Ma se kind

Toe ek gisteroggend in die kombuis staan en die reëls vir die langnaweek uitbasuin (hier’s nie ‘n bediende nie, ek gaan nie heelnaweek loop en skoonmaak nie, as jy dit vuilmaak/uitpak/neergooi moet jy dit skoonmaak/wegpak/optel ens) tref dit my eensklaps dat ek nes my ma klink die duisende kere wat sy dit vir ons kinders uitbasuin het.

Ek moes dadelik op die bank gaan sit met ‘n asynlappie oor die voorkop en ‘n sopie vodka in die hand.

Al is dit nog ver van Moedersdag – hier volg ‘n ode aan my Mammie (net omdat ons haar nie eintlik so mag noem nie)

Ma,

Jy is my more is more and less is a bore

Hollywood lê oop vir jou al dink jy jy verdwyn in die agtergrond en is onsigbaar.

Jy is fluweel en sy en ryk rooi brokaat – vintage, natuurlik

Jy is elke bargain van hier tot by die maan (en terug)

Jy is shabby chic en veilings

Jy dink tee is die kuur vir alles van ‘n hoofpyn tot ‘n gebreekte hart, maar as dit tyd is vir ‘n dubbel whiskey, on the rocks, moet die skinker darem gooi en klaarkry.

Jy is ‘n prinses (wie se prins nog op sy blinkvos perd aangejaag gaan kom)

Jy is persimmons en handevol kersies, totdat ‘n mens se maag daarvan pyn.

Jou ja is ja en jou nee is nee. Jy verdra nie mense wat nie kan commit nie

Jy’s eksentriek. Ja. Jy is.

Jy kan ‘n berg van ‘n molshoop maak. Maklik. Daar waar daar nie in die eersteplek is ‘n storie was nie, kan jy vir weke lank oor praat.

Jy is Telkom se beste klant.

Jy’s mal oor werk – jy kan heeldag sit en kyk hoe ander dit doen.

Jy is ‘n trendsetter.

Jy’s te sensitief. In hierdie wêreld moet mens tougher wees Ma, anders gaan jy altyd tweede kom. Of derde. Soos die derde perd.

Jy’s ‘n goeie vriendin, jy loop nie net die ekstra myl nie, jy dra ander saam, soms ten koste van jouself.

Spinasie laat Ma poep – hou op om daaroor te wonder.

Jy weet alles. Die geelbladsye is vir beginners.

Jy’s ‘n trui in die winter. Altyd. Baadjies en jasse is nie juis jou ding nie.

Jy’s my personal shopper. Deur die jare weet Ma nog altyd waarvan ek hou, selfs al weet ek dit self nie,hier kom altyd ‘n omgee pakkie vol verassings vir my aan en alles is altyd perfek.

Ma vat  nie kak nie. Soos in glad nie. Dan kom die it doesn’t appeal to me vae kyk in Ma se oë en dan is dit tickets met die bullshitter.

Where do you go to my lovely?

Ma is onverskrokke.

Ma is my ma.

En ek gee nie regtig om dat ek al hoe meer soos ma word nie…

Advertisements

5 thoughts on “Ma se kind

  1. MaanKind April 7, 2012 / 4:55 nm

    Ek hou van die asynlappie en sopie wodka vir balans…

  2. Charms April 7, 2012 / 6:00 nm

    Ag nee wat as ek so lees dan kan jy maar soos jou Ma word want sy klink awesome.

  3. pienkpantoffels April 9, 2012 / 5:41 nm

    Ek vloek mos nie regtig nie, maar fok, hier sit ek en tjank soos ‘n graad eentjie wat nie ‘n goue sterretjie vir skoonskrif gekry het nie. En nou sommer mis ek my ma! So mooi geskryf, dankie

  4. Son April 9, 2012 / 6:07 nm

    Hierdie is SO mooi! Ek hoop jy gee dit vir jou ma om te lees 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s