Liefdesverklaring

Ek het nou al 10 keer aan hierdie blog begin tik en weer uitgevee en weer oorgetik. Die tema en boodskap is eintlik baie eenvoudig, maar ek wil so graag hê dat ek dit met groot swier kan oordra. Met ‘n natuurlike ritme en mooi woorde. Daai woorde wat altyd so natuurlik na my toe kom, behalwe as ek oor jou praat, want dan raak my knieë lam en my brein sponserig. My tong knoop en eintlik is ek dan net ‘n strokiesprent karakter met groot oë en byklanke.

By jou is ek nie net normaal nie, want jou oë maak my buitengewoon mooi en slim en maer en oulik. As ek by jou is, is ek ‘n superheld, ‘n wenner, iemand wat alles kan doen, iemand wat nie tou opgooi nie, ‘n helder ster.

Ek weet ek en jy maak ewe hard kotsgeluide as dit by corny liefdesverklarings kom en ek weet jy lag vir my as ek lê en Mills and Boon lees in die bad en huil op troues, al is die troue net op tv. As dit by soetsappige liefdesliedjies kom kry jy omtrent die stuipe oor die woorde (veral die Afrikaanse liedjies, waar alles moet rym), but I’ve got news for you:

Mills en Boon het nie ‘n patch op ons liefdesverhaal nie. Ek en jy pas in die refrein van elke corny liedjie wat bestaan (behalwe die wat oor hartebrekers gaan – jy’s te veel van ‘n Prins om ooit my hart te breek). Ek is baie lief en versot op jou. Nogsteeds.

 

 

Advertisements

3 thoughts on “Liefdesverklaring

  1. boerinballingskap September 10, 2012 / 10:38 vm

    Hierdie skrywe gee my sommer hoendervleis! Wat ‘n gelukkige man dat hy sulke woorde uit jou hart kan laat ontvou. Very nice!

  2. MaanKind September 10, 2012 / 11:55 vm

    Mens hoor mos sommer hierdie kom uit jou hart uit! ♥

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s