Jane of the jungle

Ek begin stadig maar seker weer in my lewe “in pas”. So asof ek ‘n paar skoene gekoop het wat ek geweet het gemaklik sou wees, maar ‘n bietjie inloop gekos het en nou net lekker loop.

Vandat ek ophou werk het, het ek rondgeval en myself probeer oortuig dat ek nog “belangrik” is. Ek was nie ‘n vreeslike goeie huisvrou nie, maar het myself voluit in die rol van ma gegooi.

Almal sê dat dit baie (fisies en emosioneel) uit jou neem om ‘n baba te hê en redelik groot gemaak te kry, maar ek besef eintlik nou eers hoe veel! Turksvy het kort na my “fuck out” kommentaar gelewer dat ek nie nageboortelike depressie moet miskyk nie en ek besef nou ek het waarskynlik iets daarvan gehad.

Dis ‘n groot werk om ‘n huishouding bymekaar te hou. Ek haal my hoed ‘n duisend maal af vir die ma’s wat dit regkry en nog te werk en nog meer vir al die enkel ma’s daarbuite. Julle is moerse tough. Moet dit nooit vergeet nie.

Arjun gee in die geheim sy eerste treë en omtrent almal behalwe ek of Liefie het dit nou al gesien. Die treë kom net betyds vir ons vakansie. Ons gaan Oostenryk toe om te ski (of ten minste met ski’s aan hard en herhaaldelik te val) en gaan daarvandaan af aan na Indië toe. My hart trek nou al ‘n lang ruk terug Indië toe en ek is kinderlik opgewonde. Liefie het ‘n groot en welverdiende bevordering gekry en die vakansie spruit daaruit voort. Ek is vreeslik trots op hom en wens vir alle paartjies die absolute verliefdheid wat ek nog elke dag vir my man voel toe!

Ek speel deesdae gereeld Wii Mario Brothers saammet my peetkind (ek gaan hoofsaaklik dood of druk “A” om in ‘n borrel van veiligheid in te gaan) en as jou karaktertjie weer uit die dood uit verrys is daar ‘n klein stemmetjie wat sê “I’m back!”. Dis hoe ek deesdae voel.

Groete van huis tot huis.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

4 thoughts on “Jane of the jungle

  1. MaanKind Maart 14, 2012 / 12:24 nm

    Ek haal generally speaking my hoed af vir enige jong ma.

  2. Son Maart 14, 2012 / 3:49 nm

    En na ek my hoed afgehaal het vir elke tuisbly ma – want ek gaan eerder werk toe waar alles gestruktureerd is 😆 dan wil ek net sê: Dis ALTYD lekker om in my inbox te sien Jane of the Jungle het weer toegeslaan en ietsie geskryf 😉

    Geniet jou trip!

  3. Toortsie Maart 26, 2012 / 8:24 vm

    Die groot geluk is…. die kinders raak groot!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s