Geskiedenis les

Ek het eenmaal gelees dat elke mens met ‘n rugsak deur die lewe gaan en dat jy mettertyd vrek swaar gaan dra as jy al die klippe wat oor jou pad kom inlaai.

Ek verstaan dat sekere gebeure nie dadelik verwerk kan word nie en dat hulle vir ‘n rukkie saamgedra moet word, maar ek is ‘n groot voorstander van die “get over it” beginsel. Dis maklik vir my om ‘n voorstander te wees, want my lewe was/is nog altyd maklik. In Engels is daar ‘n mooi frase: “a charmed life”.

Ek koester nie wrokke nie, ek haal nie met haat of woede ou koeie uit die sloot uit nie en ek vergeet maklik beuselagtighede. Ek is nie onnosel oor sulke goed nie, ek leer my les en stap aan. My suster sê altyd: “o, het jy dit gewipe?”. Soos daai borde waarop die kinders teken en dan skud/vee – daar’s nog vae buitelyne, maar die prentjie is weg.

Toe ek vanoggend hierdie aanhaling van Katherine Anne Porter lees “The past is never where you think you left it”, toe wonder ek oor my lewensuitkyk.

Die groter klippe moes tog my hande bietjie growwer gemaak het of die kleineres moes stof gelaat het. Dié wat ek saamgedra het se krieseltjies lê iewers verkrummel in die hoek van my rugsak. My spiere is sterker oor die gewig van jare.

Ek is nie so onaangeraak en onbetrokke soos ek myself wysmaak nie.

Ek is wie ek is oor dit wat ek was.

Advertisements

7 thoughts on “Geskiedenis les

  1. demoerin Mei 11, 2012 / 10:05 vm

    My favourite kwinkslag op die onderwerp – Die persoon wat ek vandag is, is nie net gevorm deur al die mooi van die verlede nie, maar ook die swaar en hartseer tye. Cheers!

  2. Son Mei 11, 2012 / 3:20 nm

    Ja, maar daar is ‘n manier wat mens aan daardie rugsak dra en wat jy daarin pak. Jy dra dit op die regte manier, want jy het die klippe van lesse ingepak, maar die klippe van haat, woede en wroeging agtergelos. En daar is ‘n merkbare verskil in daardie verskillende soorte klippe se gewig 😉

  3. mnrnel Mei 12, 2012 / 4:24 vm

    Dankie vir die mooi woorde. Jou woorde het vandag my rugsak bierjie ligter gemaak.

    • mnrnel Mei 12, 2012 / 4:27 vm

      Bietjie en nie biertjie. Miskien ‘n Freudian slip?

  4. Sanmari Mei 18, 2012 / 2:28 nm

    Son stel dit baie mooi! Ons wil tog nie op die einde van ons pad kom ,die rugsak afhaal en begin uitpak, en besef daar is niks daarin nie… Daar is sekere goed, die goeie, die lesse en wyshede, wat ons moet saamvat. Ek dink soms verander die klippe sommer in die sak na sulke skoenlappers, die goeie wat ons graag wil uitpak aan die einde van die pad! Dankie vir ‘n mooi post 🙂

  5. MaanKind Mei 26, 2012 / 11:54 vm

    Net kom groet… Vat ‘n tyd om weer op te vang.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s