‘n Oop boek

Ander mense raak verveeld en dan is die ander onskuldige bloggers (soos ek) deel van die collateral damage.

Beide DMI en Nelba het my getag om myself bloot te stel aan ‘n vrae-vraery. Ek het gedink na bykans 3 jaar van blog sal almal alles van my weet, maar kom ons sien!

Julle kan vra net wat julle wil en ek sal eerlik antwoord. So maklik soos dit.

Ek tag vir:

Jan Twak

Murphy

Boendoe

 

 

 

Advertisements

18 thoughts on “‘n Oop boek

  1. demoerin Januarie 21, 2011 / 10:33 vm

    Hehehe, nee jong, na 3 jaar ken ons noggie die saucy bits nie….
    1. Wat is jou “signature’ dis?
    2. Die eerste drink wat jy gaan hê as baba eers daar is.
    3. Gunsteling TV program? En hoekom?
    4. As baba ‘n troeteldier wil hê, wat gaan dit wees?
    5. Jy het nou al goed getravel. Wat is die een plek waar jy al was waarheen jy ALMAL sal wil stuur?

    • netjane Januarie 21, 2011 / 10:50 vm

      1. Malva poeding;
      2. Ek’s mos nie ‘n groot drinker nie, maar vir een of ander rede smag ek na sushi;
      3. 😳 Ek kyk reality TV. Hou van Amazing Race ens. Kyk ook baie graag M*A*S*H en lag myself pap, maar my tv kyk is beperk, siende dat ek nie ‘n tv besit nie;
      4. Liefie hou van katte. Ek hou van honde. Baba se troeteldier sal maar ‘n teddiebeer moet wees;
      5. Jordanie. Of Indie.

      • demoerin Januarie 21, 2011 / 1:20 nm

        Mmmm, malvapoeding – Jy is my maatjie!
        Jinne, moenie eers begin oor die sushi nie 😆

  2. BB Januarie 21, 2011 / 11:42 vm

    Ek vra dieselfde 1ste vraag oral waar ek kuier, ok?
    1. Wat sal die allermoeilikste ding in die wêreld wees as jy dit móét opgee?
    (a) Mens
    (b) besitting
    (c) gewoonte

    Vir jou:
    As jy jou kind enige plek in die wêreld kan grootmaak, waar jy weet hy die “best of all” sal kry, waar sal dit wees?

    • netjane Januarie 21, 2011 / 11:49 vm

      1. (a) My geliefde en beminde man. Ek sal vergaan van ellende sonder hom;
      (b) My rekenaar /foon/apparaat wat vir my internet toegang gee;
      (c) Lees in die bad

      2. Ek is mal oor Suid-Afrika en ek dink ‘n kind kan 85% van wat hy/sy nodig het hier kry, maar vir daai stukkie selfstandigheid omdat dit veilig is en vir die vrye denke (omdat die gemeenskap dit toelaat), hou ek van Swede ook.

  3. Twilight Januarie 21, 2011 / 2:34 nm

    1. Gunstelingmeubelstuk?
    2. Beskryf jou binneversieringstyl: Tradisioneel , Klassiek of Kontemporêr.
    3. Waarvan hou jy die meeste in die Indiese kultuur?
    4. En waarvan hou jy die meeste in die Afrikanerkultuur?
    5. Waarna sien jy die meeste uit wanneer die baba eers daar is?

    • netjane Januarie 21, 2011 / 4:21 nm

      1. Ek het twee wingback wiegstoele in my sitkamer. Ek onthou hulle presies uit my ouma se huis uit en later uit ons vakansiehuis by die see, oorgetrek in sulke koraal pienk linne met ligte strepe. Mal oor hulle;
      2. Bietjie van al drie? Die antieke hangkas waarin ek my “deftige” glase bere het ‘n vintage disco ball uit ‘n regte egte 70’s Joburg disco bo-op, as dit jou vraag beter beantwoord;
      3. Die kos en die kleure en dat die kultuur eintlik so na aan Afrikaner kultuur is – dieselfde “hallo tannie, ja ek het gehoor van sannie, dankie vir die koekies wat tannie gepos het” scenario;
      4. Die taal en dat daar “iets” is wat jou identifiseer en iewers laat behoort, of jy nou wil of nie!;
      5. Ek wens elke dag daar’s ‘n skuiwervenstertjie in my maag sodat ek net kan sien hoe hy lyk! Ek sien vreeslik uit om hom te onthou, dit voel vir my ek ken hom al jare.

