As iemand my net gesê het!

Ek het lank terug tong-in-die-kies daaroor geblog dat my lewe soveel anders kon gewees het as my ouers my nie terug gehou het nie.

Ek sien dan ook nou dat ek eintlik baie tyd en geld gemors het om myself as prokureur te kwalifiseer.

Kim Kardashian is ‘n groot realiteits televisie ster. Cool by association is dan ook haar susters. Kim was eens deel van Paris Hilton se ss (sirkel van slette), maar sy het (soos Paris) haar eintlike roem verwerf deurdat daar ‘n seksvideo van haar uitgelek het.

Sy maak nou miljoene en het klerereekse en nou ook ‘n nuwe huisware reeks.

My vraag is dit: wat (of is dit wie?) het sy al in haar lewe gedoen wat haar hiervoor kwalifiseer?

Wat is fout met die samelewing dat enige poephol met ‘n videokamera en broadband deesdae ‘n ster kan wees met “waardevolle” opinies?

As iemand my net gesê het! Ek kon ‘n seksvideo gemaak het voordat my tieties begin hang het!

Advertisements

6 thoughts on “As iemand my net gesê het!

  1. Zee Mei 8, 2012 / 8:14 nm

    :):) imagine net as ons net geweet het!

  2. pienkpantoffels Mei 8, 2012 / 9:14 nm

    Dis nog nie te laat nie! Daar is baie omies wat van hangtieties hou LOL!

  3. Son Mei 8, 2012 / 9:34 nm

    As ek mooi gebou en maer was, kon ek ‘n high class call girl gewees het 😉 Maar gelukkig is as verbrande hout 😆

    Die waarheid is Jane, jy sou presies gewees het wie jy is, want jy het waardes 🙂

  4. boerinballingskap Mei 9, 2012 / 2:05 nm

    Miskien kan jy dit nog steeds doen en kyk jy jouself vlak! Ek kan nou-al dink wat die opskrif sal wees: “Blog-celeb ontbloot als!” Hiehiehie. 😆

  5. Toortsie Mei 10, 2012 / 7:34 vm

    Ongelukkig is die hele wêreld maar skeef… oor baie dinge!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s