Hiep – hiep – hoera!

Daar loop ek toe, soos die slegte blogger wat ek deesdae is, my vierde blog verjaarsdag hier by WordPress mis.

Dit voel soos ‘n ewigheid wat ek blog. Ek dink nie ek is meer dieselfde persoon nie, maar wat ek wel weet is:

1. Blogvriende is soms beter as regte vriende. Hulle gee om, stel regtig belang en as iemand die dag kommentaar lewer moet jy weet dis omdat hy/sy wou. Omdat jy as blogger ‘n indruk gemaak het op iemand wat jy waarskynlik nie ken nie se lewe. En dis groot. ( Ek het nog net 1 blogger ontmoet en hy’t ‘n goeie pel geraak. Eeb-star – jy rock!)
2. Om te blog is harde werk. Mense dink dis speel-speel skryf vir mense wat nie “regte” skrywers kon raak nie. Dit is nie! Jy kan nie voorgee om iets oor ‘n onderwerp te weet en ‘n opinie oor iets te hê waaroor jy eintlik niks weet nie. Die bloggers sal jou uitvang. Want vir elke onnosele blogger is daar 10 superslimmes. En moenie dink jy plaas sommer enige skryfsel nie. Jy voel gou genoeg of jy jouself verraai.
3. Blog is dalk gesigloos en vir sommiges anoniem, maar dinge kan lelik raak. Gelukkig nog nie met my gebeur nie, maar menige blogger moes al blogdeure sluit oor mense en hulle kak.
4. Jy kan elke dag iets by ‘n blog/blogger leer. Ek vind ek leer veral oor die emosionele sy van die lewe. (‘n lewensvak wat ek keer op keer dop!)
5. As bloggers net verdwyn mis mens hulle! Waar is julle heen?
6. Ek moet meer tyd maak vir blog en bloglees en kommentaar. Dit is immers by stokperdjie. Nes mense op Saterdae oggende gholf speel.

So – veels geluk NetJane – you’ve come a long way baby!

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

10 thoughts on “Hiep – hiep – hoera!

  1. MaanKind Februarie 15, 2012 / 3:12 nm

    Ek wou net groet, toe dink ek aan ‘n tannie van my wat altyd die foon geantwoord het, Hallijoeh?

  2. turksvy Februarie 15, 2012 / 3:42 nm

    Hiep-hiep-hoera…inderdaad! 😆

  3. Son Februarie 15, 2012 / 4:03 nm

    Geluk! Ons mis jou ook as jy so wegbly vir lank 🙂 Eendag, eendag, wil ek nog ‘n broodjie breek saam met jou 😉

  4. Charms Februarie 15, 2012 / 4:27 nm

    Happy happy vreemdeling 🙂

  5. seegogga Februarie 15, 2012 / 6:14 nm

    Baie geluk! Ek geniet altyd jou blogs baie, jammer dis deesdaeso skaars, maar ons verstaan. Wat nou van ‘n blog met die naam: ‘n Dag ion die lewe van NETJANE?

  6. Zee Februarie 15, 2012 / 8:33 nm

    Happy belated bifday 🙂

  7. Plasie Februarie 16, 2012 / 7:24 vm

    Hêppie hêppie!

  8. demoerin Maart 8, 2012 / 8:28 vm

    Laat wense..maar ja – Geluk. Laat ek net nota gaan maak van my 5de b’day, voor ek dit ook vergeet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s