  4. Son Januarie 21, 2011 / 2:39 nm

    1. Het jy al ‘n naam vir baba? (sorry as ek dit iewers dalk misgelees het)
    2. Wat is die lekkerste ding in jou badkamer (nie die bad of toilet nie 😆 )
    3. Het jy al ooit kaal in die maanlig gedans / geloop / gelê?
    4. Wat is die laaste ding wat jy in die aand doen voor jy in jou bed klim?
    5. Gaan jy ooit terug om te kyk of jy die stoof afgesit het / die deure gesluit het?

    • netjane Januarie 21, 2011 / 4:27 nm

      1. Die kort antwoord is nee. 😉 (maar as jy belowe om vir niemand te se nie – waarskynlik Arjun);
      2. ?! Die spasie. Dis ‘n groot badkamer, ek kan eintlik meer met die vertrek doen;
      3. Nee/ja/ja;
      4. Ek piepie – ek haat dit om in die nag op te staan;
      5. Nooit nie. Ek lewe my lewe in redelik rigiede patrone, so ek weet as ek een ding gedoen het, sou ek die ander een ook gedoen het. Swangerskap se “porridge brain” het my dus erg onkant gevang.

  5. Vlam Januarie 21, 2011 / 5:55 nm

    Malvapoeding is die BESTE ding since sliced bread! 😆

    Oukei, kannie help nie, ek’s ‘n nurse:
    1. Het jy ‘n “birth plan”?
    2. Bors of bottel?
    3. Gaan lyfstraf feature in die opvoeding van jou spruit? (Aaarrghh…en die arme bloedjie is nog nie eens gebore nie!)
    4. Gaan jy hom vir ons wys (foto) of sal ons jou moet stalk? :mrgreen:

    • netjane Januarie 21, 2011 / 6:05 nm

      1. So half-en-half. Maar ek glo nogal dat opgeleide mense weet wat hulle doen, dis hoekom ek hulle gekies het om na my om te sien en dis hoekom hulle dokters en nurses is en ek nie. Ek hoop vir so normaal as moontlik, aangesien ek vas glo dat die vroulike lyf heeltemal daartoe in staat is. That being said, ek het nog nie ‘n baba gehad nie. Ek gaan waarskynlik kliphard vir pethadine skree!
      2. Bors. Maar ek verstaan dat dit uitputtend kan wees en jou moed kan breek.
      3. Lyfstraf is so ‘n “groot” woord. As kind is ek nooit met ‘n belt of so iets geslaan nie, maar ek het altyd geweet my ma sal die pantoffel inle as ek haar push. Ek dink sommige gedrag word net deur ‘n raps opgelos, maar weereens, ek het nog nie kinders nie! 😉
      4. Ek sal wys, tot die bloedige pas gebore fotos as julle (of net jy!) dit wil sien.

      • Vlam Januarie 21, 2011 / 10:06 nm

        Bogger die Pethidine, gaan sommer straight vir die epiduraal! 😆 (Jaaaaa…ek is vir all things natural, maar ek bepleit nogal ‘n epiduraal vir ‘n eerste baba.)

        Dis nou min dae, ne?! Geniet die laaste paar dae van leegle, maar ek hoop jy geniet jou kraamervaring sommer BAIE!

  6. Twilight Januarie 25, 2011 / 3:02 vm

    Het ‘n voëltjie hoor fluit julle het ouers geword? Baie geluk!

    • Charms Januarie 27, 2011 / 6:00 nm

      As daai voëltjie nou reg gesing het, Baie Baie Geluk. Ek hoop ons sien darem foto’s van die wonderwerkie.

  7. BB Januarie 25, 2011 / 11:23 vm

    Ja?? 🙄 Ja?? 😯 Regtig egtig???
    Whooooopppppeeeeee!!! 😛
    Ag man!!!
    Oits!
    Cool!!
    Awesome!
    Nou wag ek vir daai bloederige foto’s :mrgreen:
    GELUK!!!
    (The best gift a mommy can give her child is life. The best gift a daddy can give his child is to love his mommy – all the days of his life.)

  8. BB Februarie 1, 2011 / 12:32 nm

    🙄 ek wag maar geduldig….. kuite soos sy pa? ‘n bekkie soos sy ma? die ore is oupa s’n? die kuiltjie van ouma en die attitude van ‘n kombinasie van die hele spulletjie voorvaders??
    Ek wag maar…. :mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s