Terapie

Na my onlangse fuck-out (Liefie se beskrywing daarvan en ek kon nog nie regtig aan ‘n beter woord dink nie) stel my huisdokter voor ek gaan sien ‘n sielkundige om seker te maak daar is nie ‘n dieper onderliggende rede vir die angsaanvalle nie.

Ek rol dadelik my oë, maar my ma kuier hier en as ‘n therapy veteran moedig sy my aan om te gaan. Die eerste sessie laasweek is pas na my jongste toeval en bestaan hoofsaaklik uit snot en trane. My tweede sessie gister maak my half knorrig want ek was besig om my verkoue af te slaap en moes opstaan uit die lekker sagte bed om dit by te woon. Daai sessie het hoofsaaklik uit snot bestaan.

As ‘n rasionele mens wat laag op teatrale uitbarstings en “groot” gevoelens is het ek nou bietjie afstand gekry van my toeval en kan ek die aanloop daartoe mooi verstaan. Ek is nie lus vir derms uitryg op ‘n sielkundige se bank nie. So, in ‘n poging om tyd en geld (R650 / 50min) te spaar, hier is my issues. Praat gerus met my daaroor (dit is blykbaar een van my swakhede: ek praat nie oor hoe ek voel nie).

– ek is ‘n control freak en daaruit vloei dit waarskynlik dat ek egoïsties is omdat ek dink ek kan die hele wêreld beheer en dit beter as ander mense doen;

– ek het nie tyd vir swakheid in ander nie. Mense wat nie besluite kan neem nie en afgeskrif voel deur die lewe pla my. (Die sielkundige meen ek “mirror” my eie swakheid in ander, want dis makliker om ander te haat as myself, WTF?);

– ek lewe ‘n baie “contained” lewe en vra nie graag vir hulp nie, want dit dui op swakheid (sien hierbo);

– ek dink mense moet “oor” goed kom. As iemand waarmee daar nog nooit iets traumaties gebeur het nie is dit ‘n maklike standpunt om te handhaaf. As gevolg hiervan wil ek ook nie ellelange gesprekke oor my verlede hê nie, it is what it is;

– ek aanvaar ek kan nie alles beheer nie en dat mense foute maak en dat dit okay is om te erken dat jy nie in staat is tot iets nie en dat meeste mense jou nie sleg gaan hanteer omdat jy jou menslike faalbaarheid erken het nie, maar dit beteken nie ek gaan nie probeer om in beheer van my lewe te bly nie;

– my control issues het waarskynlik daarmee te doen dat ek myself moes grootmaak omdat ek ‘n laatlammetjie is en Mammie nie haar beste werk as ‘n ma gelewer het vir ten minste 10 jaar van my lewe nie. (Nogal die belangrike 10 jaar, laat laerskool en hoërskool);

– ek is nie kwaad vir my ma of my pa of my broer of my sussie of my nefies of my niggies (you get the picture)nie, maar ek is kwaad(erig) vir myself dat ek nie my grense duideliker stel nie en soveel van wat ek doen uit een of ander (fucked up) pligsbesef doen.

And that’s all folks.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

8 thoughts on “Terapie

  1. Son September 9, 2011 / 4:45 nm

    Fok (pardon my French) maar dit klink soos my lewe wat jy daar beskryf. Veral daai laaste reël. Ek is net die oudste kind, maar moes ook maar myself grootmaak, want my ma het gewerk van ek my eerste skree gegee het, lank voor dit algemeen was vir ma’s om te werk. (Is jy nie dalk my suster nie 😉 )

  2. turksvy September 12, 2011 / 4:52 nm

    Ek’s eintlik te bang om te se wat ek dink, want netnou dink die mense ek is one-track minded… (kraam, babas, ens, ens)

    Ek dink…ken jou nie, en kan heeltemal van die wa af moer hier…jy gaan oor ‘n jaar hierna terugkyk en besef jy’t bietjie aan post partum depressie gely.

    ‘n Eerste baba is een van die mees traumatiese goed wat met mens kan gebeur ~ Google dit maar, dis die waarheid! 😆

    Nou’s jy boonop ‘n controlfreak ook. Recipe for disaster. 😉

  3. MaanKind September 12, 2011 / 7:19 nm

    Vir my klink jy (eerlikwaar) na ‘n gewone mens met gewone issues. Ons het almal ons issues, en jy klink in touch met joune.
    Soms is ons issues moeiliker om te hanteer of te verwerk, maar daar is byna altyd ander eksterne faktore wat maak dat ons dan op hierdie goed fokus wat maak dat ons nie ‘volmaak’ of ‘normaal’ voel nie.
    Teen wie se standaarde meet jy?
    Sterkte met jou dag. Wees goed vir jouself op klein, selfsugtige manietjies.
    XXX

  4. demoerin September 13, 2011 / 8:05 vm

    Ek stem met Maankind. Almal het issues. Dis normaal.

  5. Mata Hari September 15, 2011 / 12:01 nm

    Hi Jane,

    Ek’s ‘n sluip-lesers wat so toevallig op jou blog afgekom het (opsoek na soetkoekie resepte..ja eks een van daai!). Nou ek is ook in die regsberoep, alhowel net ‘n nederige ou klerkie. Ek geniet my werk baie, is doners goed in wat ek doen (wanneer ek in staat is om dit te doen), cope goed met die stress and all that jazz. Maar ek het ok ‘n ou vriendjie soos jy, nie die full blown bouncer weergawe nie, maar sy klein skelm boetie wat stilletjies my lewe hel maak. Die klein asshole se naam is angs. Angs laat my keel toetrek, maak my kop wollerig en laat enige hoop van konsentrasie by die venster uitvlieg. Ek glo ook in “kom oor dit”, was ook by ‘n sielkundige, ook derms uitgeryg (sommiges vrot) en is somtyds beter. Dis moelik en dit suck, ek hou ook nie van emosies nie en nog minder as ek sonder my eie toestemming emosioneel word. Maar die ergste van die hele ding is – dis fokken embarrassing. Ek’s slim, ek’s selfversekerd, ek’s sterk. Ek’s nie veronderstel om met sulke kak te sukkel nie, maar ek doen. Punt wat ek wil maak (voordat jy my R650 charge), dis ok. Jy gaan ongelukkig daarmee moet deal voordat jy oor dit kan kom en somtyds gaan dit vir jou voel asof daai dag nooit gaan kom nie. Jy hoef nie na die sielkundige se pseudo redes of teorieë te luister nie maar at some stage gaan jy moet in jou eie derms rondpoke om uit te figure wat met jou aangaan. Ek wens jou regtig alle sterkte toe.

  6. Twilight September 19, 2011 / 5:55 nm

    Het die vorige inskrywing gemis, maar darem nou gelees. Goeie vriendin van my sit met dieselfde maatjie en ja, niks lekker nie. Dit is nou maar ‘n feit dat ‘n mens ‘n flippen komplekse ding is en ek twyfel of dinge so vreeslik eenvoudig is as om jou issues uit te praat en alles is hunky dory. Ek glo vas jy sal weer op ‘n punt van ekwilibrium kom – waar alles weer vir jou in balans voel – en ek dink ook om vir nou eers op een aspek te fokus, is wys. Werk raak nie sommer op nie en jy sal weer later daarop kan fokus. Ouerskap is in elk geval alreeds ‘n voltydse werk op die ouderdom wat jou seun nou is. Dis ‘n keuse wat jy kan en mag uitoefen. As ek nader was, het ek sowaar ‘n afspraak gemaak vir tee…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s