Dames en here – may I present to you…

Die mooiste baba in die wereld. Ek mag daai stelling maak, want ek is sy ma.

Arjun het op 24 Januarie 2011 sy verskyning (met ‘n groot geskree) in die wereld gemaak. Ten spyte daarvan dat my waters vroeg oggend gebreek het, het ek teen laatmiddag nog geen kontraksies gehad nie en het my serviks nog glad nie ontsluit nie en die risiko vir ontsteking het begin verhoog. ‘n Noodkeiser is gedoen. Ek was aanvanklik baie spyt en tranerig daaroor, maar toe daai lyfie eers in my arms was, kon die wereld maar vergaan het. Teen 2.74kg was hy aansienlik kleiner as wat die dokter aanvanklik gemeen het hy sou wees, maar hy drink goed en een van die dae gaan hy ‘n heavyweight wees.

Dankie vir al die bloggers se goeie wense en navrae, ek waardeer dit.

Die “bloed” foto is dan ook spesiaal vir Boendoe, soos belowe. 😉

Arjun

Advertisements

21 thoughts on “Dames en here – may I present to you…

  1. Son Februarie 1, 2011 / 8:02 nm

    Ek se weer, hemel dis ‘n mooie kind. Lyk kompleet soos ‘n ou engeltjie! Ek ken daai een van noodkeiser. Dis maar nie lekker nie, maar jou beloning was duisend keer die eina werd 🙂

  2. Vlam Februarie 1, 2011 / 9:16 nm

    Haai… hy IS fraai! Die eerste – en mooiste – blogbaba! Geluk, Jane!!
    (Bloedfoto’s is magical, ek hou daarby!) 😉

  3. Twilight Februarie 1, 2011 / 10:19 nm

    Hy’s ‘n baie aantreklike jongman 😉 Baie geluk!

  4. Michelle Februarie 1, 2011 / 10:47 nm

    Baie baie geluk. Hy is pragtig!!!!

  5. BB Februarie 2, 2011 / 2:17 nm

    WOOOOW!!! Dankie virrie wys!! Be proud!! en onthou liefde is NOOIT EVER OOIT ‘bederf’ nie!! Van nou af hardloop jou hart buite jou lyf rond. 😉
    Baie baie happiness!!

  6. Charms Februarie 2, 2011 / 2:47 nm

    Baie baie geluk. Hy is pragtig met ‘n regte ou soen-bekkie.

  7. seegogga Februarie 2, 2011 / 7:31 nm

    Baie baie geluk! Hy is pragtig! Ek stem saam met BB. ‘n Babatjie onder 1 is nooit- ooit stout nie! Geniet hom.

  8. Jen Februarie 2, 2011 / 10:09 nm

    Hy is die mooiste baba in die wereld! Baie baie geluk Jane!

  9. demoerin Februarie 3, 2011 / 7:56 vm

    COOL!!!! Baie geluk aan jou en Pappa. Welkom in ons weird en wonderlike wêreld Arjun!

  10. toortsie Februarie 3, 2011 / 8:57 vm

    Baie baie geluk!! Die eerste foto is natuurlik die heel mooiste!!! ‘n Baba bly maar ‘n wonderwerk. Geniet hom elke oomblik!!

  11. PlaasJuppie Februarie 3, 2011 / 2:31 nm

    Ag sweet! Is hy darem maar nie die cuteste dingetjie nie?
    Geluk mamma en pappa met die bondeltjie vreugde.

  12. Pikkie Februarie 3, 2011 / 4:22 nm

    Hy is pragtig verby! Baie geluk!

  13. Adoonsie Februarie 5, 2011 / 10:50 vm

    Baie geluk!!! Pragtig. Mag hy vir julle net vreugde en plesier bring.

  14. Zee Februarie 7, 2011 / 2:26 nm

    Ag hy is te pragtig!!

  15. Emil Maart 3, 2011 / 3:58 nm

    Baie geluk! Pragtige kind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s