Bloedbad

Dis Maandag Arjun se 6 week verjaarsdag (soos sy nefie sê: he’s so lucky, it’s his birthday every Monday). Tot dusver het ek niks van die “it’s all a blur”, ek weet nie of ek kom of gaan gevoelens gehad wat nuwe ma’s het nie. Ek weet ek’s baie gelukkig dat hy goed drink, goederig slaap (my mamma/pappa/ouma/tannie/Mina se bors is darem baie lekkerder as my kot), maar dis op oggende soos vanoggend wat ek besef klein babatjies is nie ‘n grap nie, maar die enigste manier om dit te oorleef is om te lag!

Net toe ek die outjie se doek begin ruil, begin my neus bloei. Half deur die wind en nog nie heeltemal wakker nie druk ek die wetwipe teen my neus. Piepie en al. Kom toe agter dit werk nie en probeer om nie op baba te drup nie, gryp ek toe maar ‘n skoon doek om die bloed te keer. Pampers Premium werk nogal goed! Intussen besluit meneertjie om gebruik te maak van die koel lug op sy boude en piepie en poef hy bietjie sonder sy doek. Hou toe glad nie van daai gevolge nie en begin skree, want hy’s honger ook.

Nou aan wat gee mens aandag? Met ‘n baba onder my arm (kaalgat, nie heeltemal skoon nie) en ‘n weggooidoek oor my gesig, strompel ek toe maar badkamer toe. Dis ‘n bloedbad. As my neus bloei dan bloei hy. Vir lank. Dis eintlik al van kleintyd af ‘n groot probleem vir my.

Intussen roep ek om hulp vir Ouma om te kom, maar sy’t gaan stap. Liefie is werk toe. Mina is nog nie op diens nie en Arjun skree. Met ‘n groot gesukkel en ‘n halwe rol toiletpapier (die doek is darem vervang) kry ek hom aan die drink, maar ek gaan omtrent dood van versmoring en bloedverlies.

Ouma kry haar S.O.S oproep en hardloop terug om te help, met al die bloed gaan sy omtrent in skok in. Arjun drink nog lekker en weet van niks nie.

Moral of the story: as jy 4kg weeg en 53cm lank is wen jy altyd. Maak nie saak wie die teenstander is nie.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements

8 thoughts on “Bloedbad

  1. demoerin Maart 3, 2011 / 10:37 vm

    😆
    Bly om te hoor alles gaan nog voor die wind met klein Arjun.

  2. Son Maart 3, 2011 / 3:50 nm

    😆 Sorry, maar ek het nou SO lekker gelag vir die: “Met ‘n baba onder my arm (kaalgat, nie heeltemal skoon nie) en ‘n weggooidoek oor my gesig, strompel ek toe maar badkamer toe.”

    Ja, Jane – kinders grootmaak is soos Afrika – NIE vir sissies nie. En tog survive ons meer as een keer 😉

  3. Krista Maart 3, 2011 / 7:53 nm

    So true!!

  4. Pikkie Maart 10, 2011 / 4:15 nm

    Jy gaan nog sien, hy gaan nog mik vir jou oog en jou mond raakpiepie!

  5. BB April 5, 2011 / 1:08 nm

    Die neusbloei van jou? Het jy darem ‘n redelik goeie idee hoekom?
    Lekker giggel ek nou vir die res van die verhaal 😛

  6. Amelia Ireton (@Amielieja) Desember 21, 2011 / 6:59 nm

    hi daar ek maak comfrey ointment met die comfrey plant en dit stop bloeding dadelik,mag ek jou bless en jou `n potjie van dit stuur ? my epos is hier by , laat my weet, lekker dag 🙂 Amelia Ireton

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s