Let the great world spin

Deur elke dag te lewe kom ons in aanraking met hoeveel ander lewens. 1, 10, ‘n duisend? Waar hou die merke wat ons op ander se lewens laat op? Soos om ‘n klip in ‘n dam te gooi. Die rippels word rippels wat aan rippels raak. Soms is die effek so eenvoudig as twee lewens wat verby mekaar skuur, soms is daar ‘n botsing en soms is die lewens nie eens bewus van die ander in hulle wentelbaan nie. 6 Degrees of separation, collateral damage.

Colum McCann skryf pragtig oor hierdie verskynsels in sy boek: “Let the great world spin”. Die storie speel in New York af, met die goue draad van Philippe Petit se waaghalsige lug loop tussen die twee torings van die World Trade Centre in 1974 wat deur die boek loop. Die boek is op grond van ander boeke wat ek gelees het deur Amazon aan my voorgestel en ek kon die boek nie neersit nie. Die stories vervleg moeiteloos, New York as stad word perfek uitgebeeld en die menslike emosie in die boek is eg en die skrywer gee aan elke karakter ‘n kwesbaarheid wat aan jou hart raak. In die sameloop van lewens wonder mens dan ook of die lewe heeltemal “random” is en dat goed net gebeur en of goed/mense vir ‘n rede in jou lewe gebeur.

Een van die mooiste gedagtes in die boek was dan ook vir my toe een karakter oor haar verhouding met haar ouers praat en sy erken dat sy al die waarheid vir hulle gee (ja dit gaan goed, ek het gister gaan uiteet, dit reen hier, my kar kort nuwe bande) maar geen van die eerlikheid wat hulle verdien nie. Ek lewe ook baie so. Wil nie erken dat ek ‘n swakheid het of nie tot staat is om iets te doen of ‘n situasie te hanteer nie. Te trots om vir hulp te vra. Te bang om van myself ‘n oorlas te maak. Wil nie he mense moet oor my bekommerd wees nie. So ek gee die waarheid, maar nie die eerlikheid nie.

Ek se nie dat ek vir die afgelope 2 weke klokslag om 5 uur elke middag begin huil het vir geen goeie rede nie. Ek se nie dat ek vreeslik bang is dat ek iets nie reg doen met die baba nie. Ek se nie dat dit my hart breek dat die more Liefie se verjaarsdag is, maar dat ek nie ‘n geskenk het vir hom nie. Ek se nie dat dit my hart so laat swel dat ek sommer weer (uit blydskap) huil, omdat ek weet hy gee nie om nie en homself net oor my en Arjun bekommer nie.

Die uiteinde van die saak is eintlik maar dit: ons almal lewe ons lewens, want dis al wat ons kan doen, met of sonder bewustheid van die impak wat ons op ander het en die aarde hou aan draai.

Toe ek destyds Shantaram gelees het, het ek hierdie frase daaruit neergeskryf, omdat dit my so getref het:

“For this is what we do. Put one foot forward and then the other. Lift our eyes to the snarl and smile of the world once more. Think. Act. Feel. Add our little consequence to the tides of good and evil that flood and drain the world. Drag our shadowed crosses into the hope of another night. Push our brave hearts into the promise of a new day. With love: the passionate search for a truth other than our own. With longing: the pure, ineffable yearning to be saved. For so long as fate keeps waiting, we live on. God help us. God forgive us. We live on”.

Advertisements

Dames en here – may I present to you…

Die mooiste baba in die wereld. Ek mag daai stelling maak, want ek is sy ma.

Arjun het op 24 Januarie 2011 sy verskyning (met ‘n groot geskree) in die wereld gemaak. Ten spyte daarvan dat my waters vroeg oggend gebreek het, het ek teen laatmiddag nog geen kontraksies gehad nie en het my serviks nog glad nie ontsluit nie en die risiko vir ontsteking het begin verhoog. ‘n Noodkeiser is gedoen. Ek was aanvanklik baie spyt en tranerig daaroor, maar toe daai lyfie eers in my arms was, kon die wereld maar vergaan het. Teen 2.74kg was hy aansienlik kleiner as wat die dokter aanvanklik gemeen het hy sou wees, maar hy drink goed en een van die dae gaan hy ‘n heavyweight wees.

Dankie vir al die bloggers se goeie wense en navrae, ek waardeer dit.

Die “bloed” foto is dan ook spesiaal vir Boendoe, soos belowe. 😉

Arjun