Oorsig

Ek het my eerste week as huisvrou oorleef. Dit was vir my wonderlik.

Ek het gister weer ingegaan kantoor toe (ek help nog deeltyds uit tot die einde van die jaar) en terwyl ek kantoor toe oppad was kon ek voel hoe my nekspiere een vir een bymekaar trek en hoe ek kort-kort my nek diekant of daaikant toe moet draai om die ongemak beter te maak. Elke keer volg daar ‘n “klik”. Toe ek na ‘n dag se werk terugkeer huis toe tref dit my dat ek geen genot of welbehae voel oor dit wat ek verrig het nie. Ek was stokflou en kwaai teen die tyd wat ek by die huis gekom het.

Eintlik skrikwekkend waaraan mens elke dag gewoond raak. Dis eers as jy iets anders het om mee te vergelyk dat dit jou tref dat jy eintlik die kreef in die pot water was wat mettertyd al hoe warmer geraak het.

Op ‘n heel ander noot sien ek nou die dag ‘n advertensie op Facebook. Die fotograaf adverteer dat dit amper Kersfees is en dat sy nou ‘n spesiale aanbod het waar jy jou dogtertjie in mamma se trourok kan laat afneem. Wat de fok? (Of soos my engelse vriendin altyd vra: wat die fok?)

Ek was hewig ontsteld oor die idee. Ek is glad nie een vir babatjies as blommetjies aantrek en in teekoppies laat poseer nie en het al voorheen my gevoel oor duur babaklere uitgespreek. Om jou dogtertjie in jou trourok te laat afneem pla my om die volgende redes:

1. Dit maak ‘n kleintjie groot voor haar tyd en;
2. Skep die gedagte dat dit elke dogtertjie se droom behoort te wees: ‘n trourok;
3. Verder haat ek die idee van “my troudag was die mooiste en gelukkigste dag van my lewe”, want dan gaan jou huwelik maar dag-na-dag afsteek. (Min mense lyk ooit weer so mooi as op hulle troudag, myself inkluis). As jy nie ‘n aanhanger van daardie idee is nie, hoekom die dag weer probeer herleef met jou dogtertjie in die rol van bruid?;
4. Dis creepy;
5. Laat jou kind haar/sy eie drome hê. Miskien wil ‘n kind eerder as ‘n cowboy afgeneem word.

Liefie meen ek oorreageer. Hy meen mense kan doen net wat hulle wil as dit hulle gelukkig maak en as dit wettig is. Wat dink julle?

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

7 thoughts on “Oorsig

  1. MaanKind Oktober 7, 2011 / 11:28 vm

    Dis creepy. Die troudag word ook totaal maar totaal oorbemark as Jou Mooiste Dag, en dit begin hier. Dis twak daai, jou huwelik is die ding wat tel.

  2. Pikkelik Oktober 7, 2011 / 11:36 vm

    Not ‘n tiekie!!! My troudag, was MY dag, in MY rok!! Dis die laaste keer dat ek in hom gepas het, en die laaste keer wat ek soos ‘n feëprinses gevoel het. Intussen het die ‘lewe’ gebeur. Maar dis nogsteed my rok. Liewe kriek, nou klink ek uiters selfsugtig. Maar dis in any way creepy! 😆

  3. Son Oktober 7, 2011 / 3:01 nm

    Jou Liefie klink soos iemand wat ek graag sal wil ken, maar dié keer stem ek saam met jou. Buitendien – hoe de hel pas ‘n dogtertjie in haar ma se trourok?! WTF! Dis sommer plein bejimpeld!

    En dan moet seuntjies nou seker in hul pa’s se troupakke afgeneem word 😈

  4. turksvy Oktober 8, 2011 / 12:06 nm

    Uhm…dis ‘n totaal nuwe konsep vir my. 😯

  5. demoerin Oktober 14, 2011 / 7:58 vm

    Ek probeer nou die foto’s picture..maar ek dink dit sal weird lyk. Maar ja, as dit mamma se hare terugwaai – whatever.

  6. staaltjies Oktober 20, 2011 / 3:47 nm

    ek is ook `n huisvrou , so ewe begin tuinwerk doen ook , en weet jy , nie gedink ek is tuinmens nie maar ai werk so ewe met handskoene en al aan , wat doen jy oom jou besig te hou ? ek doen allerande hobby stuff en kunswerkies 🙂 geniet dit nogal baie en kook , ai ek is mal ook kook ,lekker dag vir jou 🙂
    so van een domestic engineer na `n ander 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s