Terapie

Na my onlangse fuck-out (Liefie se beskrywing daarvan en ek kon nog nie regtig aan ‘n beter woord dink nie) stel my huisdokter voor ek gaan sien ‘n sielkundige om seker te maak daar is nie ‘n dieper onderliggende rede vir die angsaanvalle nie.

Ek rol dadelik my oë, maar my ma kuier hier en as ‘n therapy veteran moedig sy my aan om te gaan. Die eerste sessie laasweek is pas na my jongste toeval en bestaan hoofsaaklik uit snot en trane. My tweede sessie gister maak my half knorrig want ek was besig om my verkoue af te slaap en moes opstaan uit die lekker sagte bed om dit by te woon. Daai sessie het hoofsaaklik uit snot bestaan.

As ‘n rasionele mens wat laag op teatrale uitbarstings en “groot” gevoelens is het ek nou bietjie afstand gekry van my toeval en kan ek die aanloop daartoe mooi verstaan. Ek is nie lus vir derms uitryg op ‘n sielkundige se bank nie. So, in ‘n poging om tyd en geld (R650 / 50min) te spaar, hier is my issues. Praat gerus met my daaroor (dit is blykbaar een van my swakhede: ek praat nie oor hoe ek voel nie).

– ek is ‘n control freak en daaruit vloei dit waarskynlik dat ek egoïsties is omdat ek dink ek kan die hele wêreld beheer en dit beter as ander mense doen;

– ek het nie tyd vir swakheid in ander nie. Mense wat nie besluite kan neem nie en afgeskrif voel deur die lewe pla my. (Die sielkundige meen ek “mirror” my eie swakheid in ander, want dis makliker om ander te haat as myself, WTF?);

– ek lewe ‘n baie “contained” lewe en vra nie graag vir hulp nie, want dit dui op swakheid (sien hierbo);

– ek dink mense moet “oor” goed kom. As iemand waarmee daar nog nooit iets traumaties gebeur het nie is dit ‘n maklike standpunt om te handhaaf. As gevolg hiervan wil ek ook nie ellelange gesprekke oor my verlede hê nie, it is what it is;

– ek aanvaar ek kan nie alles beheer nie en dat mense foute maak en dat dit okay is om te erken dat jy nie in staat is tot iets nie en dat meeste mense jou nie sleg gaan hanteer omdat jy jou menslike faalbaarheid erken het nie, maar dit beteken nie ek gaan nie probeer om in beheer van my lewe te bly nie;

– my control issues het waarskynlik daarmee te doen dat ek myself moes grootmaak omdat ek ‘n laatlammetjie is en Mammie nie haar beste werk as ‘n ma gelewer het vir ten minste 10 jaar van my lewe nie. (Nogal die belangrike 10 jaar, laat laerskool en hoërskool);

– ek is nie kwaad vir my ma of my pa of my broer of my sussie of my nefies of my niggies (you get the picture)nie, maar ek is kwaad(erig) vir myself dat ek nie my grense duideliker stel nie en soveel van wat ek doen uit een of ander (fucked up) pligsbesef doen.

And that’s all folks.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

‘n Nuwe pad

Ek het onlangs ‘n nuwe maatjie gemaak. Wel, maatjie is ‘n sterk woord. Maatjie laat dit klink asof ek van die nuwe aanhangsel in my lewe hou. My nuwe maatjie se naam is Angsaanval.

Angsaanval gaan oral waar ek gaan. Angsaanval is ‘n slinkse outjie – hy spring uit net wanneer dit onvanpas is. En dan mag jy _net_ met hom speel. Angsaanval laat my nie goed voel nie. Toe my dokter vir my nuwe maatjie ‘n naam gegee het nadat ek opgemerk het dat ek deesdae gereeld vreeslik sleg voel en my simptome beskryf het, het hy ewe droog opgemerk: “natuurlik voel jy nie lekker nie, niemand hou daarvan om te voel of hulle dood gaan nie.”

Ek was die afgelope 2 maande onder geweldige druk by die werk gewees en ten spyte daarvan dat ek gedink het ek is in staat om in alle aspekte van my lewe ‘n supervrou te wees het dinge nie so lekker uitgewerk nie. Angsaanval het ‘n stokkie daar voor gesteek.

Ek is toe met ‘n klein botteltjie klein pilletjies by die dokter weg en het selfs eergister ‘n sielkundige gaan spreek, want ek was (is miskien nog steeds?) spoedig oppad na ‘n indrukwekkende fuck-out. Dis die woord wat die beste by my gevoel tans pas. Ek is nie een vir pille nie, ek is nie een vir dramatiese emosies nie en Angsaanval laat my nie soos myself voel nie.

So, toe bedank ek.

En ten spyte van die feit dat ek nog worstel met “ek is/was nie goed genoeg nie” gevoelens, het ek dadelik begin beter voel. Baie beter. Al gaan ek nie meer geld he nie, gaan ek my gesondheid beskerm en ‘n behoorlike ma en vrou kan wees. En vir nou is dit goed genoeg.

(Enige bloggers vir teepartytjies helder oordag? Ek gaan binnekort tyd he…)