Afrikaners is plesierig

Daar was ‘n mini-bekgeveg daar by Un-pee-cee. Ek wil nie die ander blogger link nie, want ek weier om op hierdie blog vir hom lugtyd te gee, die hemel weet wat hy oor my as Afrikaner sal kwytraak en dan praat ek nie eens van Arjun nie. In elk geval – UPC het hom toe nogal mooi geantwoord.

Dis ‘n tema wat al keer op keer hier in blogland gedraai het, sommiges was meer ernstig, sommiges minder ernstig en ek self het ook al baie oppervlakkig daaroor gewonder.

Ek het egter so baie van UPC se antwoord op die ander vent se kommentaar gehou dat ek toestemming by hom gekry het om sy antwoord weer hier te plaas.

“Ek is ‘n Afrikaner. Dit wroeg my as ander Afrikaners vir my wil voorse hoe ek as Afrikaner moet optree en hoe ek moet dink. Indien mense nie hou van hoe ek my Afrikanerskap uitleef nie moet hulle ‘n volksvergadering hou, standaarde vir Afrikanerwees opstel en op grond daarvan my insluit of uitsluit.
In 1734 het my voorouers  (2 Brink broers) op die Walrus in Dassen-eiland gestrand. Daar was nie genoeg blanke vrouens nie en die een het teruggekeer na Holland terwyl die ander een met van die bruin mense getrou het. Ek is ‘n kleurling.
My ander voorouers het by Dordrecht in die Oos Kaap geboer as menslike skilde tussen die kolonie en die Xhosas. Die stamvader het in 1672 op die Meermin in Kaapstad geland en in Wellington begin boer.
My oupa (Hendrik Brink) het Trustbank en die Reddingsdaadfonds gestig om Afrikaners op te hef. Hy het in Woolworths gestaan en protesteer om in Afrikaans bedien te word en Federale Volkbeleggings gestig om die Afrikaner ‘n toegang tot kapitaal te verskaf. (Hy was ook seker ‘n kleurling…) Bertie Brink was ‘n stigter van die Randse Afrikaanse Universiteit en Afrikaner Werkersbeweging, en was die predikant wat die Voortrekkermonument oopgemaak het. Sy oupa was Onze Jan Hofmeyer, stigter van die Broederbond en Afrikanerleier in die Kaap.
My ma se oupagrootjie was Danie Theron, stigter van die Rapportryers wat by die slag van Paardeberg tussen die Britse linies deurbeweeg het om boodskappe te stuur.
Naspers is gestig om Afrikaners weer ‘n stem en hoop te gee, en het die Afrikaner verneder, verkleineer en verwronge gevind in 1914 en ons op die pad gehelp om een van die mees gerespekteerde nasies op aarde te word. My oupa was stigtersdirekteur van die maatskappy.

Ek was in Casspirs in die lokasies in die vroee ’90′s, en ek weet dat oorlog geen oplossing vir enige probleem is nie. Mense wat oorlog voorstaan (Malema en sommige ver-regse en linkse groepe, blank en swart) was bykans voor die voet nognie in ‘n oorlog nie, en het geen idee wat in ‘n oorlog gebeur nie. Jou kind word uit ‘n kar getrek en deur die kop geskiet, jou ma word verkrag en jou huis en besigheid word afgebrand dat jy letterlik niks het nie. LETTERLIK niks. Een hemp, een broek, een paar kouse en een paar skoene. Jou kredietkaart werk nie want die bank is oorgevat. Voor mense oorlog praat moet jy eers een hemp kies, een broek, een paar kouse en een paar skoene. Dra dit vir 24 uur sonder enige kos en besluit of dit nodig is vir oorlog. Vra vir die ouens in Sarajevo, Bam, Maxixe of Srebrica hoe dit is om niks te he nie.

