Die jaar wat was

WordPress stuur vanoggend vir my ‘n mooi opsomming oor my blog vir 2010. Dit maak my eintlik skaam – hulle meen nog as ek ‘n knoppie druk kan ek die data op my blog publiseer, maar dit sal beteken dat ek moet erken dat my mees populere posts uit 2008 dateer. WordPress sit ‘n positiewe “spin” daarop: “your blog has staying power!”.

Wat het ek in 2010 gedoen? Dit pla my nou al van voor die 31ste Desember af, want ek wou graag ‘n stocktaking blog gedoen het, bietjie planne vir 2011 gemaak het en oor die algemeen maar net ordentlik afskeid geneem het van nog ‘n jaar. My baie eenvoudige antwoord op my 2010 vraag is dit: ek was besig. So besig soos ek eintlik nog nooit in my lewe was nie. Te besig. En nie altyd met dit wat saak maak nie.

Ek is in Februarie as ‘n direkteur by ons firma aangewys en met dit het daar hope werk en verantwoordelikheid gekom. My departement was nie winsgewend nie, daar was potensiaal, maar iemand moes omgee. Daai iemand was ek. Toe ek hier aan die einde van Maart partytjie by my huis hou om te vier (as ek nou daaraan dink pyn my kop sommer weer!) het ek regtig nie gedink die goeie wense en prestige gaan net so ver gaan nie. Ek het lang ure gewerk, na-uurs by die huis het Liefie my gehelp met beter sisteme implementeer, ek kon darem twee nuwe werknemers aanstel en eweskielik was ek nie meer heeltemal deel van die cool kids club nie, want ek was ‘n “baas”. Maar, ek kan vandag met trots se dat my departement die finansiele jaar in die groen gaan afsluit, die department het genoeg wins gemaak om bonusse te betaal en die firma as ‘n geheel doen baie goed.

In Mei is ons Dubai en New York toe – ‘n vriendin vra my ‘n week terug hoe het ek New York geniet, toe kon ek nie eens onthou ons het gegaan nie! Ek is mal oor travel, dis waarop ek die maklikste geld uitgee en in my kop loop ek altyd en droom oor die volgende bestemming. Van New York af het ek met ‘n ekstra stukkie gewig teruggekom in die vorm van ‘n swangerskappie…

En van toe af is my goed geordende lewe eintlik in paniek ingegooi. Dis iets wat ons beplan het, maar ek het nou regtig nie gedink dit gaan so vinnig gebeur nie! (Kom my ma se woorde aan my as ‘n tiener nou weer klokhelder terug: Sussie, ons familie is baie vrugbaar, my ma het gese as die man nog net sy broek oor die bedstyl hang is ons vrouens al swanger.) Quite.

Aan die einde van April het ons ‘n erf op ‘n balju veiling gekoop en as ‘n aktevervaardiger pyn dit my om dit te erken, maar ons kon eers op 15 Desember transport neem – die transaksie het in die hof ‘n draai gaan maak en vir ‘n prokureur om aan die ontvang kant van regspapiere te wees is glad nie lekker nie! Die transaksie het swaar op my hart gerus, omdat dit so ‘n groot droom van my en Liefie is om ons eie huis te kan bou – so ek hoop alles werk nou verder goed uit. Die huisbou planne sal wag tot 2012, ek vermoed ek gaan nie veel omgee oor badkamers en kombuise met ‘n nuwe baba nie.

So alles in ag genome was 2010 vir my ‘n goeie jaar, maar ek het nie genoeg na myself, Liefie en my tyd om gesien nie. Dis ‘n les wat ek moet leer.

Vir 2011 is daar reeds ‘n klomp opwindende dinge wat wag, die eerste daarvan natuurlik die baba wat teen einde Januarie sy verskyning behoort te maak – ek is vreeslik opgewonde en bang en opgewonde en bang en opgewonde en soms net bang… Teen Julie sal ek weer terug gaan werk toe en dis vir my sleg om my semi goed-geoliede masjien nou te los net wanneer dinge begin lekker loop – dis die control freak in my, nog iets waaraan ek moet werk.

In Augustus trou vriende van ons in Berlyn en ek sien baie uit om die troue by te woon. (Ek verbeel myself solank reis met ‘n baba is net plesierig!).

Liefie het hierdie jaar groot uitdagings by die werk en ek voorsien dat hy lang ure gaan moet werk, weer nou nie eintlik iets wat by babas pas nie.

2011 is dan ook die jaar waarin ek 30 word. Vir nou gaan ek niks verder daaromtrent se nie.

Beste wense vir 2011. Dankie vir al die getroue lesers (al antwoord ek nie op kommentaar nie, ek waardeer dit). Aan al die ander bloggers – ek lees daar by julle, belowe!

