Suutjies poep

My tannie het destyds twee bediendes gehad. Dit was die Vrystaat in die laat 80’s/ vroeë 90’s, sommige boere het bediendes gehad wat net soggens en saans die gordyne oop-en toe getrek het, but I digress. Een van die twee bediendes was stadig, oud, effens. My 4 nefies het haar suutjies poep genoem.

Die naam lui vanmiddag weer ‘n klokkie in my brein toe ek eensklaps moeg (verby moeg, gatvol eintlik) raak vir effens wees. Vir nice wees. Vir gemanierd wees. Vir die regte ding wat nie seermaak nie. Fok dit alles.

Ek verstaan daar’s social niceties en die konsep van ‘n wag voor jou mond plaas is mooi aan my in Sondagskool geleer, my pa het gedurig aan my verduidelik dat mens 2 ore en 1 mond vir ‘n rede het, maar sekerlik is daar sekere verhoudings waar hierdie reëls nie so absoluut geld nie?

Soos tussen goeie vriendinne, susters, lewensmaats, ouer en kind?

Daar het net onlangs te veel goed met my gebeur waar ek “nice” was. Gemanierd was. Die regte ding gesê het. Nie heeltemal die waarheid oorgedra het nie, want die waarheid sou seer maak.

Ek wil ook my sê kan sê en nie met verwyte, trane en tirades beantwoord word nie. Ek aanvaar dat mense die reg het om met my ook heeltemal eerlik te wees, want dis my goeie reg om hulle in hulle moere te stuur. Dis my reg om kwaad of hartseer te raak en dan te besluit of die situasie en verhouding weer “gepatch” kan word. Of bloot die woorde te aanvaar vir wat dit is.

‘n Opinie uit liefde gelig.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

12 thoughts on “Suutjies poep

  1. Krista Mei 16, 2011 / 8:42 nm

    Sê wat jy moet . . . dis baie keer beter.

    PS: gaan ek nou lank in spam lê?

  2. BB Mei 17, 2011 / 6:48 vm

    Sê wat gesê moet word. It’ll do you the world of good. Mens hoef nie persoonlik te raak nie, name te noem of te ná te kom nie, maar sê ‘n ding soos hy is. Maak soos ek, begin met “I mean it in the nicest possible way…” and then actually MEAN it in the nicest possible way. 😉
    Dis sielsverkragtend om ‘nice’ te bly – en verwyte, glo ek, is nie van die begin af daar nie – dit groei uit onuitgesproke issues en krapperighede.
    Jy kan altyd op ons oefen! Role-play?! :mrgreen:

  3. demoerin Mei 17, 2011 / 8:40 vm

    Daar is niks fout met die waarheid praat nie Jane, dis van wegsteek en voorgee dat almal sit met maagswere en ander siektes. En dis in hierdie tipe situasies wat die volgende ‘n waarheid word – Opregte vriende kan kwaai wees met mekaar, want dit maak hulle nie kwaaivriende nie. Mens moet partykeer maar die eerste stap neem en jou kafvriende en koringvriende begin skei.

  4. Natasja Mei 17, 2011 / 10:28 vm

    Oh my goodness, jy sê nou presies wat ek voel. Ek is in die middel van ‘n familie drama wat al van Desember maand af kom, en vanoggend het ek eers my sê gesê. Ek is al 34 jaar lank saggiespoep en bang om eerlik te wees, want in my geval sal die persoon aan die ontvang kant van my eerlikheid weer ‘n senuwee ineenstorting hê, dreig met selfmoord en haar sielkundige betrek. Dit het hierdie keer weer gebeur maar ek is nou moeg vir tasse pak en die lang pad: die guilt trips is dit nie meer lekker nie. Soos jy sê: ek mag ook ‘n opinie hê en as dit verskil van joune – tough.

  5. rosalindfranklin Mei 17, 2011 / 2:35 nm

    Ek verstaan so baie wat jy bedoel. soms wil mens ‘n lekker hard ene los – metafories – net dit net daar laat. 😉

  6. Son Mei 17, 2011 / 2:47 nm

    Wil ek amper sê “Snap!” Voel al ‘n ruk lank baie soos jy hierbo 🙂

  7. Vlam Mei 17, 2011 / 3:58 nm

    Nee, genade, ek verstaan nie julle nice mense nie. Miskien moet julle bietjie na my toe kom vir lesse…? 😆

    Nee, ernstig, ek kan nogal baie “vat” en dan sulk ek gewoonlik in stilte, maar boeta, as ek eers daar lostrek… 😯

  8. Celia Neveling Mei 17, 2011 / 4:32 nm

    Daar is mos ‘n goeie manier om dit te doen, dit gaan oor dinge wat mense doen en nie noodwendig oor wie of wat hulle is nie. Ek sê altyd iets soos – “Vir jou a persoon/mens het ek baie tyd, maar wanneer jy a b of c doen dan dryf jy my teen die mure uit.” Dan is daar niks persoonliks betrokke nie, die ander persoon kan sy gedrag verander of dit dan doen waar dit jou nie meer sal pla nie en almal behoort ok te wees. Maar ek is ook geneig om stil te bly, dit maak dit soveel makliker om met almal saam te leef en sielsvrede is een van my grootste drome.

  9. Celia Neveling Mei 17, 2011 / 4:33 nm

    Ekskuus – dit is “Vir jou as persoon” nie “a persoon” nie 😉

  10. Prinses Mei 24, 2011 / 1:55 nm

    Ek het nou ‘n hele klomp postings op jou blog teruggelees. Ek hou baie van dit waaroor jy skryf en hoe jy die wêreld beskou.
    Hierdie posting: dit is beter om nie ‘n moordkuil van jou hart te maak nie, maar wanneer mens met jou werklike goeie vriende sekere noodsaaklike waarhede deel, moet nooit die gesegde vergeet nie wat lui: honesty without compassion is subtle hostility.

    Sterkte vir jou 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s