Liewe dagboek

Ek verlang vanaand na my outydse dagboek. Vir jare het ek getrou dagboek gehou, soms amper meer soos ‘n scrapbook met stukkies papier, foto’s, gedroogde blomblare van ou kêrels en letters in helderkleurige koukiepen geskryf. Met uitroeptekens!

En dit was net vir my oë bedoel. My weergawe van hardop dink.

Ek het ophou dagboek hou en toe begin blog. Gedink dit sal weer orde in my gemoed bring om ‘n uiteensetting van my lewe te gee. Te skryf oor dit wat my pla of bly maak. En dit het. Maar miskien moes ek ‘n groter afstand tussen die “regte” Jane en die blog Jane gemaak het.

Want nou kan ek net in breë trekke sê dat ek (nogsteeds) in ‘n regstryd gewikkel is oor die erf waarvan ek en Liefie al oor ‘n jaar eienaars is. En dat ek moeg is. En dat ek moedeloos is. En dat 21 Augustus se hofdatum nie vinnig genoeg kan kom nie.

Nice guys finish last?