Ma se kind

Toe ek gisteroggend in die kombuis staan en die reëls vir die langnaweek uitbasuin (hier’s nie ‘n bediende nie, ek gaan nie heelnaweek loop en skoonmaak nie, as jy dit vuilmaak/uitpak/neergooi moet jy dit skoonmaak/wegpak/optel ens) tref dit my eensklaps dat ek nes my ma klink die duisende kere wat sy dit vir ons kinders uitbasuin het.

Ek moes dadelik op die bank gaan sit met ‘n asynlappie oor die voorkop en ‘n sopie vodka in die hand.

Al is dit nog ver van Moedersdag – hier volg ‘n ode aan my Mammie (net omdat ons haar nie eintlik so mag noem nie)

Ma,

Jy is my more is more and less is a bore

Hollywood lê oop vir jou al dink jy jy verdwyn in die agtergrond en is onsigbaar.

Jy is fluweel en sy en ryk rooi brokaat – vintage, natuurlik

Jy is elke bargain van hier tot by die maan (en terug)

Jy is shabby chic en veilings

Jy dink tee is die kuur vir alles van ‘n hoofpyn tot ‘n gebreekte hart, maar as dit tyd is vir ‘n dubbel whiskey, on the rocks, moet die skinker darem gooi en klaarkry.

Jy is ‘n prinses (wie se prins nog op sy blinkvos perd aangejaag gaan kom)

Jy is persimmons en handevol kersies, totdat ‘n mens se maag daarvan pyn.

Jou ja is ja en jou nee is nee. Jy verdra nie mense wat nie kan commit nie

Jy’s eksentriek. Ja. Jy is.

Jy kan ‘n berg van ‘n molshoop maak. Maklik. Daar waar daar nie in die eersteplek is ‘n storie was nie, kan jy vir weke lank oor praat.

Jy is Telkom se beste klant.

Jy’s mal oor werk – jy kan heeldag sit en kyk hoe ander dit doen.

Jy is ‘n trendsetter.

Jy’s te sensitief. In hierdie wêreld moet mens tougher wees Ma, anders gaan jy altyd tweede kom. Of derde. Soos die derde perd.

Jy’s ‘n goeie vriendin, jy loop nie net die ekstra myl nie, jy dra ander saam, soms ten koste van jouself.

Spinasie laat Ma poep – hou op om daaroor te wonder.

Jy weet alles. Die geelbladsye is vir beginners.

Jy’s ‘n trui in die winter. Altyd. Baadjies en jasse is nie juis jou ding nie.

Jy’s my personal shopper. Deur die jare weet Ma nog altyd waarvan ek hou, selfs al weet ek dit self nie,hier kom altyd ‘n omgee pakkie vol verassings vir my aan en alles is altyd perfek.

Ma vat  nie kak nie. Soos in glad nie. Dan kom die it doesn’t appeal to me vae kyk in Ma se oë en dan is dit tickets met die bullshitter.

Where do you go to my lovely?

Ma is onverskrokke.

Ma is my ma.

En ek gee nie regtig om dat ek al hoe meer soos ma word nie…

Tuis!

Ons is terug na ons reise.

Ek gaan nie sê dat dit maklik was om met ‘n baba/kleuter rond te toer nie, want dit was nie. Ek gaan ook nie sê dat ek nie tot die dood toe moeg is na die trippie nie, want ek is. Ek gaan net sê dis anders om met ‘n baba/kleuter te reis. Want dit is.

Ons het ‘n lieflike tyd in Oostenryk gehad en is vreeslik “gewine en gedine”. Ek het probeer ski en dit glad nie geniet nie. Die gevoel van beheer verloor sodra ek effens vinniger begin gaan het, het my glad nie aangestaan nie, maar Liefie het ure op die slopes spandeer. Ons het in die dorpie Zug-am-Lech gebly en dit was regtig soos ‘n sprokie van al die sneeu. Die son het helder geskyn en die lug was blou-blou. Die omgewing is blykbaar bekend vir lente ski. Ons het een dag selfs nog sneeu wat val gehad en om terug te stap van aandete in daardie spesifieke stilte wat sneeu bring was wonderlik.

Ek het die geluk gehad om ‘n baie oulike babaoppasser van Manchester te kry en Arjun het goed met haar oor die weg gekom, wat beteken het dat ek weer bietjie tyd vir grootmens goed gehad het! Met die rond reis en babaoppassers het hy egter nog glad nie weer probeer loop nie, so hy het emosioneel seker iewers ‘n knou gekry met al die veranderinge. Dis jammer, maar hy sal weer regkom! (hoop ek…)

Indië het baie verander sedert ons aan die einde van 2005 daar was en die Westerse invloed word al hoe duideliker. Die eerste paar dae voor die werksverrigtinge het ons vreeslik geniet en Arjun het goed aangegaan in al die geraas (en gemors) van Indië. Hy is soos ‘n klein godjie behandel en daar was nie ‘n mens op straat wat nie ‘n mooi woord of ‘n geskenkie of iets vir hom gehad het nie. By die Taj Mahal is hy herhaaldelik afgeneem op die skote van mense, so asof hy deel van die familie wat afgeneem word is. Vreemd. Ons het Finniese vriende wat vreeslik blond is en die meisie is baie mooi – hulle was ook groot gunstelinge met die locals en Tiina vertel sy moes Indiese babas vashou en voor die Taj Mahal pose. Ons kon ‘n mini-enterprise gestig het – Tiina wat vir Arjun vashou en geld gevra het!

Dis juis daar by die Taj Mahal waar die kak begin het. If you catch my drift. Ek en Liefie het altyd goue reëls as dit by reis kom en een daarvan is om nie by buffets te eet nie. Ons moes dit noodgedwonge doen met die Taj Mahal trippie, aangesien dit deel van die verrigte was en ons geen ander keuse gehad het nie. En dit was warm!Image So kry my Delhi trip toe ‘n onaangenaamheid met ek wat ‘n dag lank op die badkamervloer deurbring en toe nog ‘n dag of wat uitgepass in die hotelkamer met koors en die rittels, met ‘n oppasser wat vir Arjun besig hou. Liefie het dit ook nie vrygespring nie. Arjun het so een of twee kotsies gegooi, maar was andersinds okay. Na ek die dokter gesien het, het ek darem heel beter begin voel.

Ek het vir die 4 dae daarna nie weer iets behalwe droë brood en coke oor my lippe laat kom nie en was nog bewerig teen die tyd dat ons geland het, maar ek voel nou al beter.

Image