Hou die blink kant bo. 🙂

Ek trek vir 2011 my rose glasses aan (nevermaaind net die tint, ek gaan groot) . Hierdie paar het sommer liggies wat flits en tekere gaan ook. Hee-haw 2011!

Advertisements

17 thoughts on “Die jaar wat was

  1. Son Januarie 2, 2011 / 6:02 nm

    Anderdag lees ek 40 is die nuwe 28, so die jaar word jy ‘n skrale 18 😆

    Alles wat mooi is vir jou en Liefie en Klein Jane in 2011!

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:53 nm

      Ag Sonnie, ek word vir jare lank al net 16, 18 of 21. Begin deesdae al meer dink 16 is die ouderdom vandat ek een van my ou hoerskool (waar’s die deelteken nou as ek hom nodig het?!) plakboeke uitgekrap het. 😈

  2. toortsie Januarie 2, 2011 / 9:45 nm

    Jy lyk my na iemand wat die lewe voluit gryp! Mooi!
    Sterkte en geluk met die baba wat binnekort kom! Geniet haar!

  3. demoerin Januarie 3, 2011 / 10:02 vm

    Heehaaa 2011. Dit gaan goed en groot wees Jane! Ek weet dit sommer, my kristalballe lieg nooit nie.

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:47 nm

      Kristalballe DMi? Het jy dan meer as 1 nodig? 😉

      • demoerin Januarie 7, 2011 / 8:44 vm

        Ewige pessimis – check alles 2 keer 😆

  4. Vlam Januarie 3, 2011 / 10:11 vm

    Ek wens eintlik almal wil hul WordPress “rapport” publish ~ weet nie hoekom nie, maar dis vir my bitter interessant. 😉

    Einde Januarie?? Woohoo…!!! Hoop die aankomeling gaan met jou befaamde foto’s voorgestel word?! 😆

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:48 nm

      Boends, ek vrees nou al ek gaan een van daai ma’s word wat elke dag 20 foto’s op Facebook van die baba plaas…

  5. Twilight Januarie 3, 2011 / 1:52 nm

    Sterkte vir die laaste stukkie wag. Geniet die laaste bietjie jy-en-Liefie. En ek wens vir jou ‘n wonderlike tyd met julle drie wanneer kleinman sy opwagting maak.

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:49 nm

      Dankie Nelba. Ek lees graag daar by jou oor jou ouerskap wedervaringe.

  6. rosalindreloaded Januarie 3, 2011 / 4:58 nm

    LOL, jy’t nie onthou jy was in NY nie, maar jy het met ‘n ietsie teruggekom. (wenk vir volgende trip…..hhehehehehe).
    Geniet Berlyn as jy nog nie daarwas nie, dis soort van ‘n weird plek, maar lekker weird. En gaan besoek Museum Island – al die museums is daar in een groot area. Daar is 7, maar as jy min tyd het: Gaan kyk na Nerfertiti en dan die Pergamon-musuem.
    Die jaar waarin mens 30 word is faaaaaabbbbb!!! Geniet dit!

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:50 nm

      Dankie Rosa – was al in Berlyn, juis toe die bruid haar Doktors graad gekry het en groot party gehou het, so toe effens minder van Berlyn gesien as wat ek moes… 😳

  7. René Boshoff Januarie 5, 2011 / 12:14 nm

    Om 30 te word was vir my ‘n groot hoogtepunt in my lewe!
    Die verjaarsdae daarna is nie só opwindend nie! 🙂 Nou die dag vra iemand my hoe oud ek is, toe moet ek eers gaan somme maak! Hahaha!!

    Sterkte met die laaste paar wekies vriendin! Jy het iets so ongelooflik spesiaal om na uit te sien – ek kan jou wed NIKS anders gaan vir jou saakmaak as jy eers daardie bondeltjie in jou arms vashou nie! Well, dis wat HULLE sê, dis nou nie asof ek uit ondervinding kan praat nie!

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:51 nm

      Thanx Rene! Wanneer sien ons jou weer in blog land? *hint hint*

  8. toortsie Januarie 5, 2011 / 5:18 nm

    Jane, het ek ooit geluk gewens met jou suksesse van verlede jaar??? Hartlik geluk! Dit kom met harde werk, toewyding, BAIE verstand!

    • netjane Januarie 5, 2011 / 5:51 nm

      Dankie Toortsie. Ek waardeer dit.

  9. BB Januarie 6, 2011 / 6:57 vm

    LOL! My gewildste inskrywing was ook een vroeg in 2009 🙄
    Ek post hom sommer weer 👿
    Jou 2010 was beslis uiters suksesvol! Jy’t byna 3/4 daarvan ‘n mensie onder jou hart gehuisves. Dis steeds die plek waar hulle op hulle happieste en rustigste is – so halfmas tussen jou naeltjie en jou hart – daar waar hulle ‘home’ kan herken in jou hartklop…
    PS – Ek vrék oor jou shades!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s