Hierdie is ‘n titel

Ek het so lanklaas geblog dat ek my wagwoord vergeet het. Dis erg.

Ook erg is dat ek nog nooit my volle adresboek van my Nokia na my Blackberry oorgeskuif het nie (dis nou al ‘n jaar) en dit elke keer besef as ek iemand wil bel om dan agter te kom ek het geen idee wat hulle nommer is nie. Nou is die Nokia ook skoonveld. So: as jy hier lees en ek het lanklaas met jou gepraat – ek is jammer. Stuur vir my jou nommer of Facebook my. Ek het min genoeg vriende, ek kan nie bekostig om iemand te verloor nie!

Laasweek gaan ek en Arjun toe Moms and Babes of Tots of whatever toe, dis wat ma’s wat tyd op hulle hande het doen. Dis ‘n klas waar die babas hande klap en liedjies sing en aan jellie vat en oor die algemeen rond gepluk word. Na die klas social die ma’s. Die laaste gedeelte van die klas het my in ‘n koue sweet laat uitslaan. My kleuterskool rapport het reeds gesê “doesn’t play well with others” en “verkies om alleen te speel”. By die klas gekom ken al die ander mammas mekaar klaarblyklik omdat hulle seker al vir 10 maande lank die klas bywoon. Ek maak myself toe maar tuis vir die les. Arjun is nie ‘n kind wat niks gewoond is en sommer vir alles huil of kerm nie, inteendeel, as hy die dag huil weet jy daar’s iets fout.

Hy’s in die klas vir 9 tot 12 maande oue babas (al die ander kruip reeds). Die eerste kind het net in sy rigting gemik toe skree Arjun blou moord. En so het dit vir die res van die klas aangehou. Die “doesn’t play well with others” is duidelik geneties. More is ons volgende klas, hou duim vas.

My laaste gedagte vir vandag is dan ook iets wat my vreeslik pla. Het die hele wereld oornag skelm geword? Is lieg en bedrieg en steel nou maar okay? Of is ek nog te goedgelowig? Ek vermoed House het ‘n punt beet met sy mantra: everybody lies.

Dit blyk ‘n simptoom van ons tyd te wees.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

6 thoughts on “Hierdie is ‘n titel

  1. Son Oktober 24, 2011 / 4:23 nm

    So moeilik as wat ek dit wil glo, en nog moeiliker wil sê, lyk dit vir my mense raak al hoe meer gewetenloos – dis al meer elkeen vir homself en die duiwel vir ons almal en ek sal bo-oor jou loop met ‘n smile as dit tot my voordeel is.

    Ek “play well with others” solank ek lus is, dan gaan ek huis toe. Tot vandag toe verkies ek om by ander mense of op ‘n openbare plek te kuier, as om hulle na my huis te nooi, want dan kan ek huis toe gaan as ek genoeg van mense gehad het.

    Moenie vir Arjun in iets indwing waarvoor hy nie lus is nie, maar hou sy opsies oop 🙂

  2. seegogga Oktober 25, 2011 / 1:02 vm

    Arjun doen wat hy moet doen op sy ouderdom-hy wantrou vreemde mense ensoek net bekended, soos sy eie mamma. Dis ‘n belangrike veiligheidsmaatreel van die natuur! Ek stem saam: respekteer sy gevoelens.hy is nog nie op die saamspeelstadium nie.

  3. demoerin Oktober 25, 2011 / 7:47 vm

    Seker maar net omdat dit ‘n nuutjie is….enigeen voel so as hulle skielik in die midde van ‘n klomp vreemdes beland.

  4. Pikkelik Oktober 25, 2011 / 11:12 vm

    Ek hoef jou nie eers te antwoord op jou laaste vraag nie. Jy ken ons hele geskiedenis, so ja, almal is skelm en almal lieg. Punt. Maar gelukkig is daar darem nog die uitsonderings. Mens moet net baie hard soek.

  5. Twilight Oktober 25, 2011 / 7:21 nm

    Arjun is ‘n man so na my hart… Hoe meer ek van mense sien, hoe liewer word ek vir my diere. LOL

  6. Jen Oktober 31, 2011 / 9:50 vm

    Dis sooo lekker om jou weer ‘n slag hier raak te lees! (kry so min tyd, ek kom eers ‘n week na jou inskrywing agter daar is iets ;)! wat gaan aan met die wereld.
    Dink ook nogals ou House het ‘n punt beet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s