Tower blomme

Ek het ‘n klomp orgidieë by my ma geerf toe sy getrek het. Hier en daar nog een of twee as geskenk gekry.

Toe die klomp plante een jaar klaar geblom het, sit ek die potte buite die agterdeur, om “later” die nodige stappe vir die volgende jaar se blom se neem.

Raymond is my tuinjong. Ek het hom saammet die huis gekry en dis nie eintlik my tuin nie. Dis Raymond s’n. Dis maar net terloops dat my huis binne die tuin is. Raymond kry toe die orgidieë voor ek die nodige stappe neem. Plant toe sommer die klomp blomme in twee potte en skuif die potte waar dit vir hom mooi lyk. Ek is ook toe te lui om iets daaromtrent te doen en die goed staan maar so. Sonder ekstra sorg, bemesting of liefde.

Lo and behold. Die volgende seisoen is daar takke blomme. En die volgende seisoen weer. En weer. Almal vra oor die blomme, wat ek doen dat die goed so mooi blom. Glo my nie as ek sê “niks nie”. Die een pot staan in die wind en weer in die vol son. Die ander pot aan die koue kant van die huis by die badkamer venster.

My ma se nefie se vrou soek vroeër vanjaar ‘n tuinjong en ek beveel vir Raymond aan. Sy bel later en sê hy werk vreeslik hard en is sterk, maar weet ek dat hy ‘n sangoma is?

Nou maak die blomme vir my sin.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

6 thoughts on “Tower blomme

  1. Son Mei 24, 2011 / 3:39 nm

    😆 Jy beter maar aan sy goeie kant bly!

  2. seegogga Mei 24, 2011 / 5:54 nm

    lekker om so ‘n towermooi tuin te he! Maak maar of jy nie weet an die sangomastukkie nie!

  3. demoerin Mei 26, 2011 / 7:41 vm

    Bwahahaha – whatever. Jy het mooi blomme gehad.

  4. turksvy Mei 31, 2011 / 5:03 nm

    Sangoma-bangoma…nonsens! Ek dink Raymond is iemand wat met sy hart teen die aarde leef. Skaars soos hoenertanne, pas hom maar goed op. 😉

  5. MaanKind Junie 13, 2011 / 7:05 nm

    Miskien fluister hy sy towerwoorde vir hulle, mens tootr mos nie hard nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s