Ek voel ek is ‘n bloubloed Afrikaner, en as daar ‘n Afrikaner koningshuis was, was ek waarskynlik iewers ‘n prins.
Ek is besonder trots om ‘n Afrikaner te wees, en ek is besonder trots op die rol wat my voorouers in die ontwikkeling van die Afrikaner nasie gespeel het.
Daar is miskien dinge waaroor ek meer trots is. Bertie Brink het in 1960 protes aangeteken teen aparte kerkdienste, ‘n posisie wat hom teen Andries Treurnicht in konflik laat kom het. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil. Slegs die duiwel verhoed mense om te kan bid waar hulle wil…
My oupa het besighede op die Kaapse vlakte gefinansier om die kleurlinggemeenskap op te hef. My pa het in beursfondse, skole, opleiding en ontwikkeling van alle rasse in Afrika gestig tydens sy rol by die Kamer van Mynwese en ek het opleidingsstrukture by my maatskappy gestig waar ons fantastiese vakleerlinge (blank, swart, bruin en indier) opgelei het. My huidige maatskappye in Suid Afrika en Mosambiek behandel alle mense voor die voet voortreflik.

Ek is ‘n Afrikaner, en my volk voel soos ek. Ons is deel van Afrika, en Afrika is deel van ons. Niks kan my losmaak van Afrika nie, maar niks kan ook Afrika losmaak van my nie. Ek kan nie weghardloop van my medemens wat voor my hier was nie. Sonder die Afrikaner is Suid Afrika niks. Sonder Suid Afrika is die Afrikaner niks.”

So hier’s ‘n “tag”. Wat maak JOU ‘n Afrikaner (al dan nie)?

 

Advertisements

18 thoughts on “Afrikaners is plesierig

  1. unpeecee (Un-Politically-Correct) Augustus 3, 2011 / 10:06 nm

    Die laaste keer wat die Afrikaner saamgestaan het was in die trein op pad konsentrasiekamp toe. Ons is almal hardegat, voor die voet. As jy in jou blog vra “Wie is ek” en die antwoord is Afrikaner is dit soos om by ‘n AA vergadering op te staan en te se “My naam is Afrikaner, ek is hardegat.” Ons sal stry eenvoudig omdat ons dit in ons bloed het.

  2. turksvy Augustus 3, 2011 / 10:53 nm

    Who cares? Mens sal honderde antwoorde kry, maar wat maak dit tog saak? Iemand (was dit nie Steve nie?) het gese jy moet ‘n swart Suid-Afrikaner vra wat jy is. As hy se jy is ‘n Afrikaner, dan is jy heel waarskynlik een. 😉

    Ek verpes dit as mense (Afrikaners) dink hulle weet hoe ek dink en voel, en nog erger, as hulle vir my wil voorse wat ek behoort te dink en voel.

    Ek dink Afrikaners deel ‘n taal, miskien ‘n wit vel en dalk Europese herkoms. Wetie. Worry ook nie te veel daaroor nie.

  3. Plaasjuppie Augustus 4, 2011 / 1:05 nm

    Dit maak werklik nie saak wat ek myself noem nie. Ook nie wat ek die ander ou noem of hy vir my nie. Sticks and stones…

    Wat saakmaak is dat ons almal (hopenlik) more oggend gaan wakker word en dat ons probleme presies dieselfde gaan wees as wat dit vandag is. En as ons nie as kollektief oplossings vind vir daardie probleme nie is ons almal ewe vêr in ons hêppie glory in.

  4. Son Augustus 4, 2011 / 1:07 nm

    Taai tameletjie, maar ek gaan jou probeer antwoord 😉

  5. Louis Marais Augustus 4, 2011 / 1:46 nm

    NetJane, dit lyk my ek gaan berug word hier in Afrisamer land, en die vent van wie jy hier praat is ek. En nog ‘n ding, jy hoef nie my te link nie, net die feit dat jy die antwoord van unpeecee link, dan link jy my ook.

    • Zee Augustus 4, 2011 / 9:10 nm

      Liewe land maar jy dink baie van jouself!!

      Hoe oud is jy seuntjie?

      Jy laat my aan die simpel sogenaamde professor wat kommentaar op You Tube gelos het wat gedink het hy is slim om iemand aan te vat oor ‘n ou spel foutjie, en sonder dat hy dit agtergekom het, het hy self ‘n spelfout of twee begaan.

      Gaan haal maar eers die ou splitertjies uit jou oog voor jy die hele blog wêreld wil aanvat!

