Kommin, met ‘n hoofletter k, ‘n kappie o en ‘n i

Son het lekker geblog oor haar kommin streek.

Ek het vir jare gemeen kommin is die laaste woord wat gebruik kan word om my te beskryf, maar deesdae weet ek nie meer so mooi nie.

Miskien het my skool kêrel ‘n punt beetgehad toe hy my afgesê het en onder andere bygevoeg het dat ek en hy in verskillende klasse is. (En hy’t nou nie skoolklas bedoel nie!)

Ek koop in die algemeen by Pick ‘n Pay, maar elke nou en dan slaan ek die Checkers Hyper in ‘n groot manier. Ek dra tweedehandse klere. Ek meng my taal. Ek sê laaik en smaak dit stukkend. As ek die dag regtig dink iets is ‘n goeie idee is dit piele. In my hart smag ek eintlik daarna om ‘n Kurt Darren CD te besit.

Ek lees hygromans en kyk Noot vir Noot en 7de Laan. My baba dra klere van PEP, want ek dink Naartjie is pretentious. Ek gebruik afslagkoupons. Ek vat my eie koeldrank en lekkers in my handsak fliek toe. Ek besit crocs.

Ek is mal oor China Mall en al die crap wat mens daar kan koop. Ek dra plastiek krale en armbande. Ek loop sonder ‘n bra rond en besit ‘n veloer sweetpak.

Ek is Jane en ek is eintlik kommin.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

17 thoughts on “Kommin, met ‘n hoofletter k, ‘n kappie o en ‘n i

  1. murphy Julie 2, 2011 / 10:59 vm

    Naartrje is bleddie pretensieus. My vriendin se dogtertjie dra net Naartje en as sy slum dra sy Woolies.

  2. Son Julie 4, 2011 / 4:32 nm

    Ek het ook die Chinese winkels ontdek – FEESTE!

  3. demoerin Julie 5, 2011 / 9:01 vm

    China Mall is cool! Ek sal egter nooit na ‘n Kurt CD smag nie, iewers moet ek die lyn trek 😆

  4. Charms Julie 5, 2011 / 3:32 nm

    Dis gevaarlik as ons eers gaan sit en dink 😳

  5. Plaasjuppie Julie 6, 2011 / 2:29 nm

    Ek lees jy smag daarna om Kurt Darren CD te besit en ek voel hoe ek opstyg van die bodem van die modderpoel af, dan sien ek die Robbie Wessels en Leon Schuster CD’s in my rak en ek settle maar weer gemaklik in.
    Ek lees naartjie is pretentious, en ek dag nog altyd dit is ‘n sitrus was mens by die rugby eet en ek voel my delusions of grandeur word onherstelbaar verpletter.
    Dan kom daar ‘n ligstraaltjie vir my verpletterde ego. China Mart. Ek kyk eerder 5 ure straight van Juliaas se toesprake voor ek myself weer daar begewe.

    • turksvy Julie 7, 2011 / 6:49 nm

      Ek moet dit net weer se: vir ‘n depressed man is jy baie snaaks. 😆

  6. turksvy Julie 7, 2011 / 6:54 nm

    Og, nee, Jane! Hoe kon jy ooit gedink het jy’s NIE kommin nie?? 😯
    Heimlik smag na ‘n Kurt Darren cd…dis kommin, hoor! 😆

  7. MaanKind Julie 10, 2011 / 3:41 nm

    Lekker hier tussen al die komminners!

  8. MaanKind Julie 10, 2011 / 3:41 nm

    Ek sukkel, ek probeer inskryf hier!

  9. Pikkelik Julie 11, 2011 / 11:42 vm

    Terwyl jy nou so lekker bieg… Ek is Pikkie en ek is Kommin! Gaan jy vir ons ‘n club stig? 😀

  10. seegogga Julie 14, 2011 / 8:50 vm

    Dink julle nie ons commin ouens is eintlik cool nie?

    • staaltjies Oktober 18, 2011 / 2:40 nm

      dit is nou so snaaks gewees ek lag dat ek amper van my stoel afval , jy loop nie `n vienna verby nie ? haha ek hoop nie jy hou ook van die pienkes nie , ooh dit laat my gril, ek hou van die viennas wat gerook is 🙂

  11. staaltjies Oktober 18, 2011 / 2:01 nm

    ek het ook crocs, haha juis sulke toe crocs gekoop en nogal so ewe bling bling op hulle , sal moet foto op my blog sit sodat jy kan sien , hier naby ons huis in Somerset wes mall is daar `n hele winkel , spesiaal net vir crocs, watter kleur is jou crocs?
    ek loop ook so sonder `n bra, ek laat dit hang dit is so lekker , het juis nippel piercings in en dit laat dit lekkerder voel, en ja dit was seer ! voel of jy jou bolip reg bokant jou kop trek , maar ons praat nie hier van my nie , dit is lekker om jou blog te lees, as ek down en about voel, cheer jy my soveel op, jy is omtrent die sout van die aarde , mag jou soutpotjie nooit leeg word nie ! xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s