Liewe dagboek

Ek verlang vanaand na my outydse dagboek. Vir jare het ek getrou dagboek gehou, soms amper meer soos ‘n scrapbook met stukkies papier, foto’s, gedroogde blomblare van ou kêrels en letters in helderkleurige koukiepen geskryf. Met uitroeptekens!

En dit was net vir my oë bedoel. My weergawe van hardop dink.

Ek het ophou dagboek hou en toe begin blog. Gedink dit sal weer orde in my gemoed bring om ‘n uiteensetting van my lewe te gee. Te skryf oor dit wat my pla of bly maak. En dit het. Maar miskien moes ek ‘n groter afstand tussen die “regte” Jane en die blog Jane gemaak het.

Want nou kan ek net in breë trekke sê dat ek (nogsteeds) in ‘n regstryd gewikkel is oor die erf waarvan ek en Liefie al oor ‘n jaar eienaars is. En dat ek moeg is. En dat ek moedeloos is. En dat 21 Augustus se hofdatum nie vinnig genoeg kan kom nie.

Nice guys finish last?

Advertisements

4 thoughts on “Liewe dagboek

  1. demoerin Augustus 14, 2012 / 11:54 vm

    Miskien is dit dan tyd om die bokshandskoene uit te pak, en die nice guys bietjie weg te pak?
    Elke geval, hou duimvas dat jy op 21 Aug die verlangde uitslag sal kry.

  2. Plasie Augustus 14, 2012 / 3:17 nm

    Nice guys raak gatvol en stuur kniebrekers na die offending party toe. Dit los nie die dispuut op nie maar dit gee baie meer satisfaksie vir baie minder geld.

    Really nice guys laat die kniebrekers die concrete booties by die huis los.

  3. rosalindfranklin Augustus 21, 2012 / 5:44 nm

    Mmm, halle NetJane…dis waar, nice guys oftern finish last. Net so gebeur die wonderlikste dinge met bose mense.

  4. Toortsie September 7, 2012 / 9:05 nm

    Dalk kan jy tog ‘n eenkant boek aanhou, wat soos ‘n outydse dagboek is. Waarin jy dalk nie elke dag skryf nie, maar waarin jy daardie goed kan skryf wat jy nie in die openbaar kan skryf nie. Ek het ‘n bidboek, waarin ek ook gereeld skryf, dink dis maar baie soos ‘n dagboek. Nie elke dag nie, maar persoonlike dinge tussen my en God.
    en nou is 21 Aug alreeds verby….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s