      En wat vir ‘n woord is “Afrisamer”? – Nee toemaar, jy hoef nie hier te antwoord nie, gaan doen dit op jou eensame blog!

      • ekkedink September 8, 2011 / 11:13 nm

        ai zee, jy vat dit so raak. die seuntjie is toe nie so baie oud nie; so jon dat hy OOK nie weet wat dit is/was voor 1990 en die grens oorlog nie. hy’s nie net jonk nie, hy’s ook ongemanierd arrogant. maar wag, laat ek nou nie self die splinters sien nie want op my ouderdom, het ek al die balk gevind…..kry hom net nie so lekker uit nie!

    • Gogga Augustus 5, 2011 / 8:16 nm

      Haai shame, laat ons tog weet as jy eendag bykom van jou enkellopende dink maniere. Dit is presies mense wat soos jy dink wat nie dinge help nie. En sal ek byse dat jy moet pleisters vat want jy gaan blerrie hard val.

  6. Terug pieng: Keuses « Wosonki
  7. MaanKind Augustus 5, 2011 / 12:00 nm

    Ek is baie dinge, ek is wit, getroud, Afrikaanssprekend, ouma, vrou, sakevrou, skrywer, uitgewer, ma, skoonmaker, Afrikaner, kok, huisvrou, kunstenaar. (In enige gegewe orde). Hierdie lysie wissel van tyd tot tyd, maar die dinge wat bly staan het van geboorte tot nou, is wit, Afrikaanssprekend, Afrikaner.

  8. Nadia Augustus 5, 2011 / 1:18 nm

    Vir my is die mooiste “Sonder die Afrikaner is Suid Afrika niks. Sonder Suid Afrika is die Afrikaner niks.” Om in die buiteland te werk en te bly is dit een van die dinge wat mens die helderste besef en dit is dat jy nooit Afrika uit jou hart sal kry nie al probeer jy hoe hard en deelraak van ‘n nuwe samelewing beteken dat jy minder van ‘n Afrikaner moet wees en meer soos die inboorlinge van jou nuwe tuise.

  9. toortsie Augustus 8, 2011 / 9:02 vm

    Wat ‘n fantastiese stuk! Dankie! Ek sal ook probeer antwoord. LW, PROBEER!!

  10. demoerin Augustus 8, 2011 / 10:26 vm

    Ek is ‘n Afrikaanssprekende Afrikaner. Ek het ‘n plek in Suid-Afrika. Ek het niemand aangestel om namens my te praat, of om oor die die verlies aan my “Afrikaner identitiet” te besluit nie. Ek is 36 jaar oud, en het nog boggerol van my identitiet verloor, thank you very much. Ek kan nie dink dat daar mense daarbuite is wat dink hulle bou aan enige identiteit as jy iewers afgesonder jou kop in ‘n gat gaan wegsteek en glo dis die beste nie. Maar ja, dis persoonlike opinie van iemand wat nooit in ‘n plek soos Orania sal kan nesskop nie.

    • unpeecee (Un-Politically-Correct) Augustus 11, 2011 / 8:19 nm

      Ditto. Die “Ons is die enigste ware Afrikaners, en nadat ek die Jingo Professor gemoer het gaan ek in Pretoria onderhandel” mentaliteit van die Volkspele / Jukskei brigade vryf my skeef op.

  11. ekkedink September 8, 2011 / 11:22 nm

    mooi stukkie en jy wil-wil my hartsnare ook roer…..maar iewers het ek ‘n vet gly gevang in “Afrikanerskap” wat amper ‘n afgod geword het vir sommige. jy’s reg, Afrikaners het baie om op trots te wees…….maar ongelukkig net so baie om oor skaam te wees. ek het daaroor geblog, maar kortliks, as Afrikaner-wees is om hoe vuiler hoe snaakser (lees commin) te probeer wees soos deesdae, wil ek nie wees nie. daarom dat ek nou maar EERS ‘n Christen is en dan ‘n afrikaner. Oftewel, in die woorde van Thabo Mbeki: ek is ‘n Afrikaan wat Afrikaans praat!
    http://wp.me/pvy35-7t

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s