Die stootwaentjie stryd

Die kinders is Swede is baie goed gemanierd, avontuurlustig en nie bang vir die wêreld nie. Ek en Liefie het in ons tydjie daar tot die gevolgtrekking gekom dis omdat hulle van kleins af aan ‘n verskeidenheid mense en situasies blootgestel word.

Kinders, veral babas, gaan (noodgedwonge, daar is nie bediendes ens. wat gou ‘n ogie kan hou nie) oral waar die ma/pa gaan. Pa’s met stootwaentjies is ‘n algemene gesig, aangesien ‘n familie verlof kry met die geboorte van ‘n baba en of die ma of die pa van die verlof kan neem.

Verder dink ek ook kinders gaan oral saam, omdat dit maklik is. As jy ‘n stootwaentjie het betaal jy nie om op die bus te ry nie, die bus se agterdeur maak oop, die bus sak netjies tot op die vlak van die sypaadjie en jy stoot net die waentjie op die bus. Binne die bus is daar plek vir waentjies. Koffiewinkels het hoekies waar daar parkeerplek vir waentjies is en tafels en stoele reg langsaan vir die ouers. By Ikea is daar ‘n spesiale koffiewinkel vir mense met kinders. Jy kan kos ens warm maak, die badkamer is naby, die meubels kindervriendelik. Verder kan mens ook omtrent enige plek ‘n stootwaentjie laat staan en die ding sal nie gesteel word nie. (Vriende uit Swede vertel my egter gisteraand dit begin nou gebeur!).

Ek en Liefie het toe onderneem dat eendag ons kinders so selfstandig sal grootmaak en hulle van kleins af aan mense en situasies blootstel. So gesê, so gedaan.

Dis moeilik in Johannesburg. Ek het begin deur daagliks met Arjun in sy waentjie te stap. Ek kry bietjie vars lug, hy leer om deur die geblaf van honde te slaap. Ek bly in ‘n stil woonbuurt, het nooit op besige tye gaan stap nie, maar tog het motors glad nie stadiger gery as hulle ons gewaar nie en een of twee het selfs getoet en handgebare na my kant gemik!

As mens met die kar uitgaan is daar nie spesiale parkeerplek vir ma’s nie. Wat beteken jy sukkel jou vrek om die kar deur wyd genoeg oop te maak om die stoeltjie uit te haal. (Ek het nog net een sentrum teegekom wat wel die parkering het). Hysbakke word nie duidelik gemerk nie en is baie keer maar yl gesaai. Binne in winkels is die loopplek so nou jy kan maar vergeet om ‘n waentjie gestoot te kry. Almal wil aan die baba vat!! (!!). Borsvoedingfasiliteite bestaan nie. (Dankie Clearwater, julle kamer is netjies). Ek het myself tot dusver tot Woolworths se aantrekhokkies gewend, wat goed werk, maar hoe moeilik sou dit vir hulle wees om ‘n hokkie permanent af te staan? Hulle is tog groot voorstanders van all things natural. Dieselfde geld vir ‘n ma wat klere wil aantrek. Die waentjie pas nie in die hokkie. Maak hokkies vir ouers! Sodat ‘n kleuter ook kan inpas!

Ek druk maar deur, dit lyk asof Arjun vreeslik sosiaal is en hy geniet dit baie meer om in die winkels rond te lê as om by die huis saammet sy ma te kuier.

Ek kry ook die gevoel dat mense eintlik ‘n pyn kry as jy ‘n baba uitneem. ‘n “bly by die huis man” kyk in hulle oë kry. Se gat.

Miskien moet ek my werk bedank en myself beywer vir baba- en kindervriendelike plekke. Ek wil nie eers dink hoe mense in rolstoele oor die weg kom nie!

Advertisements

11 thoughts on “Die stootwaentjie stryd

  1. Twilight Maart 26, 2011 / 9:44 nm

    Jinne, jy praat! Ek het al in restaurante se stink toilette geborsvoed tot ek besluit het te hel daarmee. Nou doen ek dit voor almal (darem so soort van diskreet) en laat een bliksem net skeef in my rigting kyk. Die parkeerplekstorie is ‘n groot pyn. En om ‘n stootwa by ‘n sypaadjie op en af te kry waar daar geen ramp is nie, besorg mens partykeer net soveel probleme. Ook waar daar skielik geen skouer of sypaadjie in ‘n straat is nie. Maar dit is eintlik heerlik om met ‘n baba te gaan stap.

  2. Vlam Maart 27, 2011 / 12:49 vm

    Nee, kyk, moet my nie eers aan die gang kry nie. 👿
    Dit is soos jy se, mense verwag genuine jy moet die baba by die huis los. Borsvoeding in die openbaar is ‘n euwel. En dit pynig my om ‘n label om iemand se nekke te sit, maar my ervaring is dat dit ‘n klomp verkrampte Afrikaner ooms en tannies is wat ons samelewing so beinvloed.
    Nee, ek se ons moet ons swart landgenote se voorbeeld volg en voed waar en wanneer ons wil.
    Oor stootwaentjies kan ek my nie eintlik uitlaat nie, want ek het meestal daai kangaroo dra-sakke gebruik. Nie dat dit mense gekeer het om nogtans aan jou en die baba te stamp as hulle wil verby kom nie.

  3. Son Maart 27, 2011 / 6:19 nm

    Ek moet se dat meeste winkelsentrums (Malls) hier in die Kaap ekstra parkeerplekke het vir “Moms with Babies”. En die gange is ook redelik breed. EN by al die toilette is babakamers.

