Liewe blog

Liewe Blog

Ek verlang na jou.

Jy het my gehelp om my gedagtes te orden en gebeurtenisse vas te vang. Deur jou kan ek oor die afgelope paar jaar nadink en spesifieke ervarings en emosies onthou, want dit staan in swart en wit geskryf.

Deur jou het ek maatjies gemaak. En jy weet hoe moeilik dit vir my is om maatjies te maak. Ek weet nie hoe hulle “lewendig” lyk en ruik en klink en voel nie, maar hulle weet eintlik soveel meer oor my as van my ander “regte” maatjies en is altyd daar met ‘n goeie woord of twee.

Deur my blog maatjies en ander blogs het ek raad gekry. Goed geleer. Grappies gemaak. Tyd gemors, ontlaai.

Ek weet dat jy aanvanklik vir my soos ‘n nuwe speelding was en dat ek elke dag met jou gespeel het. Ek het baie tyd gehad, sien, want ek was in ‘n vreemde land, ver van my mense met baie nuwe ervarings.

Nadat ek terug gekom het was ek te besig om net te oorleef en my voete weer te vind en mettertyd was jy al hoe laer op my lys van aandag gee.

Weet net ek het nooit opgehou om aan jou te dink nie. Klomp halwe inskrywings lê iewers in ‘n laai van my brein, ek het hulle nooit as geskenke vir jou gebring nie.

Ek is jammer, want hier is jy nog. Sonder ‘n enkele onlangse inskrywing doen jy nog moeite om kommentaar op te lewer. Dankie ou getroue Blog. Jy rock.

Ek kom kuier van nou af meer dikwels by jou. Belowe.

Groete
Jou Jane

Advertisements

8 thoughts on “Liewe blog

  1. Vlam Mei 12, 2011 / 12:10 vm

    Ag, ou Jane. 😉
    Out of sight is not out mind, glo my maar.
    Dis lekker om af en toe iets van jou te lees, maar almal weet jy is besig met groter, belangriker dinge. Soos dalk om die volgende president van die land groot te maak. Sulke goed verg mens se aandag. 😆

    Maar jy’s reg. Jou blog rock!

  2. toortsie Mei 12, 2011 / 9:07 vm

    Mense wat nie blogs lees nie of skryf daarop nie, weet nie hoe VERSKRIKLIK lekker dit is nie. Dit is beslis soos jy sê: Dis Heerlik, dis ontlading. Dis lekkerrrrrrr!!! :mrgreen:

  3. Charms Mei 12, 2011 / 3:09 nm

    Nou voel ek so nie alleen nie. My blog voel ook seker al soos ‘n weeskind 😳

  4. Son Mei 12, 2011 / 4:57 nm

    Die keer is dit ek wat hierdie post sommer net so by jou kan leen en vir my blog voorlees 🙂

    Dalk sal ons eendag weer elke dag blog 😉

  5. demoerin Mei 13, 2011 / 8:47 vm

    Miskien is dit juis as jou blog “groot” raak, dat dit nie nodig is om elke dag iets te blog nie?

  6. Krista Mei 14, 2011 / 11:14 vm

    Ek check ook gereeld my feeds om te kyk of hier iets nuuts is oor die nuwe mamma en haar mooiste-pienkvoet-in-die-suidelike-halfrond is.

    *Ek suikerbekkie ine – daar is niks wat ek wil hê nie. Maar Arjun was van geboorte af al ‘n mooi kind.

  7. BB Mei 16, 2011 / 11:18 vm

    Don’t sweat the small stuff 😉 Soos Rooies seg: jy is dalk besig om die volgende Prez of Nobel Prys wenner groot te maak. Ons ou spulletjie b(l)oggers gaan nêrens… :mrgreen:

  8. seegogga Mei 16, 2011 / 7:26 nm

    Wow, ‘n pragtige liefdebrief. Ek weet jou blog en ook die ander bloggers, verstaan dat jy vir hulle lief is, maar dat jou proritiete nou verander het. Ek weet nie eers he jy nou nog tyd kry om te blog nie! Geniet daardie babatjie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s