Was. Verlede tyd. Dit wat verby is

Ek is laasweek met ‘n suckerpunch gevang. Ek het gedink ek sou daaroor kom, dat ek in die eersteplek nie die hou so in my hart moes gevoel het nie. Liefie meen ek moes dit in die eersteplek nie as ‘n hou ervaar het nie.

Die firma waarvoor ek gewerk het (en as ek dit so stel klink dit stupid, soos “net ‘n werk”), maar dit was vir my meer. My eerste werk, mense waarvoor ek baie lief geraak het en omgegee het, die plek waar ek ure van my tyd en hart ingesit het en waar ek en die firma so saam-saam groot geword het, het hulle 10de bestaansjaar onder hulle huidige naam en in hulle “nuwe” kantoor gevier. Die viering het saammet lentedag geval.

Ek het dit op Facebook gesien. Ek is nie genooi nie. Liefie sê toe heel verbaas (in so ‘n stadige stemmetjie, asof hy met ‘n stout kind wat nie wil luister nie praat) : “but you_don’t_work_there_anymore”. My redenasie was dat so ‘n viering ‘n groot ding is, dat ek nog op goeie voet met die kantoor is, dat daar baie mense was wat nie daar werk nie en dat ek (in my nederige opinie) ‘n groterige rol by die kantoor gespeel het en dat mens nie na die toekoms kyk sonder om darem erkenning aan jou verlede te gee nie. “I used to be important there” sê ek vir Liefie. Hy rol sy oë. “W-A-S” antwoord hy my, ewe op Afrikaans.

Wel, as as verbrande hout is, is was seker doodgeblaasde kerse.

Advertisements

4 thoughts on “Was. Verlede tyd. Dit wat verby is

  1. boerinballingskap September 7, 2012 / 3:04 nm

    Dis sleg as mens die dag besef hoe misbaar en vervangbaar jy in werklikheid is…Het dit self ook al ervaar.

  2. turksvy September 18, 2012 / 10:41 nm

    Haha! 😆
    Ek het einde Desember bedank, maar gaan werk steeds af en toe daar deur ‘n agentskap. Een van ons dokters maak Donderdag klaar. Daar was ‘n lysie omgestuur om geld in te samel vir ‘n afskeidsgeskenk. My naam het ook so ewe op die lysie gepryk, en ek het nie ‘n probleem gehad om my bydrae in die koevert te sit nie. As ek nie vandag gewerk het nie, sou ek egter nie geweet het van die groot paartie wat vir hom gehou gaan word nie. Die paartie waar die geskenk aan hom oorhandig sal word nie. 😉

  3. Son November 5, 2012 / 11:49 vm

    Dit bly hartseer as mense jare van jou lewe vir ‘n werk gegee het, gedink het jy het vriende daar gemaak en dan, wanneer jy weg is, al hou jy kontak met sommiges, vind jy uit dit is maar eintlik ‘n geval van ‘uit die oog uit die hart’. Ek hou van jou analogie “as as verbrande hout is, is was seker doodgeblaasde kerse”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s