Jou naam gat maak

Demoerin vra dat ek ook moet vertel van die dag toe ek my naam lekker vergat het. Ek moes mooi dink, aangesien ek dit nogal gereeld regkry, veral omdat ek ‘n geneigdheid het om nie my mond te hou nie…

In 2005 trou my vriendin in Italie met ‘n Italianer. Jane is ‘n strooimeisie en oor epos word my mates aangestuur Londen toe (waar my vriendin in ‘n hotel werk) en die rok word oor die internet bestel. Dit klink al of dit ‘n geneuk kan afgee, maar ek kom ‘n week voor die troue in Milan aan en alles pas perfek! Ek bly die week voor die troue by die bruidegom se ouers, met hulle (en hy) wat omtrent geen Engels praat nie en ek wat geen Italiaans praat nie. Vriendin tolk woes heen-en-weer. Ek eet soos ek nog nooit vantevore in my lewe geeet het nie (“Mange” het die omie elke dag vir my geskree – Eet!). Elke aand pas ek maar die rok aan vir die wis en die onwis, aangesien ek vermoed het die etery kan ‘n probleem afgee met die made-to-measure deur-die-pos rok. If only.

As deel van die pre-wedding ceremonies is daar toe een aand (nog) ‘n ete. Van die gaste het al gearriveer en met die dat my vriendin in ‘n hotel in Londen werk is daar ‘n klomp uiteenlopende kulture tussen die Afrikaanse en Italianers ingegooi. Ons eet. En drink wyn. En drink wyn. En drink wyn. Een van die gaste is ‘n god. Alles wat mens dink van Italiaanse mans, net beter. Hy flirt natuurlik te lekker met al die vroulike gaste en al die vroulike gaste flirt terug. Veral met al die wyn. (Liefie kom my eers later vir die troue ontmoet, so ek flirt ook maar halferig…) Die aand is jolig en luid. Almal praat in tale (letterlik) en met die groet slag begin almal heen-en-weer soen. Klapsoene op die wang vir die Italianers, mond soene vir die Afrikaanse tannies, wang-wang-wang vir die Franse (ek dink). In die internasionale soen fees gebeur dit toe ook so dat ek vir die god moet totsiens se/soen.

Behalwe dat Jane teen daai tyd al goed gekoring is en met al die duisende soene wat reeds uitgedeel is kry die Italianer toe (per ongeluk, regtig!) ‘n halwe soen op die mond van my af.

Doodse stilte heers skielik in die vertrek. Die bruidegom staan daar met ‘n “wat_de_fok” uitdrukking op sy gesig asof ek die pous beledig het. Die bruid lag haarself pap, want sy sien natuurlik wat gebeur het en dat ek net so geskok is deur die skielike stilte en sy begin woes in Italiaans tolk. “You must never!!” fluister die bruidegom vir my. Die god gee my ‘n vet knipoog en hy’s daar weg.

Die dag met die troue het ek maar gefokus op air kisses.

Die deur-die-pos rok.

 

Advertisements

7 thoughts on “Jou naam gat maak

  1. BB Januarie 18, 2011 / 9:34 vm

    LOL! Lip kissing in Italia, no matter how short the contact can indicate signs of romantic involvement/intent.
    Lover’s lips ‘n all ‘n all… jip, my stiefma (Ital/French Swiss) erg traditionalist sal netso 😯 geskok wees met daai faux pas! 😉
    Then again – ek ken Italianers wat wel op die mond soen – maar dis net in die nouste gesinsverband…
    Jy kon maar netsowel gróót gegaan het, terwyl jy dan nou dronkenskap én cultural ignorance kon gepleit het :mrgreen:

  2. demoerin Januarie 18, 2011 / 9:53 vm

    Bwahahaha, yip, ignorance maak gelukkig alles reg.

  3. murphy Januarie 18, 2011 / 10:51 vm

    Hy’t dit baie geniet, ek is seker!

  4. Son Januarie 18, 2011 / 5:03 nm

    Het hy nie teruggekom vir nog nie? 😉

  5. Twilight Januarie 19, 2011 / 2:52 vm

    Gits, die man was seker in die wolke om deur so ‘n mooi meisie gesoen te word.

  6. Terug pieng: Vra is vry « Cantus!
  7. Charms Januarie 27, 2011 / 4:25 nm

    O hel. Ek soen nie graag op die mond nie (behalwe nou vir R). ‘n Tannie het my nou die dag so gegryp en gesoen asof sy vir my ‘n mondelinge enema wou gee – sies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s