthou nie. En as hulle seg hulle het my al ontmoet, dan stem ek ewe saam – al ken ek Ta van g’n kant af nie! Desnoods was daar darem altyd die boek wat ek in my handsak saamgesmokkel het en wat ek dan in die toilet gaan sit en lees het…

    • Son November 7, 2012 / 2:55 nm

      Dis nou HIER waar e-readers so lekker en klein is en handig te pas kom 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s