She works hard for her money

…So hard for it honey…

Ek’s terug werk toe. Dit was ‘n vreeslike moeilike besluit om te neem, maar ek het nou al die eerste maand oorleef en ek en Arjun cope.

Eintlik ek cope, Arjun floreer. Ek het ‘n engel uit die hemel wat hom bedags oppas en ek kan sien hoe lief is hy vir sy Miena. (My suster se bediende is ook Wilhelmina en haar kinders het mooi vir Arjun verduidelik “hulle Miena” en sy Miena is nie dieselfde nie). Ek werk op papier van 9 tot 3 en ek moet sê dat my werkgewers my daar baie tegemoet gekom het, maar ek kry dit nog nie heeltemal reg om by daardie ure te hou nie. Die afgelope week was daar krisis na krisis, maar ek kan sien dat ek meer afstand tussen myself en my werk kan plaas, aangesien ek die tyd wat ek wel met Arjun kan spandeer ten volle wil benut.

Hy is nogsteeds die mooiste baba in die hele wêreld en ek kan my lewe glad nie sonder hom voorstel nie. Hy verskaf soveel pret in my lewe dat my hart soms voel of dit wil bars van liefde.

Ons vlieg die 4de Augustus Duitsland toe vir vriende se troue in Berlyn en na pakke papierwerk het ek en Arjun visums. Ek kort nog ‘n balrok om aan te trek, maar met my post pregnancy grootte boude en borsvoeding grootte tieties is ek maar traag en skrikkerig vir aantrekhokkies.

Ek hoop ek kan al die ysters in my vuur goed hanteer, maar my hart trek darem maar ‘n punt en my kop voel maar skuldig as ek smiddae by die huis kom en Arjun se armpies waai van opgewondenheid om sy mamma te sien. My eerste salaristjek na 6 maande was egter baie welkom.

Hou vir my duim vas, want ek is nie Superwoman nie.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

4 thoughts on “She works hard for her money

  1. turksvy Julie 29, 2011 / 5:36 nm

    Dis moeilik om ‘n kind by iemand te los, maar dit maak dit baie makliker as dit iemand is vir wie hy lief is. Ek het ‘n babysitter (student) wat by my bloedjie bly as ek nagte werk, en dis ‘n win-win situation. Ek het ‘n babysitter nodig, sy soek die geld, en Pieter luuvvv her to pieces. Dus gaan werk ek met ‘n goeie hart, want daar is iemand wat met ladybird-wings saam met hom buite rondhardloop op soek na vlermuise. (Dit help om ‘n dramastudent te employ!) 😆

    Toe my ander kinders klein was, het ek ‘n Rosina gehad wat hulle opgepas het. Ek kon nie ‘n beter ma wees as wat sy vir hulle was nie. Vyftien jaar later, en ons het steeds kontak met mekaar. En as Rosina verjaar op 25 Mei, bel almal haar.

    Lang storie, maar wat ek eintlik wil se, ek dink nie jy maak ‘n fout nie. 😉

  2. Son Julie 30, 2011 / 1:19 vm

    Ekself het ‘n Anna gehad wat my grootgemaak gehet, en ek verlang nou nog soms na haar. Ek is bitter lief vir my ma, en die feit dat sy altyd gewerk het, het ons selfstandige kinders gemaak en ek dink nie sy het ons ooit afgeskeep nie. Jy is miskien nie superwoman nie, maar vir Arjun is jy Super Mamma Netjane 🙂

  3. Pikkelik Julie 30, 2011 / 11:02 vm

    Ek is so bly vir jou! Ek kan goed onthou die eerste keer toe ek my telgies moes los. Dit word gelukkig beter! ♥♥

  4. demoerin Augustus 2, 2011 / 10:17 vm

    Ek sien dit so…mens moet die balans tussen die 2 goed vind.
    Ons is as mens in staat tot meer as wat ons onsself wil laat glo, en…
    Ons kan net ons beste gee, wat dikwels oorgenoeg is. Superman en Superwoman bestaan net in die comics, en op t-shirts en boxer shorts.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s