Pay it forward tag

 

Ek het myself daar by Son in die “moeilikheid” gekry, omdat ek nooit my mond kan hou nie en nogal van ‘n uitdaging hou.

Dis hoe dit werk:

Ek belowe hiermee plegtig om aan die eerste 5 mense wat by hierdie inskrywing kommentaar lewer, voor die einde van 2011 iets te pos wat ek self gemaak het. Met my eie twee hande. (Dis baie belangrik dat ek myself tot die einde 2011 gee, want ek is ‘n verskriklike uitsteller, maar beloftes maak skuld).

Sorg asb dat jou kommentaar ‘n geldige e-pos adres het, want ek is nie lus vir inspekteur Snuffels speel as dit nodig is om die gelukkige wenners te kontak vir ‘n posadres nie.

Onthou dan net, in hierdie lewe is niks vir niks nie en sodra jy as een van die eerste 5 kommentaar lewer, speel jy ook saam. Wat beteken jy vervat dan weer die belofte op jou blog/ Facebook en so gaan die storie aan.

Omdat ek al vantevore geblog het oor hoe lief ek vir chai is en vandat ek die spesery resep by Liefie se ma kon afbedel (have spice grinder, will grind), sal my handgemaakte produk ‘n botteltjie tee masala wees.

Nou vir die kommetators. Mooi dink!

Advertisements

7 thoughts on “Pay it forward tag

  1. MaanKind Januarie 13, 2011 / 7:04 nm

    Ek het myself klaar in die moeilikheid by haar! So hierdie is ‘n NON-Kommentaar, OK? Ek dink nog wat om te doen.

  2. netjane Januarie 13, 2011 / 7:06 nm

    Ek dink nie jy kan tweekeer in die moeilikheid wees nie, so dit tel as ‘n kommentaar. Nou kry jy net twee goed, maar stuur net 1. Wen-wen! 🙂

  3. BB Januarie 14, 2011 / 10:54 vm

    Badhai ho! 😉 (Cheers!) Ek het dit geg 😯 gle :mrgreen:
    Posbus 31403
    Wonderboompoort
    0033
    Voorbarige ou ekke…
    By Voorbaat ‘n all ‘n all – Dankie Baaaaie!
    Ek kannie wag nie!!

  4. Jen Januarie 17, 2011 / 3:42 nm

    Hi!
    Sjoe, gedog ek gaan die deadline mis! (duidelik net so ‘n uitsteller (procrastinator is ‘n mooier woord ;)!
    Ek gaan nie my posadres hier los nie, want dis ‘n straatadres, maar die epos adres is darem nog reg (sal my bes probeer dat hy teen die einde van die jaar nogsteeds reg is, lol!)

  5. BB Januarie 18, 2011 / 7:11 vm

    Als ok? Knyp jy nog? Nog nie gevoel jy wil meubels skuif, gordyne was en ceilings mop nie?? Want die dag as jy voel jy wil ‘nes skrop’ – is ‘n duidelike teken – dan’s dit ámper!!
    Sterkte!

  6. NetJane Januarie 18, 2011 / 7:18 vm

    Hi Beebs – ek le juis hier in die bed en dink oor wat ek vandag moet doen. (Ek skuld nog vir Demoerin huiswerk oor die naam met ‘n plank slaan).

    Ek knyp nog, was gister Dr toe, hy reken hy sien my weer volgende week, maar hierdie final countdown begin my nou effe benoud maak. Die knapie is darem nou op 3.3kg, so ek dink hy kan maar kom. 🙂 – ek het juis gister woes begin regpak in die babakamer…

    • BB Januarie 18, 2011 / 9:25 vm

      😯 hie’ komme ding!!! Byt vas Girl!!! Waterdraers maak OULIKE babas, WONDERLIKE teenagers en (blykbaar) GREAT grootmense uit 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s