    Die restaurante self is egter ‘n probleem. Selfs sonder enige bagasie of ekstras sukkel mens jou gat af om te sit sonder dat jou en die ou langs jou se hare knoop, wat nog van ‘n stootwaentjie daar ook inkry. Dis natuurlik omdat hulle soveel as moontlik tafels in so min as moontlik spasie wil inkry.

    Jane, gee hulle hel en vat vir Arjun oral saam!

  4. demoerin Maart 28, 2011 / 8:55 vm

    😆 Ek maak notas… Clearwater – Tick.

  5. Spear The Almighty Maart 28, 2011 / 10:08 vm

    Ek en my vrou het al oor presies dieselfde goed gekla. Toe ons laas in SA was het ons so week getoer vanaf PE tot in die Kaap en dit is skokkend hoe swak hotelle en gasteheuise vir kleuters ingerig is en dit is die “family rooms!”

  6. leonvonmoltke Maart 29, 2011 / 9:09 vm

    Al daai pakkerasies was vir my die grootste ding van klein kindertjies hê. As die pram eers weggepak is gaan dit soveel makliker 🙂

  7. toortsie April 2, 2011 / 9:16 vm

    Ek weet in die Somerset Mall is ‘n hele toilet-afdeling net vir ma’s met klein kindertjies. Ekself het een keer in Spar Bredasdorp my baba vir een van die tellers gegee om vas te hou solank ek my kruideniersware gedoen het! En as dit nodig was, sou ek by die rolstoeltoilet ingaan met my kind in die waentjie. Dit was vir my makliker om die kind op die heup te dra en hom dan in die winkelwaentjie se “kinderstoeltjie” te sit. Ek onthou dat my meisiekind net mooi groot genoeg was om te lê in daardie stukkie. Later het sy sommer tussen die kruideniersware gestaan (!) of in daardie stukkie vir die baba om te sit, gesit.
    Ek daag jou uit om ‘n veldtog te begin om winkels nog meer kindervriendelik te kry. Een van 40 dae-onderwerpe is gestremdes maar ek wonder of ek nie mammas met kinders ook ‘n dag moet gee nie! Dankie! Hier gee jy my nou ‘n idee! 🙂 (hoop nie jy gee om nie!)

  8. BB April 5, 2011 / 1:23 nm

    Ek’s ‘n groot voorstaander daarvan om kiddies so vroeg as moontlik social skills te ‘leer’ – dit beteken ook dat mens nie vir ieder en elke geleentheid na die naaste Spur toe hoef af te sit nie. Ek kan for the life om me nie onthou dat ek selfs net eenkeer Spur toe was, sodat die kinders hulself kan entertain nie. Ek het ‘n ewige hekel in mense wat my saamnooi Spur toe sodat “ons lekker kan kuier en die kinders kan speel”. My kinders het by die huis gespeel, dankie! As ons wou gaan uiteet, het ons gegaan met die doel om sáám uit te eet, sáám te kuier, sáám te wees. Jy leer jou kinders absoluut niks deur hulle met ‘n yskoue kiddies pizza voor ‘n playstation te laat loop sit terwyl sy gesig ingekleur word en hy deur ‘n ander (wildvreemde) ‘maatjie’ bekots word met Cream Soda in die jungle gym, sodat jy en jou man ‘n heerlike 😕 rustige 🙄 ete kan nuttig.
    (Maar, moet hom tog asb nie ‘n houer vol seepbelle gee om homself te vermaak in die restaurant nie. Ek moes nou die dag my bord kos terugstuur oor die seepbelle aloor ons tafel gesweef en op my bord geland het. Die ma het haar gewip toe die bestuurder haar vra om die kind se bubbles te bêre. Vreeslike herrie opgeskop oor hulle nie ‘child friendly’ is nie – en toe sy skree, dat hulle nie weer sou terugkom nie, het 5 tafels om hulle se gaste hande geklap. Man, dit was vreeslik embarassing vir die meeste van ons. (Sy’t obviously nie ‘n bloue duit omgegee nie). Maar in alle gevalle blameer ek steeds die ma (ouers) en nie die kind nie.
    Anyways, jy maak reg! Vat hom saam. Oral.

  9. Pikkelik April 12, 2011 / 8:13 vm

    Ek onthou nog te goed daai stootwaentjie/stampkarretjie manouvres wat mens moet uithaal. En dit raak nie beter nie. Kyk, ek het nou nie rustige op hulle plek kids nie. Daar is net een beskrywing vir hulle – BESIG! Dit maak dit feitlik onmoontlik om enige plek heen te gaan. Ek is al by die punt van opgee. Al plekke wat hulle ooit sien is Spur, Wimpy en McDonalds en dan is daar nog ‘n voorwaarde ook! Daar MOET klimrame wees!

  10. seegogga April 28, 2011 / 10:48 vm

    Ja, ek sem saam met jule almal. Het ook al oomblikke berleef met supe-hiperaktiewe kindrs in ‘n restournt. Kindfers kry mos so ‘n gier, verl as hulle heeldag in die motor moes stilsit Kaap toe. Dan is dit GEVAARLIK om hulle uit te laat in ‘n restourant! Maa nou is die dae verby. Eeenb van die dae is dit my dogter se beurt. Gee daardie tweelingetjie kans om twee te word!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s