‘n Nuwe pad

Ek het onlangs ‘n nuwe maatjie gemaak. Wel, maatjie is ‘n sterk woord. Maatjie laat dit klink asof ek van die nuwe aanhangsel in my lewe hou. My nuwe maatjie se naam is Angsaanval.

Angsaanval gaan oral waar ek gaan. Angsaanval is ‘n slinkse outjie – hy spring uit net wanneer dit onvanpas is. En dan mag jy _net_ met hom speel. Angsaanval laat my nie goed voel nie. Toe my dokter vir my nuwe maatjie ‘n naam gegee het nadat ek opgemerk het dat ek deesdae gereeld vreeslik sleg voel en my simptome beskryf het, het hy ewe droog opgemerk: “natuurlik voel jy nie lekker nie, niemand hou daarvan om te voel of hulle dood gaan nie.”

Ek was die afgelope 2 maande onder geweldige druk by die werk gewees en ten spyte daarvan dat ek gedink het ek is in staat om in alle aspekte van my lewe ‘n supervrou te wees het dinge nie so lekker uitgewerk nie. Angsaanval het ‘n stokkie daar voor gesteek.

Ek is toe met ‘n klein botteltjie klein pilletjies by die dokter weg en het selfs eergister ‘n sielkundige gaan spreek, want ek was (is miskien nog steeds?) spoedig oppad na ‘n indrukwekkende fuck-out. Dis die woord wat die beste by my gevoel tans pas. Ek is nie een vir pille nie, ek is nie een vir dramatiese emosies nie en Angsaanval laat my nie soos myself voel nie.

So, toe bedank ek.

En ten spyte van die feit dat ek nog worstel met “ek is/was nie goed genoeg nie” gevoelens, het ek dadelik begin beter voel. Baie beter. Al gaan ek nie meer geld he nie, gaan ek my gesondheid beskerm en ‘n behoorlike ma en vrou kan wees. En vir nou is dit goed genoeg.

(Enige bloggers vir teepartytjies helder oordag? Ek gaan binnekort tyd he…)

 

 

Advertisements

10 thoughts on “‘n Nuwe pad

  1. MaanKind September 1, 2011 / 8:35 nm

    In my volgende lewe wil ek ‘n vrou wees. ‘n Huisvrou. Met kinders. En heeldag met hulle speel, en alles aan my man oorlaat. Ek sal huis mooimaak, en als vars en skoon hou, en hom uitbundig groet as hy by die huis kom. En kos en wyn drink saam met hom.
    Wie het met die idee gekom dat vrouens moet werk EN kinders hê EN huisvrouens wees EN alles goed doen? Dit het my generasie opgefok om die heel minste te sê
    Wil jy my burrvrou wees?
    (Ek verstaan!)

    • netjane September 1, 2011 / 9:00 nm

      Dankie MaanKind. Ek sal graag jou buurvrou wees. Dan dra ons voorskote wat ons self gemaak het terwyl ons wasgoed ophang. 😉

  2. Son September 1, 2011 / 11:46 nm

    NetJane, jy sal nooit NET Jane wees nie. Jy kan nie jou geleerdheid verloor nie, jy kan wel jou gesondheid verloor en ek dink jy het die regte besluit geneem. Die waarheid is dat geen mens in ‘n beroep onvervangbaar is nie, maar die ander waarheid is dat Arjun vir altyd net EEN ma sal he. En dit is jy. En ‘n ma is nie vervangbaar nie. Geniet jou kind, doen lekker goed vir jouself, geniet jou man en moenie een oomblik skuldig voel nie.

  3. turksvy September 2, 2011 / 11:21 vm

    Nee wat, jy’t my stamp of approval ook. Elke 2e week is ek beskikbaar vir tea paarties, oukei? 😆

  4. Charms September 3, 2011 / 2:24 nm

    Beslis die regte besluit Jane. Ek is ook beskikbaar vir teepartytjies – in die tuin met ‘n sonhoed op my kop.

  5. demoerin September 5, 2011 / 9:00 vm

    Yip, gesondheid is baie belangriker. Basta met die res.

  6. Pikkelik September 6, 2011 / 11:12 vm

    Drie hoera vir jou Jane!!! Ek beny jou met my hele hart!

  7. Bileam se Donkie September 6, 2011 / 12:56 nm

    Ek dink ook jy het reg besluit! Baie sterkte, en mag die angsaanvalle vinnig weg*** noudat daar rustigheid in jou hart kom!

  8. staaltjies Oktober 18, 2011 / 1:54 nm

    waar woon jy , want ek is hier in somerset wes en ai toggie ek wens ek en jy kan bymekaar kom en kuier want sjoe kyk dit is hoe dit is 🙂 sal net graag saam met jou wil `n koppie tee of koffie drink en lag ! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s